SuperSport Schools Plus

Noord-Kaap kampioen vir derde agtereenvolgende jaar

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2011-08-29 Tags:

DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap is Saterdag vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die sentrale streek gekroon. Northerns het in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) sy aardsvyand Diamantveld 27-20 uitgestof. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.
Noord-Kaap tel onder die voorste tien spanne in die land, maar moes in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein hard werk om Diamonds af te weer. Dit na Northerns vir Diamantveld in hulle Classic Clash drie weke gelede 44-7 verneder het. Die krag van skolerugby in die sentrale streek le duidelik in die Diamantstad.
Diamonds het in die eerste helfte ‘n voorprong van 13-3 opgehou en ook teen lemoentyd nog ‘n voorsprong geniet met die telling op 13-10. Die verloorspan het na die span gelyk wat hongerder vir sukses in die eindstryd was, maar Northerns het die geduld getoon en hulle kanse beter benut.
Die speler van die wedstryd Noord-Kaap se losskakel, Kobus du Plessis het ‘n strafdoel vroeg in die wedstryd om sy span 3-0 te laat voorloop. Northerns het toe eers weer in die tweede helfte die voortou geneem toe sy kaptein en agtsteman, Jaco Buys gaan druk het. Indien Buys nie oorgedraf het nie, sou die skeidsregter Charl le Roux heel waarskynlik in elk geval ‘n strafdrie aan Noord-Kaap toegeken het.
Diamonds se flank, Graham de Reuck het vir Charlton Koopman naby die doellyn sonder die bal gelak toe hy net die bal moes raakvat en oorval vir ‘n drie. Northerns het egter besit behou en Buys het gaan druk.
Du Plessis het ‘n hele paar keer die voordeellyn aangeval en ook gapings in die verdediging gevind. Hy het met so breekslag die aanvoorwerk vir sy vleuel Heinrich van der Walt se drie gedoen. Die losskakel het ook die laaste spyker in Diamonds se dooskus geslaan toe hy sy span se laaste drie gaan druk het.
Noord-Kaap het die seisoen onoorwonne met die oorwinning afgesluit en die spelers van die span sal waarskynlik eendag op hul oudag vir hulle kinders en kleinkinders van dié droomseisoen vertel en hoe jammer dit is dat hul nooit die kans gekry het om hulself teen die voorste rugbyskool in Suid-Afrika Grey-kollege te gemeet het nie.
Puntemakers:
Noord-Kaap 27 (10) –
Drieë: Zane le Roux, Jaco Buys, Heinrich van der Walt, Kobus du Plessis. Doelskoppe: Du Plessis (2). Strafdoel: Du Plessis. Diamantveld 20 (13) – Drieë: Granville Adams, Eddie Rall. Doelskoppe: André Roberts, Elrico Fielies. Strafdoele: Roberts (2). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.