SuperSport Schools Plus

Goudveld wil weer stof in Fichies se oë skop

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-03-11 Tags: ,

Fichardtpark. Agter (vlnr): Karla Pretorius (afrigter), Etna Pottas (spanbestuurder) Joanize Herbst, Lana Ronne, Inge Jacobs, Giselle Shehab, Anja Fourie, Rochelle Matthee.
Voor: Gilden Valentine, Maroné Coetzee, Leilani Gertenbach, Meruscke Mostert.

Goudveld-Hoërskool en Hoërskool Fichardtpark pak mekaar môre in ‘n netbalwedstryd as deel van die Wesgrow Sentrale Sportbyeenkoms.

Die wedstryd is geskeduleer vir 13:40 op Baan 1 by Goudveld in Welkom.

Goudveld het in verlede jaar se reeks met 39-32 teen Fichardtpark geseëvier en hoop om vanjaar weer met die louere weg te stap.

Karla Pretorius, afrigter van die Fichies, glo dat haar span ‘n uiters vrugtevolle voorseisoen gehad het, en hulle kan nie wag vir die eerste wedstyd vir die jaar nie.

Fichardtpark is nietemin al te bewus daarvan dat Gouties ‘n kwalitietspan is, maar die Fichies fokus op hulself en wat hulle te doen staan. Hulle wil verseker dat hulle konstant tot die beste van hul vermoëns speel, op sowel die aanval as verdediging.

Nadia Olivier en Melissa Oosthuizen, afrigters van Goudveld, durf die nuwe seisoen aan met ‘n relatiewe jong span. Nadia, wat voorheen die eerstespan gelei het, maar moes terugstaan weens familieverpligtinge, is nou weer in aksie saam met mev. Oosthuizen, ‘n gerekende netbalkenner. Albei afrigters is optimisties oor die komende seisoen.

Goudveld-span: Nigella Siebert, Carli Taljaard, Jayrin Deerling, Levi Oehley, Lara Badenhorst, Michelle Van der Westhuizen, Elandre Venter, Nyrette Steenkamp, Elre Bothma, Lele Xalabile.

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.