Garsfontein het vanjaar weer byt
Die Garsfontein Bere het vanjaar weer byt.
Die eerste rugbyspan van Garsies kon amper nie vir ’n beter begin tot sy seisoen gister gevra het as sy sege van 56-17 oor sy bure in die Ooste van Pretoria, Menlopark nie.
Garsfontein het veral vanaf omgekeerde besit skitterend van verdediging na aanval oorgeskakel.
Die span se agterhoede – met sy losskakel, Austin Davids, en heelagter, Abner van Reenen, aan die spits – kan hom vanjaar as een van die gevaarlikste agterlyne op skolevlak in Suid-Afrika onderskei.
Voorlangs het die losvoorspelers Ryno Pieterse en Luke Fortuin ook hul staal getoon.
Menlopark, wat vanjaar ’n nuweling in die reeks is, sou graag ’n veel beter vertoning in sy eerste wedstryd van die kompetisie wou lewer. Die twee spanne sal mekaar later vanjaar weer in ’n Beeldtrofeewedstryd ontmoet. Garsies is die verdedigende kampioen van dié kompetisie.
EG Jansen van Boksburg, verdedigende kampioen van die Tuks-reeks, se skakelpaar, Ruben Beytell en Ginter Smuts, was op hul stukke in hul span se oortuigende sege van 66-17 oor Marais Viljoen in Alberton.
Smuts, die skrumskakel, het 26 punte tot sy span se totaal – twee drieë en agt doelskoppe – bygedra.
Beytell het ’n driekuns aan drieë behaal. Buiten vir dié twee, het die vaskopstut, André van der Merwe, ook ’n kragvertoning gelewer. Van der Merwe se naam gaan vanjaar nog baie genoem word. Garsfontein, EG Jansen, Menlopark en Marais Viljoen is in dieselfde groep vir die Tuks-reeks geloot.
Dit lyk of die Hoërskool Rustenburg ook vanjaar nie sonder handskoene gepak kan word nie.
Hy het Pietersburg met 29-26 geklop, terwyl HTS Middelburg ’n waardevolle sege weg van die huis (van 33-8) oor die Hoërskool Klerksdorp behaal het. Die span se woelige flank JC Pretorius het sy seisoen afgeskop waar hy verlede jaar opgehou het.
Elders het die Hoërskool Fichardtpark vir Landboudal van Jacobsdal met 46-7 ’n rugbyles geleer. Fichies se skrumskakel, Kyle de Bruin, was met sy skerp breekslae aan die voorpunt van sy span se sukses.
Die indrukwekkendste vertoning van die dag het behoort aan Diamantveld van Kimberley, wat Goudveld-Hoërskool van Welkom met 61-5 platgevee het.
Diamonds se senterpaar, Etdeon Greyvenstein en De-an Ackerman, het amper na willekeur gate in Gouties se verdediging gevind.
Welkom-Gimnasium het ook beïndruk met sy sege van 32-5 oor Noord-Kaap, maar sal sy spelpeil moet lig vir sy kragmeting volgende week teen Grey Kollege.
Marlow Landbou van Cradock het in sy losskakel, Vaughen Isaacs, weer ’n generaal wat spel kan dikteer. Hy was een van sy span se uitblinkers in hul sege van 25-13 in die Rosestad.
Outeniqua van George het sy seisoen ook op ’n hoë noot afgeskop deur Tygerberg met 69-7 te verniel. Op sy beurt het Framesby hopeloos te veel skietgoed gehad vir Oudtshoorn.
Puntemakers:
TUKS-REEKS
Garsfontein 58 (32) – Drieë: Austin Davids, Shaun Williams, Ryno Pieterse, PJ Steenkamp, Emilio Adonis, Hendré Eloff, Denzel Liebenberg, Wesley Thompson, Lincoln Daniels. Doelskoppe: Davids (4), Abner van Reenen. Strafdoel: Van Reenen. Menlopark 17 (3) – Drieë: Edrich Grobler, Dyllon Nysschen. Doelskoppe: Werner Nel (2). Strafdoel: Nel.
HTS Middelburg 33 (12) – Drieë: Andries Koen, Waldo Conradie, JC Pretorius, Japie Kleinhans, Trevor Swanepoel. Doelskoppe: Riekert Barnard (4). Hoërskool Klerksdorp 8 (5) – Drie: Damon Ivens. Strafdoel: JW Nortjé.
EG Jansen 66 (38) – Drieë: Ruben Beytell (3), Ginter Smuts (2), Franklin Wagner, Ruben Roodt, André van der Merwe, Carsen Koekemoer, Werner Fourie. Doelskoppe: Smuts (8). Marais Viljoen 17 (7) – Drieë: Hannes Pretorius (2), Brendan Marchbank. Doelskop: Kwagga Marais.
Kempton Park 22 – Drieë: Etienne Poultny (2), Arnant Voster. Doelskoppe: Francois Erasmus (2). Strafdoel: Erasmus. Transvalia 17 – Drieë: Zander van der Walt, Chris Herbst. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt.
Hoërskool Rustenburg 29 – Drieë: Gerhard Fourie, Schalk van der Merwe, Tielman Breedt. Doelskop: Fourie. Strafdoele: Fourie (4). Hoërskool Pietersburg 26 – Drieë: Jan-Barend Meyer, TJ Roos. Doelskoppe: Morné Venter (2). Strafdoele: Venter (4).
Ander spanne:
o.16: Menlopark 28, Garsfontein 22; HTS Middelburg 38, Klerksdorp 17; Rustenburg 47, Pietersburg 0; EG Jansen 8, Marais Viljoen 3; Transvalia 17, Kempton Park 12.
o.15: Menlopark 17, Garsfontein 5; Klerksdorp 36, HTS Middelburg 3; Pietersburg 36, Rustenburg 7; EG Jansen 36, Marais Viljoen 8; Transvalia 17, Kempton Park 7.
o.14: Menlopark 17, Garsfontein 5; HTS Middelburg 18, Klerksdorp 17; Rustenburg 15, Pietersburg 0; EG Jansen 38, Marais Viljoen 8; Transvalia 19, Kempton Park 7.
PUKKE PRESTIGE-REEKS
Potchefstroom Volkskool 24 – Drieë: Nic Greyling, Gideon Steyn, Hardus Pretorius. Doelskoppe: Pretorius (3). Strafdoel: Pretorius. Oosterlig 15 – Drieë: Tiaan Pieterse, Juan-Ray Erasmus. Doelskop: Hendro van der Merwe. Strafdoel: Van der Merwe.
Hoërskool Middelburg 42 – Drieë: Telvin Mhlongo (2), Thys Potgieter (2), Steven Pietersen Henrico Storm. Doelskoppe: Morné Sonnekus (6). Wesvalia 17.
Ander spanne:
Eerste spanne: Wonderboom 23, Hugenote (Springs) 16.
o.16: Potch Volkies 50, Oosterlig 3; Middelburg 53, Wesvalia 7; Hugenote 27, Wonderboom 13.
o.15: Potch Volkies 36, Oosterlig 0; Wesvalia 12, Middelburg 7; Hugenote 42, Wonderboom 0.
o.14: Oosterlig 15, Potch Volkies 10; Wesvalia 24, Middelburg 22; Hugenote 31, Wonderboom 5.
PUKKE 16-REEKS
Pionier 14 – Drieë: Meldon Bezuidenhout, Eugene Nortjé. Doelskoppe: Jean Aucamp (2). Piet Retief 10.
Vryburg 64 – Drieë: Gert Jonker (2), André Kock (2), Lozano McCarthy, Johan Pelser, Dian Bester, Erick Rediker, Chris Cloete. Doelskoppe: Kock (8). Strafdoel: Kock. Wolmaransstad 3.
Schweizer-Reneke 14 – Drie: Katlego Mokhutu. Strafdoele: Eugene van Rensburg (3). Schoonspruit 8.
Pretoria-Noord 31 – Drieë: Kayl Arrow (2), Duncan Tack, Moosa Makunyane. Doelskoppe: Vernon Blignaut (4). Strafdoel: Blignaut. Delmas 14.
Fochville 34 – Drieë: Vendré Fourie (2), Eden de Kock, Shane van Loggerenberg, Barend Nortjé. Doelskoppe: Wayne Ferreira (3). Strafdoel: Nortjé. Bekker 24 – Drieë: Ruvo du Preez (2), Herman Roesch, JG Knoetze. Doelskop: Ewald Oberholzer (2).
Volksrust 18 – Drieë: Hennie Hattingh, Xavier Deysel. Doelskop: Alwande Sangweni. Strafdoele: Tiaan Els (2). Ferrum 13.
Ander spanne:
o.16: Vryburg 50, Wolmaransstad 12; Schoonspruit 43, Schweizer-Reneke 7; Pretoria-Noord 31, Delmas 0; Ferrum 68, Volksrust 0; Bekker 39, Fochville 0.
o.15: Vryburg 7, Wolmaransstad 5; Schoonspruit 17, Schweizer-Reneke 12; Pretoria-Noord 55, Delmas 7; Ferrum 58, Volksrust 0; Bekker 29, Fochville 5.
o.14: Vryburg 31, Wolmaransstad 7; Schoonspruit 32, Schweizer-Reneke 29; Pretoria-Noord 39, Delmas 0; Volksrust 29, Ferrum 27; Fochville 28, Bekker 5.
Brandwag (Benoni) 29 – Drieë: Calvin Marais (2), Hennie Jonker, Werno Steyger, Martin Steyn. Doelskoppe: Martin Steyn (2). Gerrit Maritz 7 – Drie: Arno Killian. Doelskop: Killian.
Dinamika 35 – Drieë: Dehan Williams (2), Eddie Enkerwitz, Anton Adlem, Freddie Bezuidenhout. Doelskoppe: Armand Steyn (2). Strafdoel: Steyn. Skepdoel: Steyn. Bergsig Akademie 7.
Ander spanne:
Eerste spanne: Tuine 33, John Vorster (Nigel) 14; Ligbron 41, Jan Viljoen 12.
o.16: Brandwag 55, Gerrit Maritz 5; Tuine 12, John Vorster 7; Dinamika 10, Bergsig 9.
o.15: Brandwag 50, Gerrit Maritz 0; Tuine 14, John Vorster 12; Dinamika 33, Bergsig 5.
o.14: Brandwag 48, Gerrit Maritz 0; Tuine 19, John Vorster 14; Bergsig 12, Dinamika 12.
NWU-PUKKE SPORT-REEKS
Linden 18 (12) – Drieë: Juanro Rothner, Wiaan de Lange. Doelskop: Ruan Marais. Strafdoele: De Lange (2). Hans Moore 7 – Drie: Theuns du Toit. Doelskop: Nicky van der Bergh.
Benoni High 33 – Drieë: Timothy van Dieman, Tyrone Schaper, Robert Patterson, Cassey Seddon, Hamish Dubdin. Doelskoppe: Brandon Harwood (4). President 24.
Ander spanne:
Eerste spanne: Goudrif 22, AHS Sasolburg 5; Hoërskool Alberton 12, Standerton 6.
o.16: AHS Sasolburg 41, Goudrif 10; Alberton 22, Standerton 10;
o.15: Goudrif 24, AHS Sasolburg 12; Standerton 22, Alberton 21;
o.14: Goudrif 55, AHS Sasolburg 7; Alberton 19, Standerton 15;
VRIENDSKAPLIK
Vereeniging Gimnasium 43 – Drieë: Webster Swanepoel (2), Michael Mey, DW Briers, Enrico Robbertse, LP Maarten. Doelskoppe: Dylan Schoeman (5). Strafdoel: Schoeman. Potchefstroom Gimnasium 0.
Hans Strijdom 31 – Drieë: Wikus Zeilinga, Pieter Niemann, Ruben Brown, Marinus Vermaak, Juanré Botha. Doelskoppe: André du Plessis (2), Jaco Beukes. Generaal Hertzog 10.
Piet Potgieter 24 – Drieë: Heino Viljoen, Louis Wessels, Brandon Collins, Luandro Canguiero. Doelskoppe: Waldo Kruger (2). Merensky 15.
Pretoria THS 29 – Drieë: Xabiso Mtumtum (2), Keanu Duraan, Bradley Matambo, TJ Kekana. Doelskoppe: Duraan, Mtumtum. FH Odendaal 7.
Zwartkop 46 – Drieë: Rudan de Lange (2), Duan Strauss (2), GJ Moller, Shaun-Dé Swart, Michael Pienaar, Juandré Naudé. Doelskoppe: Miché Groenewald (2), Swart. Southdowns College 10.
Helpmekaar 21 – Drieë: Chuiner van Rooyen (2), Sherman Rayners. Doelskoppe: Van Rooyen (3). Eldoraigne 7.
Ander spanne:
Eerste spanne: Frans du Toit 57, Lowveld High 5; Ben Vorster 57, Jeugland 0; Louis Trichardt 23, Ellisras 12.
o.16: Frans du Toit 27, Lowveld 10; Ben Vorster 29, Jeugland 15; Potch Gimmies 24, Vereeniging Gimnasium 0; Ellisras 20, Louis Trichardt 6; Eldoraigne 15, Helpmekaar 7.
o.15: Frans du Toit 0, Lowveld 0; Jeugland 21, Ben Vorster 12; Potch Gimmies 33, Vereeniging Gimnasium 0; Louis Trichardt 27, Ellisras 0; Helpmekaar 66, Eldoraigne 0.
o.14: Frans du Toit 41, Lowveld 0; Ben Vorster 17, Jeugland 17; Potch Gimmies 8, Vereeniging Gimnasium 0; Helpmekaar 15, Eldoraigne 7; Ellisras 22, Louis Trichardt 5.
BLOU BULLE PRESTIGE-AAND
(Slegs drieë)
Welkom Gimnasium 25, Waterkloof 15; Monument 15, Diamantveld 10; Ben Vorster 30, Potchefstroom Gimnasium 10; Montana 10, Ben Vorster 5; Jeppe Boys’ High 50, Zwartkop 10; EG Jansen 45, Uitnodigingspan 0; Pretoria THS 20, Merensky 20.




