SuperSport Schools Plus

Framesby skud vlugflouheid en Boland Landbou af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-05-13

FOTO: Marnus van WykIndien enige van Suid-Afrika se seniorspanne wil weet hoe om vlugflouheid teen te werk, kan hulle gerus by Framesby in Port Elizabeth gaan kers opsteek.

Framesby het gister vir ‘n opskudding gesorg toe hy vir Boland Landbou in die Baai met 34-20 getroef het. Die tuisspan het eers Donderdag van die Sanix-toernooi in Japan na Suid-Afrika teruggekeer en dit was veral sy losskakel, Juandre Liebenberg, wat met sy taktiese skopskoen die Ruiter van die Baai se windjie was.

Liebenberg en sy skakelmaat, Andre Gerber, het spel dikteer en gesorg dat hul span met ‘n voorsprong van 17-6 gaan rus het, met die vooruitsig om met die wind in hul blaaie die tweede helfte te pak.

Framesby het vyfde in die toernooi in Japan geeindig, na hy in die kwarteindronde deur die uiteindelike kampioen, Ratu Kadavulevu van Fidji, met 14-7 uitgeskakel is. Die span van Fidji het Nieu-Seeland se Hastings Boys’ High met 35-5 in die eindstryd gekarnuffel.

Grey-kollege was op sy tuisveld in die Rosestad te sterk vir Selborne College met 62-22. Die span van Oos-Londen het egter nooit moed opgegee nie.

Grey se plaasvervanger-skrumskakel, Ross Braude, het gewys dat hy slaggereed is om weer die nr. 9-trui te dra na hy daarvan weens ‘n besering afstand moes doen. Braude het twee keer die doellyn oorgesteek na hy op die veld verskyn het en het glad nie verroes voorgekom nie.

Die wenspan se agtsteman, Werner Gouws, is ‘n sterke derduiwel. Hy het Selborne voorlangs probleme met sy fisieke spel gegee. Vir die besoekers verdien die heelagter, Siba Xamlashe, lof.

‘N Lang wag van drie jaar is verby vir Diamantveld se afrigter, Jaco Dames. Hy kon gister uiteindelik die soet geur van ‘n sege oor sy skool se aartsvyand, Noord-Kaap, proe. Diamonds was met 22-16 baas.

Diamonds se beste speler op die dag was ongetwyfeld sy flank Armin de Villiers. Die senter Cole Arnoldus en heelagter, Keanan Beckett, het ook meer as hul kant gebring.

In Bloemfontein se Classic Clash tussen Sentraal en Jim Fouche het die Tralies oor te veel skietgoed vir JF beskik. Sentraal het die kragmeting met 36-13 gewen. Duineveld was met 25-22 oor die Hoerskool Upington baas in die jaarlikse Klein Interjol.

Dit is nie aldag wat ‘n vaskopstut ‘n driekuns aan driee behaal nie. Gister was egter ‘n spesiale dag vir Paul Roos Gimnasium se Hanru Jacobs wat drie keer die doellyn in sy span se oorwinning van 44-21 oor Bishops oorgesteek het.

Paarl Gimnasium het nie veel genade vir Rondebosch Boys’ High betoon nie en met 69-28 koning gekraai. Outeniqua het op sy tuisveld in George vir Stellenberg met 31-22 getroef.

Wynberg Boys’ High was met 36-33 oor Grey High School in ‘n opwindende wedstryd baas.

Dale College het die eerste uitklophou van sy stryd jaarliks teen Queen’s College op sy tuisveld in King Williamstown geplant. Dale het die wedstryd met 29-10 gewen.

Daar is vooraf verwag dat die Hoerskool Waterkloof se eerstespan slegs ‘n warrelwind op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp sou wees. Dit was egter die volskaalse Blou Tornado wat gister vir Monument op sy agterplaas met 28-26 afgestof het om sonder twyfel vir die grootste opskudding tot dusver die seisoen te sorg.

Monnas is verlede week vir die derde agtereenvolgende jaar as die Tuks-kampioen gekroon, terwyl Klofies tot dusver selfs nie van sy stoere ondersteuners met veel hoop gelos het nie. Hulle het wel ‘n goeie rede om weer hul span met hernude ywer te ondersteun.

Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie, maar vir Klofies was dit die terugkeer van sy senter Julian Bogner en agtsteman, Wikus Lindeque, wat die nodige vonk verskaf het.

AL DIE UITSLAE: 

VIRSEKERBEKER

Afdeling 1 – Beker: Transvalia 23, Helpmekaar 22; Garsfontein 46, HTS Middelburg 29; Hoërskool Nelspruit 34, EG Jansen 28. Plaat: Marais Viljoen 29, Zwartkop 26; Eldoraigne 51, Centurion 20; Hoërskool Rustenburg 46, Montana 17. Skild: Hoërskool Pietersburg 27, Jeugland 20; Ben Vorster 93, Florida 12; Oos-Moot 63, Hugenote (Springs) 3; Lichtenburg 3, Hoërskool Middelburg 0.

Afdeling 2 – Blou Bulle: Die Wilgers 12, Midstream College 11; Overkruin 38, HTS John Vorster 24; Wonderboom 20, Pretoria-Noord 15. Goue Leeus: Hoërskool Alberton 51, Dinamika 14; Randburg 31, Linden 23. Limpopo: Merensky 25, Ben Viljoen 15; Frikkie Meyer 32, Piet Potgieter 8; Ellisras 46, Hans Strijdom 10. Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 45, Wagpos 23; Hoërskool Klerksdorp 37, Potchefstroom Volkskool 27. Pumas: Secunda 65, Ermelo 3; Piet Retief 40, Standerton 17; Hoogenhout 30, Oosterland 19. Valke: Heidelberg Volkskool 43, Vereeniging Gimnasium 29; Hans Moore 25, Oosterlig 17; Die Anker 43, Driehoek 14.

Afdeling 3 – Blou Bulle: Pretoria THS 17, Curo Hazeldean 10; Akasia 33, Uitsig 0; HF Verwoerd 41, Cullinan 0; Erasmus (Bronkhorstspruit) 27, Gerrit Maritz 15. Goue Leeus: Leeuwenhof 49, Riebeeckrand 0; Fochville 42, Queen’s High 7; Trinityhouse 17, Jan Viljoen 15; Carletonville 42, President 35; Bekker 29, Trinityhouse 12. Limpopo: Louis Trichardt 33, Frans du Toit 28; Warmbad 17, Nylstroom 13. Luiperds: Wolmaransstad 36, HTS Rustenburg 31; Vryburg 24, Bergsig 12; Hartbeespoort 33, Brits 26; Schweizer-Reneke 10, HTS Klerksdorp 7. Pumas: Barberton 45, Lowveld High 31; Penryn College 52, Sybrand van Niekerk 0. Valke: Brandwag (Benoni) 41, Birchleigh 0; Delmas 29, Springs Boys’ High 5.

Afdeling 4 – Blou Bulle: Maragon Olympus 53, Hercules 0. Pumas: Komatipoort 62, Hendrina 42; Patriot 27, Curro Bakenveld 12; Kriel 63, Evander 0; Carolina 25, Eastdene 0.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Grey-kollege 62, Selborne College 22; Diamantveld 22, Noord-Kaap 16; Sentraal 36, Jim Fouché 13; Louis Botha 61, Landboudal 22; Welkom Gimnasium 52, AHS Kroonstad 7; Goudveld-Hoërskool 31, Voortrekker 14; Witteberg 15, Wilgerivier 12; Duineveld 25, Hoërskool Upington 22; Fichardtpark 15, Hoërskool Grens 5; Riebeeckstad 14, Hoërskool Kroonstad 5; Brandfort 45, Zastron 5; Bultfontein 64, Sandveld 0; Hoopstad 69, Theunissen 0.

OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

Framesby 34, Boland Landbou 20; St Andrew’s College 43, HTS Daniël Pienaar 7; Marlow Landbou 32, Nico Malan 17; Dale College 29, Queen’s College 10; Kingswood College 36, Union 15; Brandwag (Uitenhage) 57, Muir College 5; Durban High School 60, Westville Boys’ High 10; Kearsney College 6, Maritzburg College 3; Hilton College 27, Pretoria Boys’ High 24; Pionier 86 Empangeni 0.

WES-KAAP

Wynberg Boys’ High 36, Grey High School 33; Paul Roos Gimnasium 44, Bishops 21; Paarl Gimnasium 69, Rondebosch Boyys’ High 28; SACS 17, Durbanville 13; Outeniqua 31, Stellenberg 22; Hoërskool Bellville 26, Brackenfell 20; Strand 36, De Kuilen 0; Charlie Hofmeyr 18, Swartland 15; SK Walmers 33, President 10; HTS Bellville 8, Somerset College 3; Hermanus 57, Parel Vallei 12; Tygerberg 61, Monumentpark 6; Hugenote (Wellington) 26, Worcester Gimnasium 21.

NOORDVAAL

Waterkloof 28, Monument 26; St Alban’s College 30, St John’s College 12; Noordheuwel 25, Affies II 17; Lydenburg 62, Curro Nelspruit 7; Curro Heuwelkruin 96, Stanford Lake College 15.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.