Framesby, Nico Malan sorg vir volop netbalaksie
Humansdorp het die afgelope naweek tot stilstand gekom met Nico Malan en Framesby wat mekaar die stryd aangesê het op die netbalbaan.
Hoewel Framesby die laaste sê gehad het met hul o.18A-span wat in die hoofwedstryd geseëvier het, was die dag deurgaans mededingend, met Framesby wat uiteindelik 11 van die 17 wedstryde gewen het.
Framesby se o.14-spanne het sterk begin, met die o.14A-span wat 31–21 en die o.14B’s wat 29–10 gewen het. Nico Malan se o.14B2-span het egter gewys dat hulle nie te versmaai is nie met ‘n oorwinning van 23–9 .
In die o.15-ouderdomsgroep het Framesby gedomineer met hul A-, B- en C-spanne wat almal groot seges behaal het. Die o.15A’s het met 36–9 koning gekraai.
Die o.16-afdeling was uiters mededingend. Framesby se A-span het met 23–13 gewen, terwyl Nico Malan se o.16B’s ’n puik oorwinning van 20–13 aangeteken het. Die o.16C-wedstryd was ’n naelbytstryd wat naelskraaps met 16–14 in Framesby se guns geëindig het.
Framesby se o.18A-span het vir Nico Malan met 34–24 verslaan, maar Nico Malan se o.18B’s het met ’n sege van 19–13 hul naam hoog gehou. Die o.18C’s van Framesby het ook ’n wegholsege van 31–3 behaal.
Uitslae:
o.14A: Framesby 31, Nico Malan 21
o.14B: Framesby 29, Nico Malan 10
o.14B: Framesby 9, Nico Malan 23
o.14C: Framesby 20, Nico Malan 12
o.14C: Framesby 13, Nico Malan 20
o.14D: Nico Malan 20, Framesby D 10
o.14D: Nico Malan 24, Framesby F 12
o.15A: Nico Malan 9, Framesby 36
o.15B: Nico Malan 18, Framesby 35
o.15C: Nico Malan 14, Framesby 28
o.16A: Nico Malan 13, Framesby 23
o.16B: Nico Malan 20, Framesby 13
o.16C: Nico Malan 14, Framesby 16
o.16D: Nico Malan 11, Framesby 34
o.18A: Nico Malan 24, Framesby 34
o.18B: Nico Malan 19, Framesby 13
o.18C: Nico Malan 3, Framesby 31