SuperSport Schools Plus

Ezzard en Cassie brei Griekwas se Cravenweek-span

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-05-29 Tags: ,

DIT is jammer dat Hoërskool Noord-Kaap se losskakel, Guillermo Minnie se Griekwas se skolerugby-proewe bygewoon het nie. Minnie wat verlede jaar die Vrystaat op die Cravenweek in Port Elizabeth verteenwoordig het sou gewis die Poubloues se span versterk het. Minnie is nie in Griekwas se voorlopige spanne onderskeidelik die Cravenweek of Akademie-week ingesluit nie. Die 50ste Cravenweek vir hoërskole vind vanjaar van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas.
Die Poubloues het ook twee nuwe afrigters, Cassie Carstens van Landboudal en Ezzard Alexander van Victoria-Wes wat aan stuur van sake sal staan. Alexander het in 2007 die Suid-Afrikaanse Skole-span gebrei.

Slegs vier spelers van Griekwas wat verlede jaar in die Baai in aksie was, sal vanjaar weer op die toernooi speel. Die heelagter Ryan de Wee, senter Dimitrio Tieties, stut Doctor Booysen en flank Nico Graaff het verlede jaar ook vir dié span uitgedraf. Graaff het ook nie aan die proewe weens sy kniebesering deelgeneem nie en sal Saterdag in dié span se wedstryd teen Griekwa-platteland die geleentheid kry om te bewys dat hy gereed is.

Die slot Kosie Human wat verlede jaar op die Cravenweek in die Baai was, is in die voorlopige Akademie-span ingesluit.

Die plaasvervanger-haker, Willie van Aswegen se pa met dieselfde voornaam het op sy dag vir Griekwas se seniorspan in die middelveld diens gedoen. Die span se skrumskakel, GM Bruwer het verlede jaar die hoogste telling op die Khaya Majola-krieketweek in Potchefstroom gemoker. Hy het 128 lopies in Griekwas se wedstryd teen KwaZulu-Natal-Binneland op die toernooi aangeteken.

Die skorsing van Northerns se flank, Luaan Dowie het ook bygedra dat die Poubloues ‘n minder ervare span na Polokwane sal stuur. Dowie is vir 80 weke geskors nadat hy in ‘n tugverhoor skuldig bevind is na hy Waterkloof se slot Jeandré de Beer geslaan het tydens die twee spanne se kragmeting.

Die span is:

Ryan de Wee, Leon Becker, Dimitrio Tieties, Luke Mason (almal Noord-Kaap), Kat Mabaleng (Landboudal), Wentzel Matthys (Prieska), GM Bruwer (Noord-Kaap), Jacques van Zyl, Nardus Bosman (albei Diamantveld), BJ Muller (Hartswater), JD Fourie (Diamantveld), Thulani Njenje (Noord-Kaap), Doctor Booysen (Noord-Kaap), Daniël van Zyl (Diamantveld), Obakeng Pholoholo (Hartswater). Plaasvervangers: Willie van Aswegen (Noord-Kaap), DG Brandt (Diamantveld), Bradley Leijdekkers (Noord-Kaap), Nico Graaff (Noord-Kaap), Dylan Walsh (Noord-Kaap), Aldro Heyns (almal Noord-Kaap), Jon-Pierre Abrahams (Diamantveld).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.