SuperSport Schools Plus

Eunice verwelkom Jonas as breier van die eerstes

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-10-14 Tags:

Die nuwe afrigter van Eunice se eerste netbalspan, Tammy Jonas.

Tammy Jonas is aangestel as die eerste netbalspan van Eunice Girls’ High School se nuwe afrigter.

Jonas spog met ’n indrukwekkende lys van prestasies en ’n duidelike passie vir ontwikkeling, dissipline en uitnemendheid. Jonas het taamlik naam gemaak in Oos-Kaapse netbalkringe die afgelope ruk.

As afrigter, het sy talle provinsiale senior verteenwoordigers opgelewer, en haar vorige skool, Hudson Park, is onlangs aangewys as die beste mede-opvoedkundige netbalskool in die Buffalo City Metropolitan (BCM)-distrik, ná jare waarin hulle nie vir die kampioenskap kon kwalifiseer nie. Onder haar leiding het Hudson ook ‘n bronsmedalje by die BCM-kampioenskap verower en is hulle as die derde beste skool in die Oos-Kaap aangewys. Benewens netbal, het sy ook as hoof van atletiek gedien.

Jonas het self aan die TNL-toernooi deelgeneem in 2021 en 2022, waar sy die Eastern Cape Comets verteenwoordig het, ’n bewys van haar ervaring in die sport op ’n hoë vlak.

Haar afrigtingsfilosofie is duidelik en inspirerend:

“As niks verander nie, verander niks nie,” sê sy. “Dit is die basis van die afrigtingstelsel wat ek toepas.

“Ek glo heelhartig in harde werk en het dikwels die vrugte waargeneem wat gepluk word wanneer ’n mens telkens uit jou gemaksone gedruk word. Dieselfde toewyding waarborg bloot dieselfde resultaat, maar verhoogde inspanning word beloon met beter resultate. Uitnemendheid is ’n gewoonte, nie ’n oomblik nie.”

Hierdie uitgangspunt beklemtoon die belangrikheid van volgehoue groei, harde werk en die moed om uit jou gemaksone te tree, iets wat beslis by Eunice se kultuur van uitnemendheid sal aanklank vind.

Jonas is uiteraard opgewonde om by Eunice aan te sluit:

“Wat my die meeste opgewonde maak oor dié geelentheid is ongetwyfeld om te kan werk met een van die voorste meisieskole in die land, wat ’n toonbeeld is van passie, deurgaanse toewyding om algeheel te verbeter en die uitstaande harmonie tussen vrouens.

“Daar is iets kragtigs daaraan om omring te word met eendersdenkende atlete en afrigters. Ek bewonder voorwaar die holistiese trots wat die skool uitstraal, en sien uit na hierdie nuwe hoofstuk van my afrigtingstog.”

Jonas se aanstelling bring groot verwagtinge en opgewondenheid vir Eunice in 2026. Met haar bewese sukses, toewyding en duidelike visie vir groei, is dit duidelik dat die skool se eerste span in bekwame hande is.

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.