DStv Schools Challenge: Nelspruit glo in harde werk, nie kanse nie
Nelspruit het hul huidige seisoen aangepak met sewe uit 10 spelers wat nóg nie voorheen vir die eerste span gespeel het nie.
‘n Groot gedeelte van die seisoen het vir die span gegaan oor blootstelling en die aanpassing wat betref die tempo waarteen ‘n eerste span speel.
Nelspruit se doelwitte vir hierdie naweek se wedstryde in die DStv Schools Netball Challenge is bloot om hard te werk. Hulle het alles ingesit tot nou toe met die hoop om die top-agt te haal, maar besef dat elke span hard gewerk het om te kwalifiseer vir die DSTV Challenge en dat elke kragmeting taai sal wees.
Die span spog met drie spelers wat reeds meer as een seisoen in die eerste span speel, naamlik Siya Sambo (70 wedstryde), Telieze Coetzee (66) en Amore Gerber (60).
Nelspruit gaan in hul groep in uitspele teen St Anne’s Diocesan College, Manzomthombo High, Vosloorus en Potchefstroom Gimnasium te staan kom.
Nelspruit het ál hul ligawestryde vanjaar gewen en nie een van daardie wedstryde het plaasgevind sonder dat Siya Sambo geval het nie! Nelspruit is óók die span wat die meeste “bus-fiks” is; hulle reis wyd en syd vir wedstryde.
Die afrigtingspan bestaan uit Coach Suzeth Kotze en hul biokinetikus, Joanita Badenhorst.
Die span bestaan uit:
Emma Weideman (doel), Ninke Mostert (verdedigende vleuel), Leane Veldman (hulpdoelverdediger), Siya Sambo (verdedigende vleuel, hulpdoel), Danielle Grobler (senter, aanvallende vleuel), Telieze Coetzee (verdediger), Amore Gerber (aanvallende vleuel), Lourica van der Merwe (senter, aanvallende vleuel), Marece Fourie (hulpdoel, doel), Lara Venter (beseer/mascot), Mieke Raath (verdedigende vleuel, verdediger).
For everything you need to know about the DSTv Schools Netball Challenge, click here.




