Die Anker, Secunda oorgehaal vir die ‘Slag van Brakpan’


Kragmetings tussen Hoërskool Die Anker en Hoërskool Secunda sorg normaalweg vir hope aksie. Saterdagmiddag se stryd in die Skild-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, in Brakpan, sal nie ‘n uitsondering wees nie.
Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Sowel Secunda as Die Anker, sedert hul toetrede tot die Skild in 2024, is toonaangewende spanne in dié afdeling.
Dit het tot dusver klopdisselboom gegaan met Secunda se Skild-veldtog. Hy het in die eerste twee wedstryde reeds ‘n total van 87 punte opgestapel met oortuigende seges oor Hoërskool Hugenote van Springs (39-13) en Hoërskool Piet Retief (48-18).
Die span van Brakpan, daarenteen, het nog slegs een keer in vanjaar se reeks uitgedraf, toe hy met 12-26 teen Hoërskool Ben Vorster vasgeval het, en het daarna ‘n loslootjie geniet het. Dié blaaskans het Die Anker nietemin goed gedoen, aangesien ‘n aantal staatmakers teruggekeer het van beserings.
Agsteman en kaptein, Ruben Herbst, is een van die spelers wat met ope arms terugverwelkom word en ‘n reuse verskil voorlangs behoort te maak. Herbs se neef, Edrick Pienaar, keer ook terug om noodsaaklike woema aan die tuispan se agterhoede te verleen en behoort in ‘n taamlike tweestryd met die besoekers se uithaler-senter, Bismark Jansen, gewikkel te wees.
In Pretoria wag daar nóg ‘n liplekker-stryd tussen ‘n uiters gevaarlike Heidelberg Volkskool en Skild-nuweling, Hoërskool Montana.
Sedert die Volkies hul ritme ‘n paar weke gelede gevind het, het hulle daarin geslaag om meer as 112 punte in hul laaste twee wedstryde aan te teken. Afrigter, Louwtjie Dalhouzie, het egter een taktiese skuif in die agterhoede aangebring, met Tristan Munro wat van senter na losskakel om plekke te ruil met die gevaarlike Marco Botha.
Die Monties glimlag self breed met die terugkeer van hul skitterende senter, Hendrew Schoeman.
Hoërskool Ben Vorster, op soek na ‘n tweede sege in vanjaar se reeks, reis na Springs waar Hoërskool Hugenote op hom wag. Dit bied aan die Buffels ‘n geleentheid om die bordjies te verhang en vanjaar die Hugies op hul tuisveld te probeer verslaan, nadat hulle verlede jaar met 7-38 les opgesê het tuis in Tzaneen.
Hoërskool Lichtenburg behoort ‘n perd van ‘n ander kleur wees na sy nederlaag teen Hoërskool Klerksdorp (13-21) in hul derby verlede naweek. Die Liggies pak die tog aan na Mpumalanga waar hulle vir Hoërskool Piet Retief op die Jack Botes-stadion moet aandurf.
Die Pieties gaan steeds gebuk onder beseringsprobleme, maar tuisveldvoordeel en die Liggies se lang tog van Noordwes kan moontlik in hul guns tel.
Die spanne:
Die Anker t. Hoërskool Secunda om 12:20 in Brakpan:
Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Vian Strydom, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Jaydon Steenkamp, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.
Secunda: 15 Dillon Grundeling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenk, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlangawe, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Reinhardt Fourie, 1 Rico Schoeman.
Montana t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Pretoria:
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.
Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Theuns van der Merwe, 13 Marco Botha, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Jano Dietrechsen, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.
Hoërskool Hugenote van Springs t. Ben Vorster om 13:30 in Springs:
Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.
Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Miguel Makubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gegan Hendriks, 11 Freddie Pinto, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Lesedi Motseke, 6 Gerhardt Ryan, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.
Hoërskool Piet Retief t. Hoërskool Lichtenburg in Piet Retief:
Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.
Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Oratile Sekoto, 12 WJ Liebenberg, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 George Bingudzu, 5 Darius Lombard, 4 LJ Kleynhans, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.