SuperSport Schools Plus

Delta maak stem dik by SASN All Ages 2025

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-07-03 Tags: ,

Die afgelope naweek se SASN All Ages 2025-toernooi was waarlik ’n viering van Suid-Afrika se opkomende netbaltalent. Met provinsies van regoor die land wat in verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem het, is daar nie slegs met mening meegeding op die baan nie, maar ook uitnemendheid en sportmangees uitgestal wat uiters belowend is vir die toekoms van netbal in die land.

SA Top 12

‘n Hoogtepunt van die toernooi was die aankondiging van die SA Top 12-span, wat erkenning gee aan uitstaande individuele prestasie. Die gekose spelers het hul plekke in die span verdien op grond van hul vaardighede, spel-intelligensie en onwrikbare deursettingsvermoë. Die SA Top 12 vir 2025:

  • Francesca Kante-Heumou (Gauteng)

  • Chloe van den Berg (Noordwes)

  • Orefile Magoro (Limpopo)

  • Lianel Groenewald (Wes-Kaap)

  • Deborah Oviahon (Gauteng)

  • Oluchi Ndubueze (Gauteng)

  • Ella Lisa Steenkamp (Wes-Kaap)

  • Milan Engelbrecht (Gauteng)

  • Imitha Mdaka (Gauteng)

  • Charmaine Tsvangira (Gauteng)

  • Nadine van Hoogdalem (Gauteng)

  • Mike Scholtz (Wes-Kaap)

Die SASN All Ages 2025-toernooi het ‘n reeks opwindende wedstryde opgelewer wat die diepte van talent in Suid-Afrikaanse junior netbal tentoongestel het.

In die o.16-eindstryd het Delta met ’n indrukwekkende vertoning vir Willows met 23–9 verslaan. Delta het van die eerste afgooi reeds hul stempel afgedruk en momentum regdeur behou. In die uitspeelstryd om die derde plek het Lambda naelskraaps vir Oaks met 13–12 getroef.

Volgens afrigter Marcelle Fourie, onder wie se passievolle mentorskap die Delta o.16-span koning gekraai het, was dit vernaam hul verdediging, asook die selfvertroue en akkuraatheid van haar doelskieters, wat die deurslag gegee het. Sy het vir Sylah Wilson uitgesonder vir haar indrukwekkende werk onder die paal, en beskryf Wilson as ’n speler wat elke geleentheid doeltreffend benut.

Die o.15-eindstryd het gesorg vir naelbytaksie met Delta wat hier ook met 14–13 die pyp gerook het teen Gamma. Dit het ‘n uiters strategiese kragmeting afgegee met rotsvaste verdediging aan albei kante, maar Delta het met hul fokus en vasberadenheid die knoop deurgehak. Inyathi het vir Lambda met 12–10 geklop om derde te eindig.

In die o.14-afdeling, het Gamma ’n kragtige vertoning gelewer om Delta met 16–10 in die eindstryd te verslaan. Gamma het hul oorheersing in die sirkel beklemtoon met blitsige bewegings en presiese afronding. Die uitspeelstryd om die derde plek was nog ’n riller, met Oaks wat die Sharks net-net met 13–12 baasgeraak het in die doodsnikke.

Oaks het in die o.13-eindstryd met 22-14 geseëvier teen Inyathi. Oaks se sukses was grootliks te danke aan uitstekende samewerking tussen die aanvallers en verdedigers. Inyathi het dapper weerstand gebied, maar kon uiteindelik nie die blitsaanvalle van Oaks keer nie. Lambda het derde geëindig deur vir Gamma net-net met 9–5 uit te stof.

In die o.12-afdeling het Gamma hulself as kampioene bevestig met ’n oortuigende sege van 20–9 oor Cedars. Gamma het met puik afronding hul teenstanders oorrompel en van meet af aan beheer geneem. In die stryd om die derde plek het Oaks met 9–7 vir Delta geklop in nóg ’n naelbytstryd.

Die SASN All Ages 2025-toernooi het weereens bevestig dat Suid-Afrika se netbaltoekoms in goeie hande is. Die gees van mededinging, hoë gehalte van spel en wêreldklas-afrigting het van hierdie toernooi ’n monumentale mylpaal gemaak vir elke deelnemer. Met die SA Top 12-span wat aangewys is en talle ander sterre in wording, is dit duidelik dat Suid-Afrikaanse netbal gereed is om nuwe hoogtes te bereik.

Finale Puntestand (o.12-o.16)

o.12 

1.Gamma

2.Cedars

3.Oaks

4.Delta

5.Rubies

6.Ikhala

7.Willows

8.Iqhude

9.Inyathi

10.Bakwena

11.Lynx

12.Ndlovu

o.13

1.Oaks

2.Inyathi

3.Lambda

4.Gamma

5.Willows

6.Delta

7.Sharks

8.Cedars

9.Cheetahs

10.Ndlovu

11.Ikhala

12.Bakwena

o.14

1.Gamma

2.Delta

3.Oaks

4.Sharks

5.Willows

6.Morula

7.Cedars

8.Lambda

9.Jaguars

10.Iqhude

11.Inyathi

12.Diamonds

o.15

1.Delta

2.Gamma

3.Inyathi

4.Lambda

5.Oaks

6.Willows

7.Cedars

8.Sharks

9.Cheetahs

10.Mopani

11.Namibia

12.Rubies

o.16

1.Delta

2.Willows

3.Lambda

4.Oaks

5.Gamma

6.Lynx

7.Morula

8.Mooka

9.Cedars

10.Jaguars

11.Inyathi

12.Whales

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.