SuperSport Schools Plus

Buffels veg vir oorlewing teen gekweste Montana

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-07-31 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Hoërskool Lichtenburg op Facebook.

Hoërskool Ben Vorster veg Saterdagmiddag om oorlewing vir ‘n plek in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, wanneer hy in Tzaneen teen ‘n gekweste Hoërskool Montana te staan kom.

Volg al die SDC Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Soos sake tans op die puntelys daar uitsien, moet die Buffels altwee hul oorblywende wedstryde met ‘n bonuspunt wen én hoop dat Hoërskool Die Anker en Hoërskool Secunda, teen wie hulle in die volgende ronde kragte meet, êrens in die hek duik. Die Buffels beklee die sesde plek met 16 punte, slegs een punt agter Die Anker en Secunda, wat albei 17 punte het maar nóg drie wedstryde oor het om te speel.

Die positief is dat altwee Ben Vorster se laaste wedstryde tuis plaasvind in Tzaneen, wat ‘n moeilike plek is vir besoekende skole. Die Buffels, nes die Monties, lek ook wonde na ‘n nederlaag van 24-35 teen Hoërskool Lichtenburg verlede naweek.

Tumi Ramohlale, wat teen die Liggies op vleuel uitgedraf het, keer terug na agsteman, terwyl Lethabo Sejake weer as linkervleuel ingespan word. Die enigste ander verandering is voorlangs, waar die staatmakerflank, Kobus de Beer, hierdie kragmeting misloop en deur die bekwame Amaris Nortjé vervang word.

Die Monties hou nog asem op oor ‘n paar spelers wat beserings opgedoen het in die stryd met Secunda. Breier, AJ Le Roux is egter min geskeel oor die moontlikheid van ‘n paar plaasvervangers, aangesien hy oor heelwat diepte en ervaring beskik. Die Pretorianers sal laat Donderdagmiddag hul beginspan vir die rit na Tzaneen finaliseer.

In sy tweede agtereenvolgende tuiswedstryd, verwelkom die einste Secunda die kookwaterspan van Hoërskool Lichtenburg.

Die Liggies skyn tans die helderste in die eerste posisie van die Skild-afdeling, met 22 ligapunte, en het ook nóg drie wedstryde oor om ‘n tuishalfeind te verseker. Die Liggies-span wat vir die Buffels gegaffel het bly grotendeels dieselfde, behalwe vir Duan Kruger se terugkeer op vaskopstut. Dit beteken dat Juan van Rhyn terugkeer na sy gunstelingposisie op haker, wat die voorspelerpak aansienlik versterk.

Franko Rossouw is afwesig vir Secunda en word deur Renier Combrink op agsteman vervang.

Hoërskool Pietersburg kan steeds as ‘n buiteperd beskou word, vernaam as hy sy kragmeting met Hoërskool Hugenote van Springs, tuis in Polokwane, met ‘n bonuspunt kan wen. Die Pieties betree die stryd met ‘n onveranderde span, wat hul kanse versterk.

Die Hugies, daarenteen, gaan gebuk onder die beserings en sal ook eers later in die week hul span bekend maak. Dit beteken egter nie dat hulle gering geskat moet word nie.

Die Anker se besoek aan Hoërskool Piet Retief se Jack Botes-stadion beloof ook om vir heelwat opwinding te sorg. Die span van Brakpan streef na ‘n bonuspuntsege, terwyl die Pieties se ondersteuners bankvas agter die tuisspan staan vir ‘n eerste sege in vanjaar se reeks.

Die spanne: 

Ben Vorster t. Montana om 12:30 in Tzaneen

Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Zane Trollip, 13 Gehan Hendricks, 12 Stiaan du Rand, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Joshua van Eeden, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Amaris Nortjé, 5 Chifu Banda, 4 Lourens Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Keagan van der Merwe, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Ashton Vorster, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

Hoërskool Secunda t. Hoërskool Lichtenburg om 13:20 in Secunda

Secunda: 15 Dillon Grundlingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Reinhardt Fourie, 1 Nathan Erasmus

Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Darius Lombard, 4 Realeboga Ramatshoele, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Hugenote van Springs om 13:30 in Polokwane

Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee, 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

Hoërskool Piet Retief t. Die Anker om 12:20 in Piet Retief: 

Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles Van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Abongwe Maduna, 4 Harold Gevers, 3 Sfundo Mayisa, 2 Mario de Oliviera, 1 Waynne Mitchell.

Die Anker: 15 Ethan Minnie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Jaydon Steenkamp, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.