Brandwag sluit Oakdale Rugbyweek onoorwonne af
Die Brandwag van Uitenhage het met ‘n sege van 36-18 oor die Hoërskool Lichtenburg op die laaste dag van die Klein Karoo Saadproduksie Rugbyweek net buite Riversdal daarin geslaag om die week onoorwonne af te sluit.
Die span se haastige vleuel Jamaine Dampies, was met ‘n driekuns aan drieë aan die voorpunt van sy span se oorwinning in die hoofwedstryd van Oakdale Landbou se jaarlikse rugbyweek. Dampies het daarmee die week met ses drieë in sy drie wedstryde afgesluit.
Lichtenburg se agtsteman, Zandro Coetzee, het ook vir homself ‘n naam op toer gemaak. Coetzee het ook ‘n draai agter die doellyn in die hoofwedstryd gemaak. Dit was sy tiende drie van die seisoen.
Merensky van Tzaneen het ook daarin geslaag om met ‘n onoorwonne rekord vanaf Riversdal huiswaarts te keer. Die span van Tzaneen het vir Brackenfell met 22-10 op die laaste dag verslaan.
Dié sege was die mees indrukwekkendste op die week vir Merensky na hy reeds vir Augsburg Gimnasium (29-20) en Overberg van Caldenon (34-5) kaf gedraf het.
Die grootste verrassing en ‘n duidelike boodskap aan die ander skole in Noordwes was deur die Hoërskool Vryburg wat vir Potchefstroom Gimnasium met 32-14 gekarnuffel het. Vryburg het met dié sege op die laaste dag ook daarin geslaag om die week onoorwonne af te sluit.
Vryburg het op die eerste twee dae vir onderskeidelik die Hoërskool Oudtshoorn (47-5) en Parel Vallei (32-14) slae uitgedeel.
Die Hoërskool Rustenburg het ook daarin geslaag om sy week op ‘n hoogtepunt af te sluit. Die Rusties het danksy ‘n driekuns aan drieë deur die flank Jaydin de Fortier daarin geslaag om die Hoërskool Strand met 29-26 te troef.
Puntemakers:
Die Brandwag (Uitenhage) 36 (12) – Drieë: Jamaine Dampies (3), Owen Maya, Johan Smalberger, Reuben Thuynsma. Doelskoppe: Smalberger (3). Lichtenburg 18 (6) – Drieë: Zandro Coetzee, Luan du Plessis. Doelskop: Erich Snyman. Strafdoele: Snyman (2).
Hoërskool Rustenburg 29 – Drieë: Jaydin de Fortier (3), Hugo van Niekerk, Zander Steenkamp. Doelskoppe: Adriaan Liebenberg (2). Hoërskool Strand 26 – Drieë: Gino Cupido (2), Jaydon Cookson (2). Doelskoppe: Jaden Bester (3).
Merensky 22 (15) – Drieë: Johan van den Heever, Philip Ludick, Henro Delport. Doelskoppe: Niël van Vuuren (2). Strafdoel: Van Vuuren. Brackenfell 10 (10) – Drie: Juan-Lee Carolus. Doelskop: Sebastian Hahn. Strafdoel: Bronstin Agulhas.
Diamantveld 34 (17) – Drieë: Vice Hofmeyr (2), Marco Matthewson, JP Vorster, Ruan Watts. Doelskoppe: Wynand Botha (3). Strafdoel: Botha. Pearson 12 (0) – Drieë: Callie van der Spuy, Okuhle Nkengana. Doelskoppe: Casper Fouché.
Landboudal 14 (0) – Drieë: Vuyani Moore (2). Doelskoppe: Franz Homsek, Moore. Hermanus 8 (0) – Drie: Malcolm Theunissen. Strafdoel: Robert Nutt.
Overberg 30 (22) – Drieë: Slad Jacobs (2), Ronan van Wyk, Urlin Benjamin. Doelskoppe: Clive Swarts (2). Strafdoele: Swarts (2). Hoërskool Alberton 10 (5) – Drieë: Marco van Staden, Jeandré Theron.
Hoërskool Vryburg 32 (8) – Drieë: HJ Kruger (2), Kraynu Kruger, Marnus Bosch, Johannes Haasbroek. Doelskoppe: Kruger (2). Strafdoel: Kruger. Potchefstroom Gimnasium 14 (7) – Drieë: Bernard Kock, Jacus Rousseau. Doelskoppe: Kea Nduweni.
Hoërskool Upington 26 (12) – Drieë: PA Karsten (2), Shaldon Cloete, Phenyo Masegela. Doelskoppe: Cloete (2), Ruwan Isaks. Kempton Park 26 (5) – Drieë: Bruce Roets, Milano Hattingh, Sarel Erasmus, Lavelle Clark-Halkett. Doelskoppe: Henco Potgieter (2), Dwayne Pretorius.
Zwartkop 24 (12) – Drieë: SJ Bezuidenhout (3), Shelton Ferreira. Doelskoppe: Henlu Roos, Juanré Venter. Parel Vallei 17 (17) – Drieë: Khaya Gushu, Jayden Daniels. Doelskoppe: Blane Marais (2). Strafdoel: Marais.
Montagu 17 (17) – Drieë: Anwill Khana, Ronaldo Koker. Doelskoppe: Beon Hartnick (2). Strafdoel: Hartnick. Graaff-Reinet Volkskool 26 (15).
Hugenote (Wellington) 38 (21) – Drieë: Ethan Vorster (2), Storm Atkins (2), Vin-Heath Andrews, Wayde Julies. Doelskoppe: Vorster (4). Langenhoven Gimnasium 14 (7) – Drieë: William Ferguson, Thean Griebenouw. Doelskoppe: Dawid Smuts (2).
Oosterlig 42 (21) – Drieë: Leon Orsmond, Wian Opperman, Boeta Nieuwenhuis, Mariques Pretorius, Ryan de Sousa, Damian Damoney. Doelskoppe: Cayden Serfontein (6). Hoërskool Oudtshoorn 7 (7) – Drie: Liam Gertse. Doelskop: Kaleb Olieslager.
Swartland 10 (10) – Drie: Hunter Grobler. Doelskop: Romeal Swartz. Strafdoel: Swartz. Sentraal 7 (0) – Drie: Sarel Taljaard. Doelskop: Valken Goosen.
Augsburg Gimnasium 19 (5) – Drieë: Sundro de Jongh, Grachiël Jonkers, Jean Swart. Doelskoppe: Swart (2). Ellisras 12 (12) – Drieë: RC Beetge, Reinhardt Pretorius. Doelskop: Gerdro Grobler.
Vredendal 33 (14) – Drieë: Dermonté Marero (2), Vincent Cloete, Carl-Jon Opperman, Lampies Cornellisen. Doelskoppe: Jo-Haden Abrahams (4). Bredasdorp 20 (10) – Drieë: Dilalio de Koker, Ethan Roman. Doelskoppe: Roman (2). Stradoele: Brian Vermeulen, Roman.
Oos-Moot 45 (26) – Drieë: Regardt Jordaan (2), Xander Hugo, Jacques Benadie, Duvan du Plessis, Carlo Janse van Rensburg, Waldo Smith. Doelskoppe: Janse van Rensburg (5). Robertson 28 (7) – Drieë: Jumaine Eyssen, Ryan Fortuin, Luke Muller, Luke Davids. Doelskoppe: Eyssen (3), Bernardo Diedericks.
Jeugland 10 (7) – Drie: Reinhard Schaffner. Doelskop: Marnu Maritz. Strafdoel: Sebastian Sekoto. Westering 9 (3) – Strafdoele: Calin Young (3).
[powr-comments id=”ad5e669d_1648709319793″]




