SuperSport Schools Plus

Brandfort net-net baas in Bloem

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-05-06 Tags: , , , ,

FOTO: Ri-Marie van Heerden

Die manne van SPS Brandfort is Saterdag in Bloemfontein beloon vir hul harde werk met ‘n puik sege van 19-15 oor President Steyn.

Dit het ‘n titaniese stryd afgegee, tussen twee trotse spanne, wat in goeie sportmanskap afgehandel is.

Die Steyners se Tiaan Saayman het die eerste slag geslaan toe hy die besoekers se verdeging oopgekloof het vir die eerste drie van die wedstryd, maar Brandfort het kort voor halftyd twee keer gedruk om die voortou te neem, en voor te bly tot die einde.

Hierdie Brandfort-span beleef ‘n skitterende seisoen, en die seuns van Winnie Mandela het die afgelope naweek weer hul talent duidelik tentoongestel.

Kaptein, Franco de Klerk, het sy span uitstekend gelei, terwyl die twee flanke, Pieter Bezuidenhout en Cecil Lee, die veld volgespeel het in die klipharde stryd. Haker, Xander van Heerden, het ‘n tweekuns behaal, met die ratse Altus Coetzee (skrumskakel) wat die derde drie gedruk het.

Die tuisspan se tweede drie het gekom na nóg ‘n indrukwekkende skrum deur hul groot pak voorspelers. Marco Fourie, Roedolf Erasmus en Divan Bekker het hul stempel deeglik afgedruk in die tweede helfte om ‘n paar skrumstrafskoppe af te dwing. Daardie soliede platform het buitesenter, Juanrich Swanepoel, in staat gestel om met ‘n skitterende agter-die-rug aangee vir Antonio Louw weg te stuur vir die drie.

SPS Brandfort is Dinsdag weer in aksie teen die sterk span van Landbouskool Hendrik Potgieter.

Die Reddersburg-seuns het Saterdag vir Zastron met 41-19 pak gegee. Senters, Boitshepo Nthipe en JW Morlock, asook vleuel, Tumi Pholoane, het elkeen vir die derde agtereenvolgende wedstryd daarin geslaag om die doellyn oor te steek.

Intussen het St. Andrews School vir die derde naweek in ‘n ry meer as 50 punte aangeteken, met ‘n wegholsege van 54-0 oor Bloemfontein-Suid. Saints se stewige voorryman, Kamo Leshupi, het ‘n driekuns behaal en lyk oorgehaal vir volgende Saterdag se groot kragmeting met St John’s College in Johannesburg.

Puntemakers:

SPS Brandfort 19 (12) – Xander van Heerden (2), Altus Coetzee. Doelskoppe: Franco de Klerk (2). President Steyn 15 (7) – Drieë: Tiaan Saayman, Antonio Louw. Doelskop: Louw. Strafdoel: Louw.

Landbouskool Hendrik Potgieter 41 (21) – Drieë: Boitshepo Nthipe, Waylon Strydom, Unathi Ngeyakhe, Tumi Pholoane, JW Mortlock. Doelskoppe: Stirling Batties (4), Ensley van Wyk. Strafdoele: Batties, Boitshepo Nthipe. Zastron 19 (7).

St. Andrew’s School 54 – Drieë: Kamo Leshupi (3), Dakola Leketa, Naude Botha, Jiovano Alexander, Lucien Hugo, David Grivas. Doelskoppe: Botha (7). Bloemfontein-Suid 0.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.