Bothaville bederf Steyners se partytjie
President Steyn het sy rieme in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Bainsvlei net buite Bloemfontein teen Bothaville met 20-39 styfgeloop.
Die Steyners se verdediging het hom so ietwat in die steek met tye gelaat. Dit was ’n fisieke stryd waarin Bothaville se agterspelers die nekslag toegedien het.
Bothaville was deurgans in beheer, maar kon slegs ’n skrale voorsprong van 17-15 met die omdraaislag geniet.
Die wenspan se flank Stefan Bester is vir sy goeie spel in die kragmeting met twee drieë beloon. Terwyl die vleuel Morné Dodds en skrumskakel, Willem van der Merwe, ook ’n klop op die skouer vir hul vertonings verdien.
St. Andrew sal die Vrystaatse B-liga bo-aan die puntelys afsluit na hy Brandfort met 27-24 op die sportdag geklop het. Brandfort sal wel voel dat hulle dalk in ’n eindstryd vir Saints kan verras na die vertoning.
Die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het vir Riebeeckstad met 55-5 die loef afgesteek. Sand du Plessis het ook nie veel probleme ondervind om Zastron met 48-13 kaf te draf nie.
Dit was veral die kantman Timothy Jones wat sake vir Zastron by die afbreekpunte moeilik gemaak het. Die Maroentruie se skrumskakel, Nicky Hattingh, het ook gereeld met sy lopies ver ente veld gewen.
Jim Fouché het goeie rugby opgedis om Landboudal van Jacobsdal met 34-3 te verslaan.
Sentraal het amper daarin geslaag om Duineveld op sy tuisveld in Upington uit te oorlê vir ’n roemryke sege. Die
Velties het egter kalm gebly om ’n naelskraapse sege van 32-31 te behaal.
Tralies het teen rustyd met 14-12 voorgeloop. Dit was veral die span van die Rosestad se slot Bubbles van der Walt en senter Dirk Cilliers wat dorings in die tuisspan se vlees was.
Vir Duineveld was sy vaskopstut, Stefan Hanekom, vleuel Sebastiaan Jobb en slot Jovan Oosthuizen uitstekend.
Fichardtpark het op sy tuisveld in die Rosestad vir Diamantveld behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Diamonds het uiteindelik met 36-28 geseëvier. Fichies was met lemoentyd met 20-17 in die saal.
Diamonds se senter De-an Ackerman asook die slot Bernard Jansen was uitstekend. Vir Fichies het die stut Wandré Nortjé, agtsteman Tristan Roberts en die senters Charles Vorster en Ettienne Broodryk uitstaande.
Tydens die 90ste interskole tussen die Hoërskool Kalahari van Kuruman en Vryburg het laasgenoemde met 22-17 die septer geswaai.
Puntemakers:
Bothaville 37 (17): Drieë: Stefan Bester (2), Morné Dodds, Carlo Kleynhans, Hloni Manama, Justin van der Schyff. Doelskop: Kleynhans. President Steyn 20 (15): Drieë: Johnny Khomisi (2), Marco Smith. Doelskop: Gailin Neels. Strafdoel: Neels.
Jim Fouché 34: Landboudal 3: Strafdoel: Tiaan van Wyk.
Sand du Plessis 48: Drieë: Nicky Hattingh (2), JG Oberholzer, Arthur Watkins, Waldrick le Roux, Rudolph Coetzee, Strafdrie. Doelskoppe: William Bloem (5). Strafdoel: Bloem. Zastron 13.
Brandfort 24: Drieë: Kyle Wait (2), Christiaan Botha, Johan Muller. Doelskoppe: Francois Fourie (2). St. Andrew 27.
Diamantveld 36 (17): Drieë: Charles Williams (2), Lambert Cronjé, Glen Nieuwoudt, Timothy Harding, De-An Ackerman. Doelskoppe: Ackerman (2), Williams. Fichardtpark 28 (20): Drieë: Adriaan Delie, Charles Vorster, Ian Mollentze. Doelskoppe: Jevan Botes (2). Strafdoele: Botes (3).
Sentraal 31 (14): Drieë: Ruan van der Walt (2), Gerhard Roodt, GW Bierman. Doelskoppe: Jacques Mulder (2), Jano Earle. Strafdoel: Mulder. Duineveld 32 (12).
Vryburg 22 (15): Drieë: Kobus Vermaak, Lozano McCarthy, Francois Pelser. Doelskoppe: André Kock (2). Skepdoel: Kock. Kalahari 17 (10): Drieë: Pierre van der Walt, Nico Erasmus, Shaun Grobler. Doelskop: Johnny Hollenbach.
Bothaville 37 (17): Drieë: Stefan Bester (2), Morné Dodds, Carlo Kleynhans, Hloni Manama, Justin van der Schyff. Doelskop: Kleynhans. President Steyn 20 (15): Drieë: Johnny Khomisi (2), Marco Smith. Doelskop: Gailin Neels. Strafdoel: Neels.
Jim Fouché 34: Landboudal 3: Strafdoel: Tiaan van Wyk.
Sand du Plessis 48: Drieë: Nicky Hattingh (2), JG Oberholzer, Arthur Watkins, Waldrick le Roux, Rudolph Coetzee, Strafdrie. Doelskoppe: William Bloem (5). Strafdoel: Bloem. Zastron 13.
Brandfort 24: Drieë: Kyle Wait (2), Christiaan Botha, Johan Muller. Doelskoppe: Francois Fourie (2). St. Andrew 27.




