Boland Landbou draf EG Jansen gemaklik kaf
Paarl Gimnasium het die bordjies behoorlik teen Garsfontein op die eerste dag van die Barloworld Menlyn Noord/Suid-toernooi op Waterkloof se hoofveld in Pretoria verhang. Gimmies het die kragmeting oortuigend met 46-17 gewen. Garsies het verlede jaar se stryd tussen die twee spanne met 15-13 verslaan.
Garsfontein moes vir ‘n groot gedeelte van die wedstryd met slegs 14-man klaarkom na sy agtsteman, Gustav Meyer, na vuilspel met ‘n rooikaart van die veld gejaag is. Die wedstryd was met die telling op 5-3 voor Meyer se rooikoort nog op ‘m mespunt gebalanseer.
Garsies se buitesenter, Diego Appollis, het ‘n hele paar keer bresse in Gimmies se verdediging geslaan. Gimmies se kaptein en heelagter, Muller du Plessis, het elke keer wat hy aan die bal gevat het gevaarlik gelyk. Paarl Gim se agtsteman, Henco Martins, het ‘n uitstekende wedstryd beleef. Hy het ‘n driekuns aan driee behaal en deurgans vir Garsies probleme besorg.
Boland Landbou het met sy heelagter, Duren Hoffman, het vir EG Jansen van Boksburg ‘n behoorlike rugbyles met 65-21 geleer. Hoffman het 20 punte tot sy span se oorwinning bygedra. Hy het ses van sy span se tien driee verdoel na hy met sy eerste vier pogings misluk het. Hy het self ook ‘n draai agter die doellyn gemaak en met ‘n strafdoel geslaag.
Die linkervleuel, JG Basson, het ‘n driekuns aan driee behaal. Boland Landbou se agterhoede met veral Hoffman, Basson, die senter Durin Nasson en losskakel, Darren Hendricks, het heeltemal te veel vrae aan die Jansies se verdediging gevra. Dit het die verloorspan ook nie gehelp dat sy flank Ruaan Kruger met nog 28 minute se speeltyd oor in die wedstryd weens ontoelaatbare spel met ‘n rooikaart van die veld gejaag is nie.
Die vleuel Sheldon Rivabella is boonop ook laat in die wedstryd vor ‘n laat duikslag koelkas toe gestuur. Jansies het egter meeste van hulle punte met die twee manne van die veld af aangeteken. Daar moet ook vermeld word dat EG Jansen sonder twee van sy staatmakers, Ruben Beytell (losskakel) en Franco van Eeden (heelagter), klaarkom.
Puntemakers:
Paarl Gimnasium 46 (10) – Driee: Henco Martins (3), Muller du Plessis (2), Chris Rossouw, Ryno Beukes, Hanro Geldenhuys. Doelskoppe: Daniel Beukes (3). Garsfontein 17 (3) – Driee: Carl du Plessis, Juandre Buitedag. Doelskoppe: Keagan Johannes, Wesley Thompson. Strafdoel: Barry Schoombee.
Boland Landbou 65 (27) – Driee: JG Basson (3), Durin Nasson (2), Franco Venter, Darren Hendricks, Luther McKay, Duren Hoffman, Martin Rossouw. Doelskoppe: Hoffman (6). Strafdoel: Hoffman. EG Jansen 21 (0) – Driee: Lesley October, Keenen Oelofse, Wesley Noeth. Doelskoppe: Dylan Schwartz (3).