SuperSport Schools Plus

Bepalings vir die 2024 Oakdale o.19 Rugbyweek bekend


Die Oakdale Klein Karoo Saadproduksie Rugbyweek is al vir bykans ‘n halwe eeu die wegspringplek van die o.19-rugbyseisoen.

In 2024 gaan 32 eerstespanne van regoor die land weer bymekaarkom op die plaas net buite Riversdal tussen 20 en 25 Maart om kragte te meet voordat hul onderskeie ligas begin.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou

Die jaarlikse byeenkoms is een van die oudste en grootste hoërskole-rugbytoernooie in die land en trek spanne van wyd en suid om mee te ding.

Die nuwe spanne by volgende jaar se geleentheid is Charlie Hofmeyr van Ceres, wie sal wil bou op die skitterende 2023 seisoen wat sy jong span beleef het, asook Hoërskool Pietersburg en Wagpos, al die pad uit die Noordwes.

Zwartkop is ook terug nadat hulle verlede jaar nie in aksie was nie.

Die gasheer word verteenwoordig deur ‘n 15-tal terwyl die Oakdale Bulle deelneem by die Noord/Suid-toernooi in Pretoria wat ook gedurende daardie week plaasvind. Die uitnodigingspan speel in die laaste wedstryd van die eerste dag teen Bredasdorp.

Van die ander interessante bepalings op die eerste dag is die nuwelinge uit Ceres wat vir Die Anker uit Brakpan aandurf en Wellington se Hoërskool Hugenote teen die 2023 Noord-Kaap kampioene, Hoërskool Upington.

Die twee spanne wat in die SDC Noordvaal Skild afdeling deelneem, Kemptonpark en Hoërskool Middelburg, se wedstryde teen hul Weskaapse mededingers, Brackenfell en Strand, kan ook vroeë hoogtepunte oplewer.

Die volgende dae se wedstryde sal bepaal word deur die eerste dag se uitslae, met die wenspanne wat mekaar aanpak. So terwyl die saamtrek ‘n geleentheid is vir die afrigters om kombinasies uit te toets en vir spelers om roes af te skud, is elke wedstryd van belang en kan daar van die eerste dag al vuurwerke verwag word.

Bepalings:

DE EIKE-VELD

08:45 – Montagu t. Hoër Volkskool Graaff-Reinet; 09:55 – Charlie Hofmeyr t. Die Anker; 11:05 – Langenhoven Gimnasium t. Wagpos; 12:15 – Brackenfell t. Kemptonpark; 14:00 – Hugenote t. Hoërskool Upington; 15:10 – Pearson t. Zwartkop; 16:20 – Hoërskool Strand t. Hoërskool Middelburg; 18:00 – Die Brandwag (Uitenhage) t. Hoërskool Pietersburg; 19:10 – Oakdale XV t. Bredasdorp.

POPULIERSBOS-VELD

08:45 – Overberg t. Augsburg Gimnasium; 09:55 – Parel Vallei t. Oosterlig; 11:05 – Labori t. Westering; 12:15 – Hermanus t. Merensky; 14:00 – Robertson t. Vryburg; 15:00 – Sentraal t. Potchefstroom Gimnasium; 16:20 – Swartland t. Lichtenburg.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.