SuperSport Schools Plus

Affies sit oorheersing voort teen Oranje

By Charne van der Merwe , in Netball | News , at 2024-05-19 Tags: ,

Die Afrikaanse Meisieskool Pretoria (Affies) het hul oorheersing teen Meisieskool Oranje die afgelope naweek voortgesit om met 29-20 hul vyfde oorwinning, sedert 2019, oor die span van Bloemfontein te behaal.

Die twee spanne het kragte gemeet in die interskole-toernooi wat Vrydag by Affies se bane in Pretoria plaasgevind het.

Na die eerste kwart het Affies aan slegs ‘n skrale voorsprong van 8-7 vasgeklou, maar teen halftyd kon hulle die gaping met vyf doele vergroot na 17-12.

Gedurende die derde kwart het Affies hul voorsprong verder verstewig met agt doele, in vergeleke met Oranje se drie, wat die telling op 25-15 te staan gebring het.

Ondanks Oranje se pogings in die laaste kwart om die bordjies te verhang, het Affies se hulpverdediger, Amia Roux, en aanvallende vleuel, Anouk Jansen van Rensburg, besonder goeie werk verrig, talle balle onderskep en beheer oor die wedstryd behou. In hierdie beslissende kwart het Affies nege doele aangeteken teenoor Oranje se vyf, om uiteindelik met 29-20 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

Affies het indrukwekkend vertoon regdeur die interskole-toernooi, en het 23 wedstryde gewen, slegs twee verloor en een gelykop gespeel.

Van die laaste ses kragmetings tussen dié twee skole het Affies in vier as oorwinnaars uit die stryd getree.

Benewens die onlangse Wildeklawer-eindstryd in Kimberley, het Affies nóg ‘n oorwinning oor Oranje tydens  daardie  betrokke byeenkoms behaal met ‘n telling van 32-32. Hul sukses strek veel verder, insluitende oorwinnings in die 2019 Interskole in Bloemfontein (34-19) en verlede jaar se Wildeklawer-toernooi (22-21).

Oranje het nietemin tydens die Interskole van 2022 en 2023 die bordjies verhang om in Bloemfontein en Pretoria te seëvier met tellings van onderskeidelik 33-27 en 31-26.

 Uitslae van die derby:

o.14A 24-20 AHMP

o.14B 25-18 AHMP

o.14C 18-15 OMS

o.14D 23-11AHMP

o.14E 21-9 AHMP

o.14F 20-8 AHMP

o.14G 20-2 AHMP

o.14Η 22-4 AHMP

o.15A 17-16 OMS

o.15B 29-14 AHMP

o.16E 36-5 AHMP

o.16F 14-11 AHMP

o.17A 21-16 AHMP

o.17B 34-9 AHMP

o.18A 29-20 AHMP

o.18B 39-12 AHMP

o.15C 32-17 AHMP

o.15D 32-12 AHMP

o.15E 19-16 AHMP

o.15F 13-9 AHMP

o.16A 15-11AHMP

o.16B 23-19 AHMP

o.16C 19-9 AHMP

o.16D 29-12 AHMP

o.16E 36-5 AHMP

o.16F 14-11 AHMP

o.17A 21-16 AHMP

o.17B 34-9 AHMP

o.18A 29-20 AHMP

o.18B 39-12 AHMP

o.18C 27-9 AHMP

o.18D 16-16

error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.