SuperSport Schools Plus

Affies behou titel as Gauteng-kampioen, Rand Park verras en bespreek plek in nasionale eindronde

By Shane Labuschagne , in Featured | Main Netball | Featured Netball | News , at 2025-06-17 Tags: , , , ,

Old School
Affies Meisies en Parkies in aksie FOTO: Marius Esterhuizen

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool het sy titel as kampioen van die DStv Schools Challenge in Gauteng behou. Die span van Pretoria het vir Menlopark in die eindstryd van die toernooi met 24-19 verslaan.

Kyk weer na al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

Affies se kaptein, Kristi Koekemoer, asook Arette Burger, het deurgans uitstaande spel vir die kampioene gelewer.

Die eerste twee kwarte teen Parkies was ‘n titaniese stryd met Affies wat na die eerste kwart ‘n voorsprong van 6-5 geniet het. Die span het sy voorsprong van 12-10 teen halftyd gerek.

Vir die Parkies het Minette Boshoff, Mila Stander en Lisa van Vuuren blink vertonings in die eindstryd opgedis.

Affies het hul plek in die eindstryd met ‘n sege van 30-13 in die halfeindronde oor Rand Park High bespreek. Rand Park was die verrassing van die toernooi.

Die span van Johannesburg het met sy vierdie plek vir homself ‘n plek in die nasionale eindronde van die DStv Schools Challenge bespreek. Menlopark het tot die eindstryd danksy ‘n sege van 22-17 oor Noordheuwel deurgedring. Die Nories sal ook later vanjaar aan die nasionale toernooi deelneem.

Rand Park het beslis die verrassing van die dag gelewer met hul aanhoudende vasbyt en slim spel — ‘n besonderse hoogtepunt was sy 21-20 sege oor Montana, en sy wen oor Monument wat vir hulle ‘n plek in die halfeindstryd teen die magtige Affies besorg het.

Al het hulle nie deurgedring na die eindstryd nie, het hulle met hul vierde plek bewys dat hulle onder die voorste spanne in Gauteng tel.

Helpmekaar Kollege van Johannesburg het met ‘n vyfde plek net uitgemis om tot die volgende ronde deur te dring. Die span van die Goudstad se nederlaag teen Menlopark (19-21) in die kwarteindronde het teen ‘n duur prys gekom.

Vir Hoërskool Garsfontein sal sy afrigter, Carin Strauss, voel dat dit ‘n geval was van so naby maar tog so ver. Die Garsies moes op die ou einde met die sewende posisie tevrede wees, maar het twee van hul belangrike uitspeelwedstryde met net ‘n enkele doel verloor.

Hulle het teen Rand Park High in die kwarteindronde met 28-29 die knie gebuig en daarna ook teen Oos-Moot in ‘n belangrike uitspeelwedstryd met 23-24 verloor.

In die Ubuntu-been van die kompetisie het Tswelopele met die titel as Gauteng-kampioen weggestap. Tswelopele het vir Diepdale met 28-26 in ‘n spannende eindstryd verslaan. Drie spanne van dié been sal later vanjaar aan die nasionale eindronde deelneem.

Daar het geen twyfel bestaan wie die derde beste span in die been was na Kgetsiyatsie vir Ennerdale met 36-4 die loef in die uitspeelwedstryd vir die posisie afgesteek het nie.

Finale Ranglys — DStv Schools Challenge: 

  1. Affies; 2. Menlopark; 3. Noordheuwel; 4. Rand Park High; 5. Helpmekaar; 6. Oos-Moot; 7. Garsfontein; 8. Redhill; 9. Monument; 10. Montana; 11. St Mary’s Waverley; 12. Transvalia; 13. Kempton Park; 14. Florida; 15. Edenvale; 16. Hoërskool Randburg; 17. Marais Viljoen; 18. Dinamika; 19. Heidelberg Volkskool.

Die 2025-weergawe van die DStv Schools Challenge het weereens bevestig: Gauteng se netbal is nie net ‘n spel nie — dit is ‘n vertoonvenster van talent, deursettingsvermoë en ongekende passie. Die voorste spanne het hul plekke verdien, dit gaan interessant wees om te sien wie top gaan eindig by die SA’s.

Al die uitslae: 

Groep A: Montana 48, Shoshunguve 3; Rand Park 25, Marais Viljoen 21; Rand Park 21, Montana 20; Marais Viljoen 56, Shoshunguve 0; Rand Park 43, Shoshunguve 3; Montana 26, Marais Viljoen 19.

Groep B: Menlopark 20, Monument 18; Dinamika 28, Kgetsiyatsie 10; Menlopark 27, Dinamika 19; Monument 44, Kgetsiyatsie 5; Monument 27, Dinamika 15; Menlopark 55, Kgetsiyatsie 7.

Groep C: Garsfontein 37, Diepdale 14; Garsfontein 31, Randburg 18; Randburg 31, Diepdale 20.

Groep D: Helpmekaar 43, Phahama 1; Helpmekaar 38, Edenvale 18;  Edenval 30, Phahama 7.

Groep E: Affies 20, St Mary’s Waverley 9; Affies 53, Khutlo-Taro 1; St Mary’s Waverley 30, Khutlo-Taro 4.

Groep F: Transvalia 40, Tswelopele 11; Noordheuwel 53, Tswelopele 3; Noordheuwel 28, Transvalia 18.

Groep G: Florida 48, Ennerdale 3; Kempton Park 21, Florida 15; Kempton Park 56, Ennerdale 2.

Groep H: Heidelberg Volkskool 21, Oos-Moot 16; Oos-Moot 26, Redhill 25; Redhill 24, Heidelberg Volkskool 12.

UITSPEELWEDSTRYDE 

Botho: Rand Park 24, Monument 17; Menlopark 30, Randburg 14; Garsfontein 33, Edenvale 26; Helpmekaar 28, St Mary’s Waverley 7; Affies 33, Transvalia 12; Noordheuwel 32, Florida 10; Oos-Moot 23, Kempton Park 12; Redhill 28, Montana 28; Marais Viljoen 25, Dinamika 19; Edenval 25, Monument 21; St Mary’s Waverley 20, Randburg 13; Transvalia 23, Kempton Park v18; Montana 23, Florida 14; Marais Viljoen 22, Heidelberg Volkskool 17; Monument 27, Transvalia 23; Montana 28, St Mary’s Waverley 19; Kempton Park 33, Edenvale 19; Florida 17, Randburg 13; Dinamika 21, Heidelberg Volkskool 20.

Ubuntu: Shoshunguve 12, Ratanda 10.

KWARTEINDSTRYDE 

Botho: Affies 28, Oos-Moot 12; Rand Park 29, Garsfontein 28; Menlopark 21, Helpmekaar 19; Noordheuwel 22, Redhill 20.

Ubuntu: Diepdale 23, Phahama 17; Tswelopele 40, Ratanda 1; Kgetsiyatsie 26, Shoshunguve 4.

HALFEINDSTRYDE 

Botho: Menlopark 22, Noordheuwel 17; Affies 30, Rand Park 13.

Ubuntu: Tswelopele 34, Kgetsiyatsie 17; Diepdale , Ennerdale .

UITSPEELWEDSTRYDE 

Botho – 3/4: Noordheuwel 20, Rand Park 17; 5/6: Helpmekaar 26, Oos-Moot 15; 7/8: Garsfontein 28, Redhill 21; 9/10: Monument 19, Montana 13; 11/12: St Mary’s Waverley 23, Transvalia 17; 13/14: Kempton Park 17, Florida 9; 15/16: Edenvale 28, Randburg 21.

Ubuntu – 3/4: Kgetsiyatsie 36, Ennerdale 4; 5/6: Phahama 19, Ratanda 7.

EINDSTRYDE 

Botho: Affies 24, Menlopark 19.

Ubuntu: Tswelopele 28, Diepdale 26.

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.