Kwaggas beklink sege oor Boland Landbou op die Plaas
Die Kwaggas van die Hoërskool Outeniqua het Boland Landbou se partytjie so ietwat bederf tydens laasgenoemde se jaarlikse rugbydag in die Agter-Paarl.
Dit was die eerste keer sedert 2012 dat die twee spanne mekaar ontmoet het. Die Kwaggas was met 18-15 in ‘n klipharde tweestryd baas. Die besoekers het teen rustyd ‘n voorsprong van 11-3 danksy ‘n drie deur die agtsteman, Camden Schoeman, net voor lemoentyd.
‘n Drie deur Boland Landbou se binnesenter, Freddie Dreyer, het sy span weer binne reikafstand gebring, maar ‘n drie deur sy direkte teenstander, Estiaan Cronjé, vyf minute voor die einde was die finale spyker in die doodskis.
Stellenberg het in die voorwedstryd van die rugbydag sy seisoen met ‘n sege van 33-27 oor HTS Drostdy van Worcester afgeskop.
Monument het op sy tuisveld in Krugersdorp sy seisoen op ‘n drafstap met ‘n sege van 45-20 oor Welkom Gimnasium afgeskop. Monnas se Wit Bulle het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 24-6 geniet.
Die wenspan se vleuel Kevin van Wyk asook die buitesenter, Zain Henery, het elk twee keer gaan druk. Henery was een van sy span se sterre ondanks die feit dat hy tien minute in die koelkas in die tweede helfte moes deurbring.
Die voorspelers wat seker gemaak het dat Van Wyk en Henery kon baljaar was die haker, Jan Botes, en agtsteman, Dylan Viljoen.
Voortrekker van Bethlehem het sy spiere vroeg gebult deur Durban High School met 36-22 af te stof. Die Trekkers het rustyd ‘n agterstand van 19-22 gehad, maar in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel.
Die tuisveldvoordeel het sonder twyfel in die Trekkers se guns in die tweede helfte getel. Die span van Durban se agtsteman, Siseko Mani, asook die flank Dale Hendrikse is spelers om dop te hou.
Goudveld-Hoërskool het met ‘n sege van 17-12 in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Welkom oor Fichardtpark gewys dat hy vanjaar ‘n aanspraakmaker op die titel Wesgrow-reeks is.
Die kragmeting was ook albei spanne se eerste kragmeting in vanjaar se reeks.
In die NWU 16-reeks is Piet Retief een van die vroeë gunsteling nah y met ‘n sege van 52-25 vir Ferrum van Newcastle geklop het om die groepwedstryde onoorwonne af te sluit.
Pretoria-Noord het self met ‘n klinkende sege van 33-0 oor Stoffberg van Brakpan sy onoorwonne status behou.
Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag op Page-park vir Bultfontein met 14-10 getroef.
Die wenspan se agtsteman en kaptein, Dehan Muller, was uitstaande.
In Kimberley het die Afrikaanse Hoër Seunskool sy onoorwonne status teen Diamantveld behou deur met 40-3 as oorwinnaars van die veld te stap.
FOTO: Marius Nortjé
AL DIE UITSLAE:
NOORDVAAL
Monument 45, Welkom Gimnasium 20; Affies 40, Diamantveld 3; Waterkloof 12, Transvalia 3; Helpmekaar 24, Michaelhouse 20; Kempton Park 26, Hoërskool Klerksdorp 25; Eldoraigne 41, HTS Middelburg 33; Ermelo 35, Curro Nelspruit 19; Ben Viljoen 22, HTS Witbank 10; Frikkie Meyer 19, Brits 0; Louis Trichardt 20, Piet Potgieter 17; Merensky 23, Hoërskool Pietersburg 12; Eric Louw 36, Stanford Lake College 17; HTS Tom Naudé 24, Nylstroom 10; Secunda 43, HTS John Vorster 6; Hans Strijdom 23, Die Wilgers 17; Belvedere 19, Steelcrest 15; Orkney 31, HTS Potchefstroom 23; Curro Heuwelkruin 17, Curro Hazeldean 14.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Voortrekker (Bethlehem) 36, Durban High School 22; Goudveld-Hoërskool 17, Fichardtpark 12; Witteberg 19, Sentraal 19; Noord-Kaap 20, Jim Fouché 16; Louis Botha 21, Hentie Cilliers 11; Brandfort Hoërskool Trio 29, Landboudal 24; President Steyn 22, Wessel Maree 10; Ladybrand 22, Sand du Plessis 20; St. Andrews (Bloemfontein) 26, Union High 23; Grey-kollege VII 17, Marquard 12; Affies II 29, Duineveld 10; Hennenman 14, Ficksburg 12.
NWU PRESTIGE-REEKS
Hoërskool Rustenburg 26, Noordheuwel 20; Die Anker 20, Hoërskool Middelburg 5; Lichtenburg 31, Marais Viljoen 24; Zwartkop 38, Oosterlig 8; Wesvalia 14, Hugenote (Springs) 12; Heidelberg Volkskool 28, Potchefstroom Gimnasium 10; Potchefstroom Volkskool 21, Oos-Moot 14; Montana 47, Jeugland 3.
NWU SPORT-REEKS
Hoërskool Alberton 36, Driehoek 10; Dr. Malan 13, Florida 11; Randburg 36, Standerton 22; Dinamika 31, Hoogenhout 7.
NWU 16-REEKS
Piet Retief 52, Ferrum 25; Pionier 33, Volksrust 7; Pretoria-Noord 33, Stoffberg 0; Wolmaransstad 64, Fochville 24; Bekker 28, Riebeeckrand 19; Vryburg 58, Schoonspruit 0; Oosterland 40, Delmas 22.
OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL
Glenwood 42, Northwood 19; Selborne College 41, Hoërskool Grens 7; St. Andrew’s College 18, Nico Malan 3; Brandwag (Uitenhage) 40, Westering 0; Marlow Landbou 18, Stirling 17; Aliwal-Noord 28, Matatiele 3.
SUPERREEKS
Hoërskool Tuine 38, Bergsig 12; Brandwag (Benoni) 17, Wagpos 15.
WES-KAAP
Outeniqua 18, Boland Landbou 15; Stellenberg 33, HTS Drostdy 27; Charlie Hofmeyr 29, Vredendal 10; Overberg 33, Charlie Hofmeyr 17; Langenhoven Gimnasium 22, Tygerberg 10.
BOLAND LANDBOU OESFEES (geen stelskoppe nie)
Durbanville 20, Hermanus 0; Augsburg Gimnasium 10, Milnerton 5; Brackenfell 5, Hugenote (Wellington) 0.
[powr-comments id=”05391625_1647158482617″]
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30