SuperSport Schools Plus

Parkies se seisoen van glorie

By Shane Labuschagne , in Netball | Featured Netball | News , at 2025-10-06 Tags: ,

Parkies se eerstes gekroon as SA Kampioen.

Die 2025-netbalseisoen is een wat Hoërskool Menlopark se eerste span, wat vanjaar oplaas as SA Kampioen gekroon is, lank sal onthou.

Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat die Parkies op ’n missie was. Boonop het die span oor die vasberadenheid beskik om hul doelwit enduit deur te voer.

Volgens hoofafrigter Manny Ferreira was die span se dryfveer eenvoudig maar doelgerig.

“Ons hoofdoel elke seisoen is om die  SA Kampioenskap te wen, maar ons moes areas vir verbetering identifiseer deur soveel wedstryde as moontlik te speel,” verduidelik hy.

Hierdie ingesteldheid, om deur ervaring sterker te word, het aan die eerste span ’n balans van selfvertroue en nederigheid verleen.

Die uitdaging was groot. Ferreira erken dat dit nie ’n maklike taak was om die span te slyp tot wat hulle in 2025 geword het nie.

“Vanjaar het ek twee spanne met verskillende behoeftes afgerig, en elke speler het verantwoordelikheid vir haar rol aanvaar om die span te help slaag,” vertel hy.

“Dit het tyd geneem – twee totaal verskillende spanne, maar met een wonderlike missie: om die SA’s te wen. Vir die eerste span het dit beteken dat elke speler haar unieke rol moes vervul en opofferings maak vir die groter geheel.”

Menlopark se eerste span het sedert 2021 gereeld die halfeindstryd gehaal, maar die finale stoot na glorie wou nie kom nie.

“Ons het gesukkel om die wenvoordeel te vind – tot nou toe. Ons het belangrike veranderinge aangebring, hoewel ons dit vir eers vertroulik sal hou.”

Dié strategiese skuiwe het die span se aanslag verskerp. Een van die pilare van Menlopark se sukses is die filosofie dat geen individu belangriker is as die span nie.

“Ons maak nie staat op uitstaande spelers nie; spanwerk dryf ons sukses,” sê Ferreira.

“Daar is ’n aantal leiers, maar elke wedstryd het ’n nuwe held na vore gebring. Hierdie benadering het ’n span gevorm waarin elke speler ’n bydrae gelewer en waarin oorwinning ’n gesamentlike triomf geword het.”

Die hoogtepunt van hierdie tog was die eindstryd van die SA’s teen Paarl Gimnasium. Parkies se eerste span het in ‘n naelbytstryd met 21–20 geseëvier, ’n oorwinning wat nie net ’n trofee beteken het nie, maar die vervulling van ’n jarelange droom: die eerste span se naam gegraveer as die beste in Suid-Afrika.

Die seisoen was egter nie sonder sy beproewinge nie. Die Parkies se eerstespan het vyf keer vanjaar die knie gebuig: teen Bloemhof en Paarl Gimnasium by die La Rochelle-toernooi, teen Garsfontein in die liga, teen Affies in die GSS, en teen Helpmekaar in die Irene Seymore-toernooi.

Teen hierdie agtergrond is Parkies se uiteindelike triomf des te meer merkwaardig. Elke nederlaag was ’n leerkurwe wat die weg gebaan het na nasionale glorie.

Menlopark 2025 Uitslae:

Vriendskaplik

Edenvale 43–20

Rustenburg 34–30

NWU-toernooi

Eldoraigne 54–13

Piet Retief 55–15

Halfeindronde: Transvalia 29–15

Eindronde: Oos Moot 29–8

Menlotoernooi

Durbanville 28–20

Oranje 21–13

Diamantveld 29–13

Paarl Girls 31–18

Rand Park 32–12

Monnas 29–21

Bloemhof 26–18

Duineveld 30–12

La Rochelle-toernooi

Dinamika 27–26

Rustenburg 36–28

Transvalia 38–24

Bloemhof 29–30

La Rochelle 30–29

Montana 33–29

Halfeindronde: La Rochelle 33–29

Eindronde: Paarl Gimnasium 33–34

Liga

Zwartkop 33–16

Oos Moot 27–21

Eldoraigne 45–12

Waterkloof 27–21

Garsfontein 34–37

GSS

Monnas 20–18

Kgetsiyatsie 43–7

Randburg 30–14

Kgapamadi 50–5

Noordheuwel 20–17

AHMP 19–24

Irene Seymore-toernooi

Helpmekaar 25–28

Oranje 20–13

Beverly Hills 43–29

Semi: Klerksdorp 54–20

Finaal: Helpmekaar 26–33

SA’s

Kgapamadi 50–15

Duineveld 32–26

Masibonisane 45–6

Leifo Iziko 33–15

Upington 26–17

Halfeindronde: Framesby 30–15

Eindronde: Paarl Gimnasium 21–20

Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.