Paarl Gim se ‘geseënde seisoen’ van seges
Paarl Gimnasium se eerste span het in 2025 ’n “geseënde seisoen” beleef, wat ‘n paar groot hoogtepunte ingesluit het. Aldus afrigter Juline van der Merwe.
“As ek twee besonderse ervaringe mag uitsonder, sal dit die ABSA Wildeklawer-eindstryd wees waar ons as kampioenspan gekroon was, asook die Interskole-oorwinning tuis,” sê Van der Merwe trots.
Bogenoemde seges het nie alleen getuig van Gim se hoë spelpeil nie, maar ook van hul vermoë om onder druk saam te staan en as kampioene uit die stryd te tree. Van der Merwe noem voorts dat die span bevoorreg was om teen topskole mee te ding, en dat sekere derby-geleenthede uitstaan.
“Derby-seges oor spanne soos Affies en Oranje is altyd spesiaal,” meen sy. Oorwinnings teen hierdie tradisionele aartsvyande is veelseggend, aangesien beide skole bekend is vir hul sterk netbalkultuur en uitstekende spanne. Dit plaas Gim se prestasies in perspektief en beklemtoon die hoë vlak waarop hulle meeding.
Wat die span se groei oor die afgelope seisoen betref, voeg Van der Merwe by: “Ons het bepaalde doelwitte aan die begin van die seisoen gestel, en elke dogter het die verwagting en hul verantwoordelikheid verstaan.
“Om vir ’n skool soos Gim se eerste span te verteenwoordig is ’n absolute voorreg, maar ‘n mens dra ook ’n groot verantwoordelikheid. Vanjaar se span was taamlik jonk, dus kon die seisoen enige kant toe gegaan het. Die dogters het egter 100% in die visie en missie van Gim-netbal ingekoop, en het in hierdie kultuur só gegroei dat gemiddeld eenvouidig nie meer aanvaarbaar was nie.”
Dié ingesteldheid het uiteindelik veroorsaak dat die span se ouderdom nie ’n beperking was nie, maar eerder ’n dryfveer om bo hul jare uit te styg. ‘n Aspek wat vir Van der Merwe uitgetroon het, was die span se kondisionering.
“Ons dogters se algemene kondisionering het dramaties verbeter. Ons het rofweg hierdie seisoen 60 wedstryde gespeel, waaruit ons een ernstige besering opgetel het. Dit is die gevolg van ’n uitstekende kondisioneringsprogram, asook puik bestuur van ons dogters.”
Hierdie fiksheidsvlak het nie slegs beserings beperk nie, maar ook verseker dat die span kompeterend kon bly regdeur ’n lang, strawwe seisoen. Van der Merwe het ook lig gewerp op hoe sy elke speler se rol waardeer.
“Ek het vanjaar met 10 dogters in my span gespeel. Van die begin af, tydens ons doelwitstelling, het ons besef dat ons nie bo aan op die ranglys kon eindig deur met slegs sewe te speel nie.
“Elke speler het haar rol en verantwoordelikheid verstaan. Ek het drie o.16-spelers vanjaar gehad wat ál drie my stoutste verwagtinge oortref het. Ek is nietemin ook dankbaar dat hulle kon staatmaak op die ondersteuning van ons seniors spelers.”
Die balans tussen jong talent en ervare seniors het die span nie slegs versterk nie, maar ook die toekomstige sukses van Gim-netbal verseker.
Die span se harde werk, toewyding en samehorigheid blyk duidelik uit hul indrukwekkende uitslae:
Paarl Gimnasium se telling eerste:
Teen Stellenberg 30-20
Teen Collegiate 10-4 (wedstryd gestop agv reën)
Teen Tygerberg 36-11
Teen HMS 23-13
Teen Parel Vallei 31-9
Teen Sentraal 30-10
Teen Nico Malan 16-8
Teen Langenhoven 24-9
Teen Pearson 26-10
Teen Bellville 24-12
Teen Randpark 25-9
Teen Secunda 35-12
Teen Duineveld 38-11
Teen Helpmekaar 22-16
Teen Oranje 20-17
Teen Monument 29-9
Teen Tygerberg 38-24
Teen Waterkloof 48-16
Teen Montana PTA 39-27
Teen Sundowns 50-22
Teen Upington 39-25
Teen Transvalia 38-22
Teen Bloemhof 33-32
Teen Menlopark 34-33
Teen Affies 34-21
Teen La Rochelle 25-29
Teen HMS 23-22
Teen Oranje 27-19
Teen Affies 22-17
Teen Rustenburg 24-13
Teen Shayamoya 36-12
Teen Helpmekaar 18-15
Teen Stellenberg 26-20
Teen Menlopark 27-20
Teen Potch Gim 31-13
Teen HMS 19-18
Teen Charlie Hofmeyr 56-20
Teen Bloemhof 32-22
Teen Parel Vallei 36-10
Teen Worcester Gim 53-7
Teen Tygerberg 33-26
Teen Nomzano 45-19
Teen Weston 64-6
Teen Stellenberg 30-24
Teen Durbanville 30-27
Teen Adelaide 44-2
Teen Ben Vorster 41-18
Teen Tswelepole 40-11
Teen Upington 39-23
Teen Oranje 21-16
Teen Affies 19-17
Teen Rustenburg 22-19
Teen Menlopark 20-21
Teen HMS 24-16
- Parkies se seisoen van glorie - 2025-10-06
- Nasionale erkenning vir Bayisa en Moloise weerspieël Middies se sukses - 2025-09-30
- Top-4 Rusties leef hul droom - 2025-09-29