SuperSport Schools Plus

Allies sal lugtig vir Tiere se byt wees, Brandwag in Midstream se pad na derde eindstryd

By Hannes Nienaber , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-15 Tags: , , , , , ,

PHOTO: Hannes Nienaber

Die SDC Noordvaal Cup se Groep 2 is seker een van die interresantste ligas om te volg.

Daar is gewoontlik nie veel tussen die spanne te kies nie en geen persoon sal vooraf sommer dit waag om sy geld op ‘n kampioen te waag nie.

‘n Goeie voorbeeld daarvan is dat die Blou Bulle se vyfde kwalifiseerder, Hoërskool Overkruin, verlede jaar as kampioen gekroon is. Die Ovies kon nie vanjaar weer tot die uitspeelrondes deurdring nie.

Saterdag sal die tweemalige kampioen, Midstream College, na Benoni reis om teen die Valke se kampioen, Brandwag, sake om ‘n plek in die eindstryd uitspook.

Die span van Benoni is die enigste kampioen van sy onderskeie streek se liga wat nog staande is. Die ander kampioene – Hoogenhout (Pumas), Centurion (Blou Bulle) en Ben Viljoen (Limpopo) is reeds uitgeskakel.

In die ander halfeindstryd sal Hoërskool Alberton gasheer vir Wonderboom van Pretoria speel. Van die vier spanne wat vandag in die halfeindronde in aksie is, is dit slegs Midstream College wat al tot die eindstryd van die afdeling in die reeks kon deurdring.

Midstream College was in 2022 en 2023 as kampioen van Groep 2 gekroon. Die span van Centurion sal sonder twyfel voor ‘n groot toets Saterdag teen Brandwag te staan kom.

Die tweestryd tussen die tuisspan se kaptein en loskopstut, Wian Riekert, en Midstream se vaskopstut, Hanno Brits, behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Albei die voorrymanne hou boonop ook daarvan om die bal onder die arm vas te knyp en hul teenstanders se verdediging op die proef te stel.

Midstream College het verlede week vir Die Wilgers in die kwarteindronde met 45-14 geklop, terwyl Brandwag op ‘n drafstap met 27-5 vir Hartbeespoort verslaan het.

Die Allies het sy plek in die halfeinronde met ‘n oorwinning van 29-24 oor Wagpos van Brits bespreek. Wonderboom sal die tuisspan se flank Luke Joubert moet hokslaan indien hul sukses in die halfeindstryd wil behaal.

Die Wonnies se Tiere het sonder twyfel vanjaar byt. Die span het verlede week in die kwarteindronde die Blou Bulle se kampioen, Hoërskool Centurion, met 20-19 na ‘n titaniese stryd uitgeskakel.

Die Tiere het ook soos Overkruin verlede jaar die uitspeelrondes as die Blou Bulle se vyfde kwalifiseerder betree.

Die spanne is: 

Hoërskool Alberton vs Wonderboom om 11:00 in Alberton: 

Hoërskool Alberton: 15 Mbuso Zuma, 14 Jarron Geldenhuys, 13 Kgosi Matsena, 12 Ewan Muller, 11 Vian Nieuwoudt, 10 Dewald de Jager, 9 Jaydon Mostert, 8 Jay C Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Juan Crous, 5 Regan Botha, 4 Kayce Nel, 3 Jayden Graaff, 2 Reuben van der Westhuizen, 1 Ivan Venter.

Wonderboom: 15 Iwan van Rooyen, 14 Jancu Nel, 13 Carlo Schmahl, 12 Navan Jansen, 11 Christiaan Swanepoel, 10 Kyle dos Santos, 9 Barend Bossert, 8 Ryan Otto (kaptein), 7 Nathan Wilke, 6 Jayden Prinsloo, 5 Nolan Lourens, 4 Darius van Loggerenberg, 3 Branden Freemantle, 2 Dian Dreyer, 1 Ethan Cotton.

Skeidsregter: Danie Jacobz (Pumas)

Brandwag vs Midstream College om 11:00 in Benoni: 

Brandwag (Benoni): 15 Zander Gower, 14 Logan van der Bank, 13 Tristan Fletcher, 12 Dirk Jansen, 11 Jayden van Staden, 10 Johndré Pienaar, 9 Jason Coetzer, 8 Jayden van Rooyen, 7 Wikus Rossouw, 6 Ruben Croukamp, 5 Jaden Diedericks, 4 Aaron Janse van Rensburg, 3 Divan Fourie, 2 Damian Minnaar, 1 Wian Riekert (kaptein).

Midstream College: 15 Ryan Strauss, 14 Jean Holtzhausen, 13 Yanko Cronjé, 12 Paul Loubser, 11 Estiaan Scheepers, 10 Dian de Villiers, 9 Tommy Pretorius, 8 Louis Verhoef (kaptein), 7 Nic Grobler, 6 Henke Griffioen, 5 Martin van Rooyen, 4 Nathan Judlesohn, 3 Hanno Brits, 2 Jared Nel, 1 Robin Stassen.

Skeidsregter: Austin Richardson (Goue Leeus)

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.