Vier spanne kan nog vierde eindig in Skild


Hoërskool Pietersburg het steeds ‘n goeie kans om sy weg oop te speel na die halfeindronde in die Skild-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.
Volg al die SDC Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Om dit te vermag moet die Pieties egter Saterdag vir Hoërskool Lichtenburg weg van die huis troef. Dit op sigself is ‘n reuse taak, aangesien die Liggies ‘n ander gedierte is op tuisbodem.
Die Skild-afdeling beloof om op sy interessantste te wees in die pylvak, nadat die vorige sewe rondes reeds uiters opwindend was.
Dit is nie slegs die Pieties wat in hul oorblywende twee wedstryde wil uittroon nie, met Heidelberg Volkskool en Hoërskool Die Anker wat ook werk het om te doen met die vierde posisie op die puntelys wat nog geensins ‘n uitgemaakte saak is nie. Die Anker kom Saterdag tuis in Brakpan teen die voorlopers, Hoërskool Montana, te staan, terwyl Volkies gasheer speel vir ‘n omgekrapte Hoërskool Secunda in Heidelberg.
Lichtenburg se afrigter, Michael Bondesio, moes ‘n paar veranderinge aanbring aan die span wat die vorige week met 20-23 teen Secunda vasgeval het. Haker, Juan van Rhyn, skuif weer na vaskopstut om die beseerde Duan Kruger te vervang, met David Passetti wat tussen Van Rhyn en loskopstut, Ruben Pretorius, op haker sak.
Die Pieties toon slegs een verandering, met regtervleuel, Armand Venter, wat die kragmeting misloop en deur Elkan Esterhuyze in die gevaarlike Pietie-agterlyn vervang word.
Die Monties beklee na hul sege oor Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen weer die eerste plek op die puntelys. Daar is egter net ‘n twee-punt verskil tussen hulle (25) en die Liggies (23), wat beteken dat Monties Saterdag móét wen om bo te bly.
‘n Gekweste Die Anker, na sy nederlaag van 26-29 teen Hoërskool Piet Retief, sal egter nie ‘n vulletjie in Brakpan wees nie, vernaam met die wete dat hy, hoewel in die vyfde plek op 20, slegs vyf ligapunte agter die Monties is. Die Buffels (19) het self nog een wedstryd oor en is slegs een punt agter die span van Brakpan.
Volkies moet hul laaste rondomtalie-wedstryd teen Secunda met ‘n bonuspunt wen om enigsins nog ‘n kans te staan om die halfeindronde te haal. Die span van Heidelberg pronk ook met 29 ligapunte, maar kom te staan teen ‘n Secunda-span wat oorloop van selfvertroue, selfs al moet hy sonder staatmaker-senter, Bismarck Jansen, en oopkantflank, Sifiso Hlungwane, klaarkom.
Jansen word deur Alberto Volschenk in die middeveld vervang, terwyl Avon Smith Hlungwane se plek aan die kant van die skrum inneem.
Hoërskool Hugenote van Springs hoop dat tuisveldvoordeel in sy laaste wedstryd van die seisoen, teen Hoërskool Piet Retief, ‘n eerste sege in vanjaar se reeks kan oplewer.
Die spanne:
Hoërskool Lichtenburg t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Lichtenburg
Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 Ruan Kroëse, 5 Darius Lombard, 4 George Bingudza, 3 Juan van Rhyn, 2 David Passetti, 1 Ruben Pretorius.
Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Elkan Esterhuyze, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.
Die Anker t. Montana om 12:20 in Brakpan:
Die Anker: 15 Ethan Minnie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Jaydon Steenkamp, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.
Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Dirk Coetzee, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6Ashton Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Joseph Wilkonson.
Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Heidelberg
Heidelberg Volkskool (moontlik): 15 Theuns van der Merwe, 14 Pieter Greyling, 13 Tritstan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Jano Dietrechsen, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.
Secunda: 15 Dillon Grundlingh, 14 Ryan Lottering, 13 Alberto Volschenk, 12 Armand Underhay, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Avon Smith, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Jarred Davies, 1 Nathan Erasmus.
Hoërskool Hugenote van Springs t. Hoërskool Piet Retief om 12:30 in Springs
Hugenote (Springs): 15 Musa Mahlangu, 14 Kyle de Klerk, 13 Anzani Netshiongolwe, 12 Tovan Prinsloo, 11 Christiaan Basson, 10 George Lucas, 9 Jaco Coetzer, 8 Tristan de Beer, 7 Migael Swart, 6 Henlo Meyer, 5 Zirk Naudé, 4 Zander Janse van Vuuren, 3 Franko Neuhoff, 2 Luan Pretorius, 1 Luan Smith.
Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles Van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Abongwe Maduna, 4 Harold Gevers, 3 Sfundo Mayisa, 2 Mario de Oliveira, 1 Waynne Mitchell.