Spanne sal lugtig vir spanne uit Bulle-streek in SDC Noordvaal Cup Groep 2 wees

As daar een les is wat spanne uit die onlangse geskiedenis van die SDC Noordvaal Cup Groep 2 kan neem, is dit die feit dat geen span vanuit die Blou Bulle-streek afgeskryf kan word nie.
Verlede jaar het die Bulle se vyfde kwalifiseerder, die Hoërskool Overkruin, met die kroon weggestap na hy vir Bergsig Akademie van Rustenburg met 28-27 in die eindstryd verslaan het.
Verlede jaar was daar slegs vyf kwalifiseerders van die Blou Bulle in die uitspeelrondes in aksie. Vanjaar het daar ‘n totaal van sewe tot die uitspeelrondes deurgedring.
Dit sluit wel spanne vanuit die Luiperds-streek in wat vanjaar deel van die Ligbloues se liga was. Die sewe spanne vanuit dié liga wat vanjaar hul staal in die uitspeelrondes sal wys is Hoërskool Centurion, Midstream College, Wagpos, Pretoria-Noord, Wonderboom, Die Wilgers en Hartbeespoort.
Die tweemalige kampioen van Groep 2, Midstream College, sal vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel wees. Die span onder breierskap van Henry Verster en Christiaan van der Merwe het in 2022 en 2023 die gesogte trofee omhoog gehou.
Vanjaar sal Midstream College teen die Hoërskool Sasolburg in die eerste ronde van die kompetisie te staan kom. Sasolburg spog self met ‘n gedugte span en betree die reeks as die Valke se derde kwalifiseerde.
Sasolburg se senterpaar, Khaya Radebe (kaptein) en Sphiwe Mngomezulu, se tweestryd met hul direkte teenstanders, Yanko Cronjé en Paul Loubser, behoort vir vele hoogtepunte in die kragmeting te sorg.
Die Hoërskool Hartbeespoort, wat die Blou Bulle se sewende kwalifiseerder is, sal in sy eerste uitspeelwedstryd Vrydag op sy tuisveld teen Hoërskool Lydenburg te staan kom. Harties het sy plek in die uitspeelrondes met ‘n klinkende sege van 31-12 oor Hoërskool Tuine van Pretoria bespreek.
Lydenburg is die Pumas se naaswenner na hy verlede week in die eindstryd met 14-34 teen Hoogenhout van Bethal die knie gebuig het.
Die Valke se kampioen, Brandwag van Benoni, sal graag vanjaar verder wil vorder as die afgelope paar jaar. Die span sal Saterdag op sy tuisveld gasheer vir Pretoria-Noord speel.
Brandwag het die Valke-kroon gedra deur vir Dr. Malan van Meyerton naelskraaps met 13-11 in die eindstryd te troef. Die groep van Brandwag het boonop die Noordvaal-kroon as o.16’s (2023) en o.15’s (2022) gedra.
Die Wilgers van Pretoria het verlede jaar nog in Groep 3 spanne die skrik op die lyf gejaag. Vanjaar kry die span ‘n vuurdoop in sy uitspeelwedstryd teen Ben Viljoen van Groblersdal.
Ben Viljoen is die Limpopo-kampioen na hy vir Hans Strijdom van Mookgophong met 27-23 in die eindstryd getroef het.
Die spanne is:
Brandwag (Benoni) vs Pretoria-Noord om 11:15 in Benoni:
Brandwag: 15 Zander Gower, 14 Johndré Pienaar, 13 Tristan Fletcher, 12 Dirk Jansen, 11 Jaden van Staden, 10 Logan van der Bank, 9 Jason Coetzer, 8 Hanré Heydenrych, 7 Wikus Rossouw, 6 Ruben Croucamp, 5 Jayden Diedericks, 4 Ronaldo Becker, 3 Div Fourie, 2 Damian Minnaar, 1 Wian Riekert (kaptein).
Pretoria-Noord: 15 Junior Bokwa, 14 Jaco Janse van Vuuren, 13 MC Swanepoel, 12 Henco van der Merwe, 11 Brandon du Plessis, 10 Anthony Smith, 9 Cayden Botha, 8 Ettiene du Bruyn, 7 Jordan Booyens, 6 Tristan Tintinger, 5 Malan Bezuidenhoudt, 4 Juwan Schwann, 3 Dehan Joubert, 2 Duncan Paulsen, 1 Dewan Janse van Rensburg.
Hartbeespoort vs Lydenburg om 15:00 in Hartsbeespoort:
Hartbeespoort: 15 Theo Mothoagae, 14 Reitumetse Ntile, 13 Zanrich Botha, 12 Divan Koen, 11 Kgosi Matshana, 10 Anikwe Zuma, 9 Jadon Meyer, 8 Wiehann Venter, 7 Kyle Moss, 6 Nathan Le Roux, 5 Luken Rheeder, 4 Pieter Mulder, 3 Driaan Du Plessis, 2 Luke Hammond, 1 Reabetswe Ramarumo.
Lydenburg: 15 Thipi Mohlala, 14 Alu Mpungose, 13 Pogisho Mohlala, 12 Alan Vos, 11 Joshua Weber, 10 Clyde Taaibosch, 9 Ian Taylor, 8 Lythen Duvenhage, 7 Jordan Harker, 6 FJ Terblanche, 5 Jaiden Venter, 4 Arinus le Roux, 3 AJ van Deventer, 2 Seabi Ramodike, 1 Ntsako Maleka.
Die Wilgers vs Ben Viljoen om 10:15 in Pretoria:
Die Wilgers: 15 Nico Klein, 14 Christo le Grange, 13 Kealen Cloete, 12 Leo Owen, 11 Luke Morgan, 10 Mitchell Obi (captain), 9 Hanro Brits, 8 Milan Maree, 7 Johno Mollet, 6 Zander Bothma, 5 Matthew Valentine, 4 Caleb Klein, 3 JP Olivier, 2 Adriaan Jacobs, 1 Aidon Moolman.
Ben Viljoen: 15 Refentse Mashaba, 14 Nathan Boucher, 13 Zeagan Groenewald, 12 Chris Jordaan, 11 Leeroy Alexander, 10 Rome Pietersen, 9 Joe Cloete, 8 Tiaan Scheepers, 7 Jac-Johan Gouws, 6 Wian Ferreira, 5 Jaco Botha, 4 Jacobus Lewies, 3 Eben Oosthuizen, 2 Hugo Lourens, 1 Andrew Blake.
Hoërskool Sasolburg vs Midstream College om 11:00 in Sasolburg:
Hoërskool Sasolburg: 15 Andile Mlenga, 14 Musa Ntuli, 13 Khaya Radebe (kaptein), 12 Sphiwe Mngomezulu, 11 Themba Mbele, 10 Jan-Hendrik Espach, 9 Liam Singleton, 8 Walter Manana, 7 Luan Roodman, 6 Hlompo Mahabane, 5 Janco van der Merwe, 4 Tyron Roux, 3 Xavier Kleingeld, 2 TJ van Lelyveld, 1 Kamo Ndweni.
Midstream College: 15 Ryan Strauss, 14 Jean Holtzhausen, 13 Yanko Cronjé, 12 Paul Loubser, 11 Estiaan Scheepers, 10 Dian de Villiers, 9 Thomas Pretorius, 8 Louis Verhoef, 7 Nicholas Grobler, 6 Henke Griffioen, 5 Martin van Rooyen, 4 Nathan Judlesohn, 3 Hanno Britz, 2 Jared Nel, 1 Robin Stassen.
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30