Rusties gekroon as kampioen van Noordwes
Hoërskool Rustenburg is gekroon as vanjaar se Noordwes-kampioen in die DSTV Schools Challenge.
Dit was ‘n dag van naelbytstryde, met elke span wat alles in die stryd gewerp het, maar ongelukkig kon net een Ubuntu- en een Botho-span as wenners wegstap.
In die Botho-groep het Hoërskool Rustenburg ál hul wedstryde gemaklik gewen om ‘n plek te verseker in die kwarteindronde, waar hulle met 40-13 teen Bergsig geseëvier het.
In die halfeindstryd teen Potchefstroom Gimnasium het Rustenburg met 29- 19 koning gekraai, voordat hulle in die eindstryd met ‘n telling van 34-15 met Hoërskool Klerksdorp afgereken het.
In die Ubuntu-groep was Kgapamadi die algehele wenner. Hulle pad na die kwarteindronde was egter nie maklik nie, met ‘n nederlaag van 6-36 wat hulle teen Potchefstroom Gimnasium op die lyf geloop het. Hulle het nietemin aanhou veg om die kwarteindronde te haal, waar hulle vir Kanana met 34-8 oorweldig het.
Die halfeindstryd het strawwer mededinging opgelewer, met Kgapamadi wat vir Iketleetso met 26-20 kon troef. In die eindstryd het hulle vir Ramoshere met 27-17 verslaan.
Die Botho-spanne se posisies:
- Rustenburg
- Hoërskool Klerksdorp
- Potchefstroom Gimnasium
- Potchefstroom Volkies
Die Ubuntu-spanne se posisies:
- Kgapamadi
- Ramoshere
- Iketleetso
- Matlaisane
Resultate:
Kwarteindronde:
Rustenburg 40, Bergsig 13; Potchefstroom Volkskool 26, Hoërskool Lichtenburg 25; Klerksdorp 26, Hartbeespoort 19; Potch Gimnasium 32, Christiana 14.
Halfeindronde:
Rustenburg 29, Potch Gimnasium 19; Klerksdorp 23, Potchefstroom Volkies 21
Eindstryd:
Rustenburg 34, Klerksdorp 15
Die res van die resultate:
nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | Score |
---|---|---|---|
Matlaisane | 27 | Kanana | 6 |
Potchefstroom Volkies | 61 | Lerona | 2 |
Potchefstroom Gimnasium | 36 | Hartbeespoort | 12 |
Iketleetso | 37 | Ramoshere | 12 |
Bergsig | 42 | Zeerust | 8 |
Kgapamadi | 20 | Khumosejo | 9 |
Rustenburg | 31 | Lichtenburg | 11 |
Rustenburg | 45 | Iketleetso | 4 |
Potchefstroom Gimnasium | 29 | Kgapamadi | 6 |
Potchefstroom Volkies | 46 | Zeerust | 8 |
Klerksdorp | 46 | Kanana | 5 |
Lichtenburg | 41 | Ramoshere | 10 |
Hartbeespoort | 20 | Khumosejo | 9 |
Christiana | 22 | Matlaisane | 15 |
Bergsig | 50 | Lerona | 3 |
Potchefstroom Gimnasium | 45 | Khumosejo | 9 |
Rustenburg | 52 | Ramoshere | 5 |
Potchefstroom Volkies | 28 | Bergsig | 26 |
Hartbeespoort | 25 | Kgapamadi | 15 |
Lichtenburg | 25 | Iketleetso | 14 |
Zeerust | 20 | Lerona | 12 |
Klerksdorp | 48 | Matlaisane | 3 |
Christiana | 44 | Kanana | 4 |
Klerksdorp | 30 | Christiana | 8 |
Rustenburg | 40 | Bergsig | 13 |
Rustenburg | 29 | Potchefstroom Gimnasium | 19 |
Rustenburg | 34 | Hoërskool Klerksdorp | 15 |
Potchefstroom Volkies | 26 | Lichtenburg | 25 |
Klerksdorp | 26 | Hartbeespoort | 19 |
Klerksdorp | 23 | Potchefstroom Volkies | 21 |
Potchefstroom Gimnasium | 32 | Christiana | 14 |
Potchefstroom Gimnasium | 35 | Potchefstroom Volkies | 21 |