SuperSport Schools Plus

Menlo-toernooi bied skolenetbal-skouspel


Vanjaar se Menlo-Netbaltoernooi was oudergewoonte ’n viering van spanwerk, uithouvermoë en ‘n passie vir die spel.

Met spanne van regoor Suid-Afrika wat op die Menlopark-bane saamgetrek het, was die gehalte van spel uitsonderlik en die gees tussen skole bewonderenswaardig. Elke span het gekom om hul merk te maak, en dit was duidelik van die heel eerste fluitjie af dat hierdie ’n netbalfees van hoogstaande gehalte sou lewer.

Gasheerskool, Menlopark, het twee spanne ingeskryf wat albei hul staal gewys het. Menlopark 1 het uithalerspel teen Diamantveld gelewer om met 29–13 te wen, met vernaam hul blitsige sirkulasie van die bal wat beïndruk het. Hoewel hulle teen ’n uiters sterk Durbanville-span vasgeval het met 20–28, het Parkies nietemin karakter getoon en aanhou veg tot die einde.

Benewens Menlopark, het verskeie ander spanne op die eerste dag van die toernooi hul teenwoordigheid bekendgemaak. Noordheuwel het ’n duidelike boodskap gestuur met ‘n sege van 28–14 oor Secunda, terwyl Bellville hul teenstanders, Randburg en Pretoria-Noord, met onderskeidelik 22–10 en 29–3 verslaan het.

Outeniqua het verbete vasberadenheid getoon teen Monument om met 28–27 as oorwinnaars te tree uit ’n stryd wat as een van die hoogtepunte van die dag beskou is. Dr.Malan het ewe briljant vertoon teen Potchefstroom Gimnasium, om met twee doele in die doodsnikke die pyp te rook met 23-21.

Helpmekaar het self hope karakter aan die dag gelê deur Oranje met 16–15 te klop in ’n naelbytstryd gelaai met spanning. Bloemhof het hulself as ’n krag in skolenetbal onderskei deur met  sowel Edenvale (29–17) as Duineveld (25–17) klaar te speel, terwyl Paarl Gimnasium ook met gemak geseëvier het, onder andere met 35–12 oor Secunda.

Dag 1 van die Menlo-Netbaltoernooi het gesorg vir naelbyt-aksie, opskuddings en sterre wat hand opgesteek het. Met sulke uitslae as verwysingspunt, het die die res van die toernooi beloof om nóg heelwat vonke te laat spat.

Dag 1 | Uitslae

Brackenfell 26 Wonderboom 15
DF Malan 19 Diamantveld 19
Dr Malan 23 Potch Gim 21
Oosterland 16 Pretoria Noord 18
Bellville 22 Randburg 10
Noordheuwel 28 Secunda 14
Linden 13 Middelburg 15
Leeuwenhof 18 Merensky 16
Alberton 11 Menlopark 2 26
Ben Vorster 20 Drostdy 10
Hugenote 14 Northcliff 20
Merensky 7 Frans du Toit 24
Lydenburg 13 Swartland 20
Monnas 27 Outeniqua 28
Helpmekaar 16 Oranje 15
Durbanville 28 Menlopark 1 20
Duineveld 19 Paarl Girls 29
Paarl Gim 25 Rand Park 9
Bloemhof 29 Edenvale 17
Hans Moore 16 Rhenish 22
Capricorn 21 Milnerton 19
Krugersdorp 15 Vredendal 17
Oranje 2 18 Stellenbosch 12
Ermelo 15 Worcester Gim 19
Bellville 29 Pretoria Noord 3
Oosterland 14 Wonderboom 11
Frans du Toit 15 Menlopark 2 23
Durbanville 17 Monnas 17
Krugersdorp 15 Stellenbosch 19
Secunda 5 Oranje 2 19
Drostdy 17 Linden 13
Dr Malan 15 Outeniqua 29
Brackenfell 24 Lydenburg 15
Alberton 14 Worcester Gim 18
DF Malan 21 Randburg 10
Noordheuwel 20 Rand Park 12
Leeuwenhof 14 Swartland 23
Diamantveld 13 Menlopark 1 29
Oranje 25 Potch Gim 18
Helpmekaar 18 Paarl Girls 15
Paarl Gim 35 Secunda 12
Bloemhof 25 Duineveld 17
Edenvale 21 Milnerton 16
Ermelo 18 Vredendal 19
Hans Moore 17 Middelburg 14
Capricorn 20 Hugenote 14
Merensky 9 Rhenish 25
Ben Vorster 19 Northcliff 15
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.