SuperSport Schools Plus

Valia oorgehaal om sy staal te wys, Buffels weet die Moot is ‘Groot’

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-13 Tags: , , , , ,

FOTO: Frans Lombard.

Saterdag kry Hoërskool Transvalia uiteindelik die kans om vir die eerste keer in 2025 sy staal ten toon te stel, tuis teen Hoërskool Middelburg, in die NWU Sportreeks.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Die span van Vanderbijlpark was veronderstel om vandeesweek, op 11 Maart, teen Hoërskool Kempton Park te gespeel het, maar daardie wedstryd was vanweë die swaar weer in en rondom Gauteng afgelas.

Die opwinding om Valia weer in aksie te sien, loop derhalwe hoog in Vanderbijl. Die span beskik steeds oor 14 spelers wat in verlede jaar se eindstryd met 24-24 gelykop gespeel het teen HTS Middelburg.

Vernaam die terugkeer van steelkantflank, Daniel Kazambo, is ‘n beduidende hupstoot vir Valia, en, tesame met slot, Christiaan Liebenberg, behoort Kazambo behoorlik vuur te maak onder die pak.

Die Middies, daarenteen, het reeds twee wedstryde, waarvan hulle altwee gewen het, agter die rug. Hulle moet egter hierdie week klaarkom sonder ster-flanke, Kensani Buthelezi en CW Hanekom, wat albei las ondervind van beserings na die Middies se sege van 32-22 oor die Kempies verlede naweek.

Buthelezi word vervang deur die veelsydige Wihan Jordaan, wat skuif van slot na steelkantflank, met Jabu Mathebula wat sy plek in die nr 4-trui opneem, terwyl Hanekom se afwesigheid aan Rico van Niekerk geleentheid bied om te wys wat in hom steek.

Hoërskool Ben Vorster besef dat hy ‘n yslike taak op hande het Saterdag in die Moot teen Hoërskool Oos-Moot. Die Oosies was Woensdag, 12 Maart, vir die eerste keer vanjaar in aksie, teen Hoërskool Waterkloof, en het, nes die Buffels, met 21-24 die onderspit gedelf teen die verdedigende kampioen gedelf.

Oos-Moot het nietemin tóg beïndruk, met sy ervare skrumskakel, David Fourie, wat gewys dat hy reeds oor ‘n jaar se ondervinding beskik. Fourie se taktiese skopwerk en venynige breekslae om die afbreekpunte sal die besoekers van Tzaneen toets.

Ben Vorster se pak voorspelers hou die sleutel vir die Tzaneeners. Tumi Romohale se tweestryd met Jaydon Botha, in die nr. 8-trui, beloof om die vonke te laat spat, terwyl flank, Joshua van der Mescht, ook ‘n impak kan hê met sy fisieke verdediging.

Spanne:

Transvalia t. Hoërskool Middelburg om 12:40 in Vanderbijlpark:

Transvalia: 15 Dave Mtizi, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molankeng, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Bernardt van Dyk, 8 Caylan McLaughlin, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Karale, 14 Bulelani Mcira, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Zanempilo Mahlangu, 10 Buhle Mphanhlaza, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 Rico van Niekerk, 5 André Roberts, 4 Jabu Mathebula, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen

Oos-Moot t. Ben Vorster om 13:30 in Pretoria:

Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Dino Collinson, 13 Drew Williams, 12 Jeandré Venter, 11 Roysten Arendse, 10 Tersius van der Merwe, 9 David Fourie, 8 Jaydon Botha, 7 Owen Basson, 6 Clayton du Bruyn, 5 Riyaan Wilson, 4 Stian van der Venter, 3 Divan du Preez, 2 Thando Telelo, 1 Jandré de Beer.

Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton Primo, 9 Stiaan du Randt, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.