SuperSport Schools Plus

NWU Prestige-reeks: Groot name vertoon uitnemend


Facebook: Montana

Die afgelope naweek het skole van regoor die land mekaar die stryd aangesê in die NWU Prestige-reeks. Die naweek was propvol boeiende kragmetings, uitmuntende individuele vertonings en spanne wat bo verwagting goed gevaar het. Hier is ‘n volledige opsomming van die aksie:

Klerksdorp Hoërskool (KHS) het oorheers in hul wedstryde teen Hugenote, met die eerste span wat ‘n oortuigende sege van 33-15 behaal het. Die o.17 A-span het ook skitterend vertoon om met 35-9 te seëvier. KHS se verdediging het ‘n vername rol gespeel in hul dominante vertonings, hoewel die tweede span met 15-21 die knie gebuig het.

Heidelberg Volkskool het ook domineer in hul reeks kragmetings met Potchefstroom Volkskool. Die eerste span het met 37-12 gewen, maar Potch Volkies se o.16 A-span het hul naam hoog gehou met ‘n indrukwekkende sege van 35-7 wat heelwat belofte vir die toekoms inhou.

Marais Viljoen se eerste span het ook beïndruk deur vir Jeugland met 34-13 af te stof. Die verdedigende karakter van MV het uitgestaan, met onderkaptein Kayla Coetzee wat uitmuntend vertoon het op HV. Michelle Ferreira was ook ‘n sleutelspeler op die verdediging en het vier onderskeppings gemaak. Jaymee Joubert het haar netjies van haar taak gekwyt op hulpdoel, terwyl Mia Oosthuizen in die laaste kwart ‘n belangrike rol gespeel het met deurslaggewende doele.

Wesvalia het ál hul wedstryde gewen teen Die Anker, behalwe vir Die Anker se tweede span wat ‘n oorwinning kon behaal – en dit met 14 doele! Die Anker het ook mededingend vertoon in die eerstespan-wedstryd, maar Wesvalia het uiteindelik met 21-14 die pyp gerook.

Potchefstroom Gimnasium het haas onstuitbare vertonings gelewer om in ál hul wedstryde teen Wagpos as oorwinnaars uit die stryd te tree. Die eerste span het met 28-6 hul oorheersing onderstreep, terwyl die derde span ‘n wegholsege van 47-2 behaal het.

Montana het ‘n uitstekende reeks oorwinnings behaal om ook skoonskip te maak teen Lichtenburg. Die eerste span het ‘n skouspelagtige sege van 50-13 behaal, en met ál hul ouderdomsgroepe wat indrukwekkend vertoon het, is Montana beslis ‘n krag om mee rekening te hou in die Prestige-reeks.

Pietersburg het sake oorheers teen Bergsig, insluitende ‘n swaarverdiende sege van 30-24 in die eerstespan-wedstryd. Kaptein Kylie Campbell het met haar voorbeeld gelei, terwyl Tumelo Nkwana ‘n uitstaande vertoning op AV gelewer het. Nkwana het feitlik elke senter-afgooi bemeester en doele meesterlik uitgevoer. Carli Becker het verdedigend ‘n reuse bydrae gelewer, met talle onderskeppings en die druk wat sy toegepas het op die aanvallande spelers van Bergsig.

Die NWU Prestige-reeks het beklemtoon dat sekere skole, soos Heidelberg Volkskool, Marais Viljoen, Wesvalia, Pietersburg, Montana en Potchefstroom Gimnasium, tans bo die res uitstaan, oor verskeie ouderdomsgroepe heen. Boonop het individuele uitblinkers soos Kayla Coetzee, Michelle Ferreira, Jaymee Joubert, Kylie Campbell en Tumelo Nkwana hul merk gemaak.

Met netbal van hierdie gehalte kan uitgesien word na ‘n seisoen gevul met opwindende mededinging en nog vele meer hoogtepunte!

Al die uitslae:

  • o.14A: KHS wen 22-9; Potchefstroom wen 15-11; Marais Viljoen wen 23-8; Wesvalia wen 30-15; Gimmies wen 26-5; Montana wen 20-13; Gelykop 16-16.
  • o.14B: Hugenote wen 16-14; Heidelberg wen 20-2; Marais Viljoen wen 28-3; Wesvalia wen 8-5; Gimmies wen 19-1; Montana wen 27-4; Pietersburg wen 16-6.
  • o.14C: KHS wen 14-4; Marais Viljoen wen 23-2; Bergsig wen 8-7.
  • o.14D: Marais Viljoen wen 8-7.
  • o.15A: KHS wen 21-3; Heidelberg wen 17-5; Marais Viljoen wen 20-12; Wesvalia wen 20-11; Gimmies wen 41-4; Montana wen 25-6; Pietersburg wen 22-11.
  • o.15B: KHS wen 21-12; Heidelberg wen 42-0; Marais Viljoen wen 22-6; Wesvalia wen 19-8; Gimmies wen 36-3; Montana wen 24-7; Pietersburg wen 27-12.
  • o.15C: Marais Viljoen wen 17-11.
  • o.16A: KHS wen 20-12; Potchefstroom wen 35-7; Jeugland wen 19-16; Wesvalia wen 23-15; Gimmies wen 38-4; Montana wen 17-10; Pietersburg wen 27-8.
  • o.16B: KHS wen 32-8; Heidelberg wen 30-15; Marais Viljoen wen 18-9; Wesvalia wen 29-5; Gimmies wen 33-10; Montana wen 25-3; Pietersburg wen 18-16.
  • o.16C: Marais Viljoen wen 24-8; Bergsig wen 15-11.
  • o.17A: KHS wen 35-9; Heidelberg wen 37-6; Marais Viljoen wen 40-4; Wesvalia wen 23-7; Gimmies wen 21-5; Montana wen 27-3; Pietersburg wen 27-3.
  • o.17B: Jeugland wen 14-9.
  • o.19A: Heidelberg wen 37-12; Montana wen 50-13.
  • o.19B: Heidelberg wen 37-8; Montana wen 39-0.
  • o.19C: Montana wen 16-1.
  • 3de span: Wesvalia wen 36-3; Gimmies wen 47-2.
  • 2de span: Hugenote wen 21-15; Marais Viljoen wen 38-3; Anker wen 18-4; Gimmies wen 28-6; Pietersburg wen 28-8.
  • 1ste span: KHS wen 33-15; Marais Viljoen wen 34-13; Wesvalia wen 21-14; Gimmies wen 28-6; Pietersburg wen 30-24.
Shane Labuschagne
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.