SuperSport Schools Plus

JOMO-liga: Noordheuwel loop oor Randburg

By Felicia Erasmus , in Netball | News , at 2024-05-17 Tags: , , , ,

Agt netbalspanne het die afgelope Donderdag mekaar die stryd aangesê in JOMO-ligawedstryde.

Noordheuwel het hul kragmeting met Hoërskool Randburg, in Randburg, oorheers met ‘n wegholsege van 46-8.

In die eerste kwart van die wedstryd het Noordheuwel reeds 10 doele aangeteken teenoor Randburg se vier. In die tweede kwart het Noordheuwel die krane oopgedraai met ‘n verdere 14 doele en boonop vir Randburg weerhou van enige doele.

Hoewel Randburg dapper probeer terugveg het in die derde kwart, het Noordheuwel steeds net een doel afstaan, en in die laaste kwart nog 11 verdere doele aangeteken vir ‘n klinkende sege. Kiara van Eeden was ‘n doring in Randburg se vlees op die verdediging, en was uitstekend bygestaan deur hulp-verdediger, Lara Kruger.

Helpmekaar het ‘n swaarverdiende tuisoorwinning van 28-22 oor Randpark behaal. Leonie Zorpic, die verdedigende vleuel van Helpmekaar, het haar goed van haar taak gekwyt, terwyl doel, Luané Human, ook haar kant gebring het.

Hoërskool Krugersdorp het tuis teen Hoërskool Florida geseëvier met ‘n naelskraapse telling van 22-18. Dit was ‘n strawwe kragmeting vir Florida, met een van hul spelers wat ernstig beseer is.

Hoërskool Monument het vir Linden oortuigend geklop met 32-16.

Volgende week vind die JOMO-liga se uitspeelrondes plaas, maar die bepalings moet nog bevestig word.

Ander ouderdomme se uitslae:

o.14A: Monument 19, Linden 14; Noordheuwel 23, Randburg 23.

o.14B: Monument 20, Linden 19; Noordheuwel 16, Randburg 14.

o.14C: Linden 17, Monument 4; Noordheuwel 21, Randburg 10.

o.15A: Monument 27, Linden 15; Noordheuwel 38, Randburg 7.

o.15B: Monument 24, Linden 19; Noordheuwel 29, Randburg 5.

o.15C: Linden 11, Monument 10; Noordheuwel 30, Randburg 2.

o.16A: Monument 22, Linden 7; Noordheuwel 18, Randburg 13.

o.16B: Monument 31, Linden 11; Noordheuwel 28, Randburg 14.

o.17A: Monument 24, Linden 12; Noordheuwel 34, Randburg 15.

o.18B: Monument 19, Linden 12; Noordheuwel 24, Randburg 8.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Felicia Erasmus
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.