Worcester Primêr, Gene Louw en Outeniqua maak stem dik op eerste dag van Wildeklawer
Dit was die spanne van Worcester Primêr, Laerskool Outeniqua en Gene Louw wat die meeste met hul spel op die eerste dag van die o.13 Wildeklawer-toernooi beindruk het.
Worcester Primêr het oor te veel skietgoed vir Laerskool Van Riebeeckpark beskik en met 74-0 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span van Worcester se senterpaar, Brent-Leigh Ekstraal en Jordan Timm, was op hul stukke.
Die heelagter, Matthew Fortuin, hete ook ‘n goeie wedstryd beleef. Voorlangs het die agtsteman en kaptein, Samuel Kitshoff, asook die flank Albertus Hamman skitterende spel gelewer.
Outeniqua van George het ook nie veel probleme ondervind om Laerskool Magalieskruin met 64-10 uit die pad te vee nie. Die span se losskakel, JP Immelman, en binnesenter, Cobus Immelman, kan meer as tevrede met hul vertonings voel.
Gene Louw was self witwarm en het vir Jordania van Bethlehem met 74-0 kaf gedraf. Die span se agtsteman, Schalk Fourie, het met sy lopies etlike meters veld gewen en die verloorspan se verdediging heelwat probleme besorg.
Grey-kollege Primêr se vleuel, Tian Nel, het hope vaart en het ‘n hele paar keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak wanneer hy in spasie geplaas was. Hy is ook sterk op sy bene en word nie maklik grond toe gebring nie.
Die haker, Dylan Stassen, en flank Logan Pottas, het ook goeie vertonings gelewer.
Die Laerskool Eikestad se vaskopstut, Ziyaad Jappie, het twee keer met stormramlopies oor die doellyn gebars om sy span tot ‘n sege van 26-3 oor Laerskool Impala van Kempton Park te help.
Sunridge Primary van Port Elizabeth se agtsteman en kaptein, Jean Capes, het sy span van voor gelei tot ‘n oorwinning van 24-17 oor die gasheer, Laerskool Newton van Kimberley.
Die Laerskool Durbanville het ‘n strawwe tweestryd teen Laerskool Rustenburg met 19-13 gewen. Die span van Rustenburg word deur Ruben van Heerden vanaf agtsteman aangevoer. Hy is die seun van die voormalige Springbok Wikus van Heerden. Sy oupa, Moaner van Heerden, het ook vir die Bokke uitgedraf.
Indien die afrigters of spanbestuurder hul puntemakers wil aanstuur vir plasing by die artikels kan hy dit aanstuur na 072 172 5455 per WhatsApp of per e-pos na results@rugby.supersportschools.com.
Uitslae en Puntemakers:
Eikestad 26 – Driee: Ziyaad Jappie (2), Ben le Roux, James Gerber. Doelskoppe: Nathan van der Berg (3). Impala 3.
Sunridge Primary 24 – Driee: R Kemp, D Harvey, K Aylward, Jean Capes. Doelskoppe: N Trytsman (2). Newton 17.
Sunridge 24, Newton 17
Durbanville 19, Rustenburg 13
Grey-kollege 50, Bastion 19
Eikestad 26, Impala 3
Worcester Primêr 74, Van Riebeeckpark 0
Outeniqua 64, Magalieskruin 10
Gene Louw 74, Jordania 0
Garsfontein 53, Oranje Noord 5
[powr-comments id=”7e086021_1650972496545″]




