SuperSport Schools Plus

Wollies reg om Vryburg te probeer stuit

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-03-08 Tags: ,

Foto: Jean-Marie Heys

Hoërskool Wolmaransstad is oorgehaal om die lewe moeilik te maak vir Hoërskool Vryburg, wanneer die twee spanne mekaar Vrydagmiddag in Vryburg takel.

Albei spanne het puik oorwinnings in die eerste ronde van die NWU 16-reeks behaal. Vryburg het vir Hoërskool Fochville met 34-12 getroef, terwyl Wollies ook maklik, met ‘n telling van 47-29, oor Hoërskool Schoonspruit geseëvier het.

Hierdie naweek is egter ‘n perd van ‘n heel ander kleur vir albei spanne.

Die Vryburgers se agtsteman, Keenan Joseph, het sy stempel behoorlik afgedruk in die vorige ronde en sal noukeurig dopgehou moet word. Joseph spog vroeg reeds in die seisoen met twee drieë.

Sy kollega aan die kant van die skrum, Aiden Jonker, behoort ook ‘n doring in die Wollies se verdediging te wees, en is op sy gelukkigste wanneer hy in gebroke spel kan woel.

Die span van Vryburg sal hoop dat heelagter, Jayden Starke, op sy skopvertoning van verlede naweek kan verbeter om die Wollies onder druk te plaas. Starke beskik ook oor bedrieglike vaart en sal gretig wees om teenaanvalle van agter te loods.

Die Wollies beskik self oor ‘n gevaarlike skakelpaar. Lucraine van Wyngaard sal die Vryburgers se verdedigers om die skrums en losskrums besig hou, terwyl Christopher Dennis sy vaardighede op losskakel sal wil tentoonstel.

Zak Knoetze, die Wollies se vaskopstut, sal die nodige vuur voorlangs verskaf. Knoetze se stewige skrumwerk, asook sy sterk stormlopies met die bal, maak van hom ‘n uiters gevaarlike kalant. Die twee woelwater losvoorspelers, Christiaan Jonker (steelkantflank) en Thlalefo Thobeni (agtsteman), behoort ook op die aanval te floreer.

Hoërskool Fochville verwelkom Saterdag vir Hoërskool Schoonspruit in Fochville, en sal wil vergoed vir hul nederlaag teen Vryburg in die eerste ronde.

Petri Schutte, die Fochies se losskakel, sal op sy belowende spelpeil van die eerste wedstryd wil voortbou, en sy skopskoen kan ook deurslaggewend wees indien die span van Fochville ‘n eerste oorwinning van die jaar wil behaal.

Hoërskool Schoonspruit se Elmo Kruger sal die skote voorlangs laat klap. Die woelige haker is besonder effektief by die afbreekpunte, en ook nie te versmaai wanneer dit by die bal dra kom nie.

Hoërskool Ben Viljoen kan uitsien na ‘n taamlike uitdaging wat in Randfontein, teen Hoërskool Riebeeckrand, op hulle wag. Die span van Groblersdal het met hul spogsege van 47-36 oor ‘n begeesterde Leeuwenhof Akademie, ‘n duidelike waarskuwing uitgestuur.

Heelagter, Mignon Stevens, spog reeds met ‘n driekuns , na slegs een wedstryd, en moet so min as moontlik beweegruimte gegun word. Anvernio Davids (losskakel) sal ook ‘n voortdurende bedreiging op die aanval inhou.

Voorlangs sal die bedrywige oopkantflank, Janik Brits, die vuur onder die groot manne, soos die slotte Jaco Botha en Erich Labuschagne, wil aansteek.

Die Spanne:

Hoërskool Vryburg t. Hoërskool Wolmaransstad om 16:45 in Vryburg:

Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 Abdurman Amien, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christoper Issacs, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Janco Venter, 5 Dehan du Toit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Dirk Visser, 1 Cobus van der Berg.

Hoërskool Wolmararsstad: 15 Handro Conradie, 14 Obakeng Lerole, 13 Gisto Mbitso, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thalefo Thobedi, 7 Christiaan Jonker, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Zak Knoetze, 2 Rea Madito, 1 Anton Duvenhage.

Fochville t. Schoonspruit om 11:15 in Fochville:

Hoërskool Fochville: 15 Athi Ngqele, 14 Branden Pretorius, 13 Tonny Sebola, 12 Junior Naude, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Martin Kriel, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.

Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Thubuki Omolemo, 13 Henry Enslin, 12 Hano Stander, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Duan Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 CJ Evert, 2 Elmo Kruger, 1 George Badenhorst.

Riebeeckrand t. Ben Viljoen om 11:45 in Randfontein: 

Hoërskool Riebeeckrand: TBC

Hoërskool Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 Botes Dippenaar, 13 Clementino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Nathan Boucher, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Asheeq Bradford, 7 Tiaan Scheepers, 6 Janik Brits, 5 Jaco Botha, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Niemann, 1 Leuco Roberts.

Hoërskool Hans Strijdom: TBC

Leeuwenhof Akademie: TBC

 

 

 

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.