SuperSport Schools Plus

Wit Bulle wil bordjies in Boksburg verhang

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-04-25 Tags: , , , , ,

FOTO: Marius Nortje

Die amptelike Wit Bulle van Krugersdorp is oorgehaal om hierdie naweek die bordjies in Boksburg te verhang.

Volg al die aksie reegstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

Hoërskool Monument lek hul lippe af om vir Hoërskool Dr. EG Jansen van hul eie medisyne uit te deel, wanneer die twee spanne Saterdag in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in Boksburg swaarde kruis.

Monnas moes verlede jaar, teen alle verwagtinge in, die knie op tuisbodem buig met ‘n telling van 17-41. Die Jansies het met aanskoulike hardlooprugby geseëvier en ‘n mens kan verwag dat die Boksburgers vanjaar dieselfde resep sal wil volg.

Dit is verál die Arende se agterlyn wat ‘n groot gevaar vir die besoekers inhou. Heelagter, R-Jay Petersen, maak sy terugkeer nadat hy verlede naweek ‘n blaaskans in die Jansies se wedstryd teen Oos-Moot geniet het. Sy teenwoordigheid, tesame met dié van hul puntemasjien op buitesenter, Juandre Jacobs, behoort die Wit Bulle vir die volle 70 minute besig te hou.

Voorlangs maak die Arende se hardwerkende steelkantflank, Divan Francis, ook sy terugkeer. Francis en sy losvoorspelermaats, Zaide-Leigh Rippenaar (oopkantflank) en Storm Labuschagne (agtsteman), sal die lewe vir die besoekers by die afbreekpunte wil moeilik maak.

Daar wag egter ‘n taamlike taak op die trio en die res van die Jansies se pak aangesien dit voorlangs is waar Monnas se krag lê. In hul sege van 31-25 oor Helpmekaar Kollege verlede naweek in Johannesburg was niemand meer indrukwekkend as slotte, Luhan Swart en Jacques Botha, met hul reuse duikslae en begeesterde barslopies nie.

Monument sal voorts hoop dat hul losskakel, Justin Viljoen, weer sy skopstewels inpak. Viljoen se akkurate korrelwerk pale toe het ‘n groot aandeel in sy span se oorwinning oor die Helpies gehad en kan weer Saterdag deurslaggewend wees.

Viljoen beskik voorts oor die vermoë om vir die gevaarmanne aan sy buitekant, vernaam linkervleuel, Ernesto Oersen, spasie te skep.

Hoërskool Menlopark ontvang in hul eerste wedstryd van die jaar se SDC Noordvaal Cup vir Helpmekaar Kollege in Pretoria. Die Parkies lek nog wonde na hul nederlaag met 8-23 teen Hoërskool Waterkloof in die NWU Sportreeks-eindstryd, maar sal vasberade wees om op hul vertoning in verlede jaar se Beker-afdeling te verbeter.

Die besoekers moes noodgedwonge ‘n hele paar veranderinge aan die span, wat teen Monument verloor het, aanbring. Losskakel en skerpskutter, Wian Storm, loop hierdie naweek se kragmeting mis. Michael Benzien skuif van binnesenter na losskakel, met Clinton Cloete wat op binnesenter inval.

Voorlangs vervang Eugene de Lange vir die beseerde Christiaan Tonkin op slot, terwyl Liam Devenier geleentheid kry op loskopstut in die plek van Dylan Engelbrecht.

Hoërskool Waterkloof skop sy reeks af teen die gevaarlike Hoërskool Nelspruit. Albei spanne, veral die Klofies, het reeds vanjaar beïndruk met hul ondernemende spel.

Die tweestryd in die middeveld tussen Klofies se Happy Makate (binnesenter) en Riwan van Aswegen (buitesenter) en Nellies se Divan de Kock (binnesenter) en Ian Wood (buitesenter) is beslis een om na uit te sien, vernaam indien dié senterpare daarin kan slaag om spasie aan die buitekant te bewerkstellig.

Die spanne: 

Hoërskool Dr. EG Jansen t. Hoërskool Monument om 12:25 in Boksburg 

EG Jansen: 15 R-Jay Peterson, 14 Jean-dre Claassen, 13 Juandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

Monument (moontlik): 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 Juandre Marais, 2 Keenean Myners, 1 Wikus Meyer.

Hoërskool Menlopark t. Helpmekaar Kollege om 12:30 in Pretoria

Menlopark (moontlik): 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Leskin Samuels, 11 Stefan van Nieker, 10 Andru Kuhn, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagan Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

Helpmekaar: 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Nieker, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Ziaden Krige, 5 Juan-Pierre Lombaard, 4 Eugene de Lange, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria 

Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dennis Obi, 10 Franco Cronje, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

Nelspruit: 15 Theuns Meyer, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Prosper Chillione, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Andre Smit, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Lindane Ndlela.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.