Wit Bulle se horings sal vroeg in 2026 al skerp moet wees


Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) van Pretoria se 2026 rugbyseisoen sal geensins op ‘n maklike wyse begin nie. Dit is egter wat verwag word van ‘n span wat deel van Suid-Afrika se “Groot Vyf” op skolevlak, uitmaak.
Die Pretorianers se seisoen sal op 14 Maart met ‘n derby in die Jakarandstad begin.
Hoërskool Waterkloof sal dan steeds vir die eerste keer sedert 2017 na sy eerste sege oor die Wit Bulle opsoek wees. Slegs ‘n week later, op 21 Maart, wag sy nuwe jaarlikse ontmoeting met Paul Roos Gimnasium.
Die rugbyreus uit die hoofstad het aan die einde van die 2025 seisoen aangekondig dat die jaarlikse wedstryd teen Helpmekaar Kollege, met dié van Paul Roos vervang sal word.
Dié nuutste uitdaging teen een van die land se ander groot honde sal vanjaar in Stellenbosch plaasvind. Dit vorm ook deel van die King Price Derby Series.
Ruan Jacobs sal weer vanjaar aan stuur van sake as hoofafrigter van die Wit Bulle wees. Jacobs meen dat die doelwit in die nuwe jaar sal wees om op die momentum wat in 2025 gekom het, voort te bou. Om hiermee te help, het Jacobs en hulpafrigter Jaco Koch sewe name wat vir ‘n tweede seisoen van eerstespan rugby sal terugkeer.
Die Wit Bulle se spandokter, Dr. Henry Kelbrick, sal vanjaar vir die 28ste jaar dié rol vertolk. Hy het self in 1984 en 1985 vir die Wit Bulle in die voorry gesak en ook na skool vir Noord-Transvaal verteenwoordig.
Haker Charl Els, die vurige senter Estian Marx en skrumskakel Fourie Roberts sal onder meer drie van die groep van sewe wees. Els het in 2025 sy staal gewys. Die haker het sy buiging op die laaste dag van die Cravenweek gemaak, nadat hy eers by die Akademie-week betrokke was. Hy is ook daarna na die Wes-Kaap genooi om deel van SA Rugby se o.17 hoë-prestasiegroep te vorm.
Marx se pa Eugene Marx het die Wit Bulle vir drie jaar – 1994, 1995 en 1996 verteenwoordig. Els se vader ook Charl was een was Marx se spanmaats in 1995 en 1996 wat die Beeldtrofee verower het. Die Wit Bulle het ook natuurlik in 1994 die kroon gedra. Marx het 65 keer vir die Wit Bulle uitgedraf en 35 keer die doellyn oorgesteek. Els het self die pad doellyn toe geken en 16 keer in 1995 gaan druk. Hy was self in ‘n ongelooflike 51 wedstryde vir Affies se eerstespan in aksie.
Roberts se pa Freddie Roberts , ook ‘n skrumskakel, het Suidwestelike Distrikte in 62 wedstryde tussen 1997 en 1999 verteenwoordig. Hy het ook vir die Valke in 44 wedstryde uitgedraf.
Els was in 2024, saam met vier ander Affie–spelers, Hannes Nagel, Morné Bisset, Hendré Lombaard en Martin van Niekerk, ook deel van die o.16 Hoë-prestasie Kamp. Nagel, Lombaard en Van Niekerk is ook al drie weer tot Jacobs se beskikking.
Ses van Affies se 16 wedstryde in vanjaar se seisoen sal by feeste wees. Die eerste twee sal by die jaarlikse Noord/Suid wees. Die Pretorianers is vanjaar terug op tuisbodem nadat die toernooi in 2025 in Stellenbosch plaasgevind het. Die Wit Bulle sal eerstens teen die Bulle van Oakdale Landbou te staan kom. Sy tweede kragmeting sal met die onvoorspelbare Hoërskool Durbanville wees.
Pretoria Boys High se Eeufees volg waar die Wit Bulle weer twee keer in aksie sal wees. Michaelhouse is eerste op die spyskaart, waarna Grey High School as nagereg wag. In Kimberley, by die Absa Wildeklawer, sal die Wit Bulle litte losmaak teen Outeniqua voor die groot ontmoeting met Paarl Boys’ High, wat een van die hoogtepunte van die seisoen, nie net by die week, sal wees nie.
Dit is natuurlik ook die begin van taai drie weke. Jeppe High School for Boys volg die kragmeting met Boishaai. Dit is egter die ontmoeting met Grey Kollege in Pretoria op 16 Mei wat die
Buiten die sewe wat terugkeer, het die Affie-afrigtingspan tien jongelinge wat die sprong na die hoër vlak met ywer sal aanpak. Die Pretorianers het ‘n groot gros spelers wat in 2025 by die Grant Khomo-week in aksie was. Hiervan was, nie minder nie, as nege by die nasionale o.16 hoë-prestasiegroep betrokke.
Dié tien word deur ses voorspelers, waarvan vier sake vir ‘n plek in die vaste vyf sal uitspook, en vier in die agterhoede, uitgemaak.
Ziaan Slabbert en Liam de Jager sal met Hannes Nagel vir ‘n plek in die voorry armdruk. Hendré Ehlers ding met Els vir die tweetrui mee, terwyl Alexandré Muller vir Martin van Niekerk op sy tone sal hou. Die stryd vir die agt-trui tussen Janno Geyser en Caleb Pretorius sal verder bydra tot ‘n sterk, tradisionele Affie pak.
Agterlangs sal Rico du Plessis ‘n sterk aanspraakmaker vir ‘n plek in die middelveld, heel moontlik saam met Marx, wees. Dandré Brink is verder deel van die groep wat die Wit Bulle se versterkings in die agterhoede betref. Ruben Smith is die vroeë gunsteling om Fourie se moontlike skakelmaat te wees.
Kyle van Staden blyk die gusteling om Lamond Baadjies se opvolger as heelagter te wees. Die Wit Bulle se uitdagende seisoen sal, soos gebruiklik, met die tradisionele derby teen Pretoria Boys High, op 8 Augustus afgesluit word.
Affies se bepalings vir 2026:
| # | DATE | nul | null | OPPOSITION | VENUE | TV |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 1 | 14/03/2026 | Affies | Waterkloof | |||
| 2 | 21/03/2026 | Affies | Paul Roos Gimnasium | Stellenbosch | ||
| 3 | 28/03/2026 | Affies | Oakdale Landbou | Noord/Suid | ||
| 4 | 31/03/2026 | Affies | Durbanville | Noord/Suid | ||
| 5 | 04/04/2026 | Affies | Michaelhouse | PBHS Centenary | ||
| 6 | 06/04/2026 | Affies | Grey High School | PBHS Centenary | ||
| 7 | 11/04/2026 | Affies | Paarl Gimnasium | |||
| 8 | 18/04/2026 | Affies | Garsfontein | |||
| 9 | 25/04/2026 | Affies | Outeniqua | Absa Wildeklawer | ||
| 10 | 27/04/2026 | Affies | Paarl Boys' High | Absa Wildeklawer | ||
| 11 | 09/05/2026 | Affies | Jeppe High School for Boys | |||
| 12 | 16/05/2026 | Affies | Grey College | |||
| 13 | 23/05/2025 | Affies | King Edward VII | |||
| 14 | 25/07/2026 | Affies | Maritzburg College | |||
| 15 | 01/08/2026 | Affies | Noordheuwel | |||
| 16 | 08/08/2026 | Affies | Pretoria Boys High |
- Wit Bulle se horings sal vroeg in 2026 al skerp moet wees - 2026-02-12
- Jannie Geldenhuys sal Vrystaat by Cravenweek brei - 2026-02-12
- Grey lok Norie-rugbybrein na Rosestad - 2026-02-11




