Wilgerivier ryg die drieë in teen St Andrews in die Irawa-eindstryd
Wilgerivier van Frankfort is hierdie jaar die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga kampioene.
Die span van Frankfort het vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd op Shimlpark in Bloemfontein met 71-17 pakslae gegee.
Kyk die eindstryd weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Wilgerivier het vroeg al soos die voorste aanspraakmakers op die titel gelyk nadat hulle verlede jaar se kampioene, Bothaville, in die Griffon-eindstryd kon uitskakel met 29-14.
Die Wilgies het 11 drieë teen Saints in die eindstryd inryg, en hul binnesenter, Tiaan Hattingh, kon met agt van die verdoelings slaag.
Dit trek dan ‘n streep onder ‘n merkwaardige seisoen vir Wilgerivier, wie vir die Colt-liga en die Griffon-liga trofees ‘n staanplek in Frankfort kon besorg met hul harde werk.
Sy skakelpaar-neefs, Wian Muller (losskakel) en HG Muller (skrumskakel) was altwee weer agter die doellyn in die eindstryd nadat hulle nog heel jaar ‘n kernrol in die Wilgie-aanval speel.
Thlompo Motsapi (vleuel) is ook ‘n uitblinker hierdie seisoen, en kon sy jaar afsluit met nog ‘n drie agter sy naam.
Die feit dat 11 verskillende spelers Wilgerivier se drieë kon druk wys hoe oorheersend hul spel was.
Vir St Andrews was dit weereens hul kaptein en onderkaptein wat hul span se poging aangevuur het, maar die Wilgerivier span was eenvoudig beter op die dag.
Connor Nel, die Bloemfonteiners se kaptein en ster-heelagter kon in die eerste helfte weer oor die doellyn bars vir sy span se eerste punte, maar sy seisoen is ongelukig in die tweede helfte kortgeknip met ‘n besering.
Sy onderkaptein, die groot stut, Matthew Simon, was ook weer vir sy span ‘n uitblinker en kon hul tweede drie aanteken, voordat Matthew Fletcher, sy flank, in die 70ste minuut ‘n laaste drie vir St Andrews kon druk, maar Wilgerivier was nooit werklik onder enige druk nie.
Puntemakers:
Wilgerivier 71 (38) – Drieë: Jean-Pierre Prinsloo, Wian Muller, Jonty Graaff, Ruan Mayer, Ernst Richter, Thlompo Motsapi, NW de Beer, HG Muller, Marnus Swart, JD van der Berg, JF Reyneke. Doelskoppe: Tiaan Hattingh (8). St Andrews 17 (7) – Drieë: Connor Nel, Matthew Simon, Matthew Fletcher. Doelskoppe: Nel (2).
Ander wedstryd:
o.15 – De Aar 14, Bultfontein 7.
Die spanne was:
Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ernst Richter, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 NW de Beer, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.
St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Retshedisitswe Mokoena, 13 Mlungisi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Ntssamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Yavantle Peni, 7 Mandela Sipoyo, 6 Matthew Fletcher, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipoyo, 3 Matthew Simon, 2 Ioanni Giannakopoulos, 1 Brett Barnes.