SuperSport Schools Plus

Wilgerivier nie sommer in vanjaar se Irawa-liga gestuit nie

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2024-08-16 Tags: , , , , , ,

FOTO: Marnus Photography

Die Hoërskool Wilgerivier is vanjaar die gunsteling om sy titel as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga te behou. Die Wilgies kom wel Saterdag in waarskynlik sy moeilikste toets vanjaar teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg te staan.

Die verdedigende kampioen het verlede jaar vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein afgeslag.

Die enigste skool wat in die geskiedenis van die reeks nog daarin kon slaag om sy titel as kampioen van die Irawa-liga suksesvol te verdedig was Landboudal van Jacobsdal wat in 2013 en 2014 die kroon gedra het. Die Lanties meet Saterdag in die Shimla-liga teen Voortrekker van Bethlehem kragte.

Die Wilgies se skakelpaar, HG Muller (skrumskakel) en Wian Muller (losskakel), kan met hul spel vir Hendrik Potgieter probleme besorg. En kom ons wees nou maar eerlik wat is ‘n span van die Hoërskool Wilgerivier sonder ‘n Muller of twee. Albei was verlede jaar ook reeds sleutelspelers vir die verdedigende kampioene.

Wilgerivier het sy plek in vanjaar se uitspeelwedstryde danksy ‘n sege van 32-15 oor Ficksburg in die Griffons se Platteland-eindstryd bespreek. Hendrik Potgieter is die Vrystaatse B-liga kampioen na hy vir Zastron met 36-29 in die eindstryd geklop het.

Die span van Reddersburg het vanjaar teen Bothaville (26-34) die knie gebuig wat ook teen Wilgerivier in aksie was. Die Wilgies het dié wedstryd op ‘n drafstap met 62-7 gewen.

Curro Kathu sal in die ander halfeindstryd teen Ficksburg op Suzuki-park in Kimberley te staan kom. Die span van Kathu is die Griekwas se mediumskole-kampioen na hy vir Hoërskool Douglas in die eindstryd naelskraaps met 30-29 geklop het.

Die spanne is: 

Curro Kathu vs Ficksburg op Suzuki-park in Kimberley om 14:10: 

Curro Kathu: 15 Damian Mathys, 14 Xavior Leibrandt, 13 Luis Cassumba, 12 Stephan Ludik, 11 Carlo Cupido, 10 Leighton Hopshire, 9 Yibonge Mapi, 8 Euthan van Wyk, 7 Lyndzae Peacock, 6 Unathi Raborife, 5 De-Anzo Eilers, 4 Motheo Motsitsi, 3 Itumeleng Lekgetho, 2 Liam Pretorius, 1 Ruan Burger.

Ficksburg: 15 Oratilwe Shata, 14 Sameer Kraukam, 13 Boitumelo Hlalele, 12 Khotso Potloane, 11 Motlatsi Mohapi, 10 Evert Strydom, 9 Morné Swanepoel, 8 Karabo Morobe, 7 Thato Tsilo, 6 Lerato Makibi, 5 Mothandazo Khaoletsa, 4 Gert Bezuidenhout, 3 Lebo Lehohla (kaptein), 2 Mzilikazi Mokamatsili, 1 JJ Nell.

Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter vs Hoërskool Wilgerivier op Jim Fouché se A-veld in Bloemfontein om 12:30:

Hendrik Potgieter: 15 Sterling Batties, 14 Denver Jacobs, 13 Waylon Strydom, 12 JW Mortlock (kaptein), 11 Boitshepe Nthibe, 10 Theang Monoyane, 9 Ensley van Wyk, 8 Unathi Ngeyakhe, 7 Hannes Jacobs, 6 Bin Laden Macholo, 5 Kallie Erasmus, 4 SW Erasmus, 3 Attie Melato, 2 Janco Roberts, 1 Pieter Jacobs.

Wilgerivier: 15 Marnus Swart, 14 Gerhardu Lourens, 13 Thlompo Motsapi, 12 Onkarabile Mokoena, 11 Pedri Graaff, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Tshwanelo Rametse, 2 Louis de Villiers, 1 Juan de Klerk.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.