SuperSport Schools Plus

Wilgerivier bult spiere op toer

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2013-04-08

NuusG BrandfortWILGERIVER van Frankfort se eerste rugbyspan is as kampioen van Port Natal se jaarlikse rugbytoernooi gekroon. Die span van die Oos-Vrystaat het die Goudveld-Hoërskool, wat in die Griffons se voorste liga speel, met 24-21 in die eindstryd geklop.
Wilgerivier was met tien minute se spel oor nog 24-0 voor. Die span het Gouties ’n kans gegee om terug in die wedstryd te kom, maar steeds genoeg gedoen om die oorwinning te verseker.
Wilgerivier is die verdedigende kampioen van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir klein skole) en gaan nie vanjaar maklik van sy titel afstand doen nie. Volksblad is ’n medeborg van dié liga.
Die span van Frankfort het ­Louis Trichardt (31-5) en Secunda (15-12) in sy ander twee wedstryde op toer geklop.
Die Kalahari Leeus van Kuruman het ook hul spiere gebult. Dié span, wat ook kwalifiseer om in die Irawa-liga mee te ding, het nog ’n Griffon-liga span, Welkom- Gimnasium, 8-5 verslaan. Die span het ook die Hoërskool Sasolburg 41-0 verslaan. Die wedstryde is by Sportweni gespeel.
Hentie Cilliers het King Edward VII se Paastoernooi in Johannesburg met ’n weghol-oorwinning van 87-0 teen die Leeus XV-tal afgesluit. Die span se linkervleuel, Jonathan April, het ’n driekuns voltooi. Die span se agtsteman, Gregan Hull, was weer uitstaande.
Grey-kollege het in sy laaste wedstryd op Kearsney-kollege se Paastoernooi 20-22 teen die Hoërskool Outeniqua verloor.
Die span van George se losskakel, Dewald Human, het met 14 minute se spel oor in die kragmeting gaan druk om aan sy span ’n voorsprong van 22-20 te gee.
Die wenspan het ook in die eerste helfte in ’n stadium 12-10 ­voorgeloop en eers weer met Human se drie vir die tweede en beslissende keer die voorsprong gehad.
Die span se kantman en kaptein, Geor Malan, het twee van sy span se drieë gedruk, waarvan die eerste ’n onderskepdrie. Grey se heelagter, EW Viljoen, het 15 van sy span se 20 punte aangeteken.
Brandfort se eerste span het die Hoërskool Reitz met 35-0 ore aangesit nadat hy 7-29 teen Kalahari verloor het.
Die span het ook teen Tuine met 0-22 tweede gekom.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.