Wildeklawer se bepalings vir 2019
Skolerugbyondersteuners kan volgende jaar tydens die 11de Wildeklawer-toernooi weer van die voorste skolerugby in 2019 verwag. Die toernooi sal volgende jaar van 2 tot 4 Mei in Kimberley aangebied word.
Die twee stryde wat die meeste uitgesien na sal word vind albei op die tweede dag van die toernooi plaas. Suid-Afrika se voorste span van 2018, Grey-kollege, sê Paarl Gimnasium die stryd aan, terwyl die wedstryd tussen die Hoër Jongenskool Paarl en Affies ook soos gewoontlik vir vuurwerk behoort te sorg.
Paul Roos Gimnasium en Garsfontein van Pretoria sal mekaar vir ‘n geskiedkundige eerste keer die stryd tydens volgende jaar se toernooi aansê. Paul Roos sal in sy tweede wedstryd teen Helpmekaar-kollege van Johannesburg se staan kom.
Die nuwelinge, Transvalia van Vanderbijlpark, word vroeg in die diepkant ingegooi. Hulle kom teen Paarl Gimnasium op die eerste dag van die toernooi te staan. Transvalia se wedstryd op die tweede dag teen Boland Landbou behoort ook ‘n uiters fisieke kragmeting te wees.
Die bepalings is:
Donderdag, 2 Mei 2019
Noord-Kaap vs Helpmekaar
Welkom Gimnasium vs Waterkloof
Affies vs HTS Drostdy
Paul Roos Gimnasium vs Garsfontein
Hoër Jongenskool Paarl vs Glenwood
Transvalia vs Paarl Gimnasium
Monument vs Boland Landbou
Grey College vs Oakdale Landbou
Diamantveld vs Stellenberg
Menlopark vs Outeniqua
Saterdag, 4 Mei 2019
Hoër Jongenskool Paarl vs Affies
Boland Landbou vs Transvalia
Grey College vs Paarl Gimnasium
Menlopark vs Oakdale Landbou
Diamantveld vs Waterkloof
Welkom Gimnasium vs Stellenberg
Garsfontein vs Glenwood
Paul Roos Gimnasium vs Helpmekaar
Noord-Kaap vs Outeniqua
Monument vs HTS Drostdy




