SuperSport Schools Plus

Wie kan Noordheuwel in vanjaar se NWU Prestige-reeks stuit?

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-04-15

Die kwarteindstrydrondte van die 2023 NWU Prestige reeks het aangebreek, en van hier af is daar geen tweede kanse nie.

Al die kwarteindstrydwedstryde word op SuperSport Schools uitgesaai – Teken hier aan

Die heersende kampioene, Noordheuwel, kom Saterdag teen Die Anker te staan in Pretoria op Montana se velde om 15:00.

Hul losskakel, JT Kapank, was tot dusver instrumenteel in hul veldtog om verlede jaar se sukses te herhaal.

Die Anker se enigste nederlaag die seisoen het gekom in ‘n harde stryd teen Rustenburg, anders as dit was die Brakpan seuns nog baie suksesvol teen spanne soos Hugenote (36-0) en Hoërskool Upington (29-26)

Hul losskakel, Benton Giessing, is ook sentraal tot hul aanval, en die wedstryd beloof ‘n goeie kragmeting tussen die twee spelmakers.

Oos-Moot het die tuisveldvoordeel waneer hulle teen Rustenburg speel, om 13:40.

Naas Olivier se Rustenburg span speel vanjaar baie goeie rugby.

Hulle het bo-aan hul groep in die Prestige-reeks geeindig  en hul enigste nederlaag die seisoen was teen Die Brandwag van Uitenhage tydens die Oakdale Rugbyweek.

Die Rusties se vlugvoetige vleuel, Lorenzo Snyers het al menigde spogdrieë vir sy span gedruk, en is definitief een om dop te hou in hierdie wedstryd.

Oos-Moot sal die aanmoediging van die tuisskare nodig he om die Rusties te ontstel.

Wesvalia pak vir Heidelberg Volkskool aan op Zwartkop se velde, voor Hoërskool Middelburg en Marais Viljoen mekaar ook daar ontmoet.

Die stryd tussen Middies en Marais Viljoen beloof om een van die hoogtepunte van die rondte te wees. 

Marais Viljoen is tot dusver onoorwonne in die reeks, terwyl die Middies naelskraaps teen Jeugland (25-23) verloor het. 

Wesvalia se Ben Bierman (heelagter) en Teboho Sekonyela (vleuel) ruil vir hierdie wedstryd posisies, albei die spelers het al goed presteer vir die Klerksdorp span, dit sal interesant wees om te sien watse effek hierdie beweging op hul spel het.

Die spanne is:

Noordheuwel vs Die Anker om 15:00 te Montana:

Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Keaton van Deventer, 13 Marshall de Vos, 12 Jared Coetzee, 11 Divan Cruywagen, 10 JT Kapank, 9 Rian Swanepoel, 8 Jaundre de Villiers, 7 Ludie Schutte, 6 Marco Maree, 5 Jaun Fourie, 4 Rudolph Coezee, 3 Martin Nel, 2 Jaundre Schoeman, 1 Meyer Opperman. 

Die Anker: 15 Damien Muller, 14 Stephan Baartman, 13 Christiaan Nel, 12 Duhan du Plessis, 11 Marcel Engelbrecht, 10 Benton Giessing, 9 Danie Smit, 8 Hanru Pienaar, 7 Divan du Plooy, 6 Bradley van Niekerk, 5 AJ Roux, 4 Ruben Herbst, 3 Luke Bosley, 2 Dihan de Villiers, 1 Buks Britz.

Hoërskool Middelburg vs Marais Viljoen om 15:00 te Zwartkop:

Hoërskool Middelburg: (Moontlik) 15 Simtha Maseko, 14 Blessing Hamandishe, 13 PJ Sill, 12 Luke Geldenhuys, 11 Mthokozisi Yende, 10 Divan van der Westhuizen, 9 Crawford Joubert, 8 Tjaart Joubert, 7 Tyrell Isaacs, 6 Ronin van Niekerk, 5 Paul van der Merwe, 4 Joseph Loretz, 3 Tebogo Nkosi, 2 Fumani Chauke, 1 Shaun Marx.

Marais Viljoen: (Moontlik) 15 Tyler Woodruff, 14 Brandon Els, 13 Tiaan Joubert, 12 Juandre Theron, 11 Franco Horn, 10 Giacchino Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Stephan van Deventer, 7 Cephas van Biljon, 6 Lohan van Schalkwyk, 5 Phillip Jonker, 4 Dian Scheepers, 3 Calum Botha, 2 Tiaan Bruyns, 1 Dylan Alberts.

Oos-Moot vs Rustenburg om 13:40 te Oos-Moot

Oos-Moot: 15 Jeandre de Bruyn, 14 Ewald Wolmarans, 13 Stian Oosthuizen, 12 Ruwan Allen, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Charl van der Sluis, 9 Jacques Benade, 8 Gert Hendrik Grobler, 7 Wade Williams, 6 Nathan Kleynhans, 5 Jaydon Botha, 4 Zander Kumm, 3 Christian Smith, 2 Ryan Scott, 1 Braam Bezuidenhout.

Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Adriaan Liebenberg, 12 MC Smit, 11 Lorenzo Snyers, 10 Jaden Meyer, 9 Wilhelm van Wyk, 8 Coenraad Coetzer, 7 Sybrandt Byleveldt, 6 Ruben Delport, 5 Pedri Human, 4 PJ Engelbrecht, 3 Carlo van Wijk, 2 Johan Retief, 1 Werner Kinnear.

Wesvalia vs Heidelberg Volkskool om 13:40 te Zwartkop

Wesvalia: 15 Ben Bierman, 14 Teboho Sekonyela, 13 Xander Smit, 12 Deon Viljoen, 11 Werner Kruger, 10 Rickardt van Heerden, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Fracois Dumond, 5 Junior Kuhn, 4 Marco Dreyer, 3 Heinrich Jansen van Vuuren, 2 Andre Taute, 1 Koos Kleynhans.

Heidelberg Volkies: 15 Joshua Booysen, 14 Tristan la Grange, 13 Kyle Venter, 12 Ruduwaan Rodgers, 11 Rhys Thompson, 10 Keane Duckitt, 9 AJ Engelbrecht, 8 Daniel Jordaan, 7 Joshua Munro, 6 Francois le Roux, 5 Dylan Stuart, 4 Wilco Janse van Rensburg, 3 Lian Pelzer, 2 Dian la Grange, 1 Handre Strydom.

9-16 Uitspeelrondte, Saterdag 15 April:

12:20 – Potchefstroom Volkskool vs Hugenote (Springs); 12:20 – Jeugland vs Potchefstroom Gimnasium; 16:00 – Zwartkop t. Lichtenburg; 17:00 – Montana t. Oosterlig.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.