SuperSport Schools News

Wie gaan die kroon in vanjaar se Noordvaal Sewes-toernooi dra?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-09-23

NoordvaalSewesDie verdedigende kampioen van die Noordvaal Sewes-toernooi, Dr. EG Jansen van Boksburg, sal vandag om 15:40 sy aanslag op vanjaar se titel teen Wesvalia van Klerksdorp afskop.

Die Jansies sal in sy ander twee groepwedstryde teen Noordheuwel en Oos-Moot te staan. Die span van Boksburg het in 2019 die kroon gedra toe hy danksy ‘n drie in die doodsnikke van die eindstryd deur Jaden du Preez daarin geslaag het om vir Monument van Krugersdorp met 24-19 na ekstra speeltyd as kampioen te onttroon.

Soos gewoonlik is die Hoërskool Menlopark die gasheer vir die toernooi wat in 2014 ontstaan het. Die Parkies is saam met Piet Retief, Transvalia en Marais Viljoen in ‘n groep geloot.

Sedert die ontstaan van die toernooi kon daar nog net drie skole daarin slaag om as kampioen gekroon te word. Hulle is HTS Middelburg (2014), Monument (2015, 2017, 2018) en EG Jansen (2016, 2019).

Garsfontein se BlitzBere behoort vanjaar ook weer ‘n sterk aanslag op die titel te loots. Die Blitzbere was vroeër vanjaar kampioen van die Sutherland- asook die Montana Sewes-toernooie.

Die span van die Jakarandastad sal wel sonder een van sy sleutelspelers Demitre Erasmus moet klaarkom.

Die groepe is: 

Groep A: Garsfontein, Ellisras, Secunda, Rustenburg.
Groep B: Menlopark, Piet Retief, Transvalia, Marais Viljoen.
Groep C: Monument, Waterkloof, Pietersburg, Jeugland.
Groep D: EG Jansen, Noordheuwel, Oos-Moot, Wesvalia.

Die bepalings:

Vrydag, 23 September 2022

A-veld

13:00 – Garsfontein vs Ellisras; 13:20 – Secunda vs Rustenburg; 13:40 – Piet Retief vs Marais Viljoen; 14:00 – Transvalia vs Menlopark; 14:20 – Monument vs Pietersburg; 14:40 – Waterkloof vs Jeugland; 15:00 – Garsfontein vs Rustenburg; 15:20 – Secunda vs Ellisras; 15:40 – EG Jansen vs Wesvalia; 16:00 – Noordheuwel vs Oos-Moot; 17:40 – Monument vs Waterkloof; 18:00 – Jeugland vs Pietersburg; 18:20 – EG Jansen vs Noordheuwel; 18:40 – Oos-Moot vs Wesvalia.

B-veld

13:00 – Monument vs Jeugland; 13:20 – Waterkloof vs Pietersburg; 13:40 – EG Jansen vs Oos-Moot; 14:00 – Noordheuwel vs Wesvalia; 15:40 – Piet Retief vs Menlopark; 16:00 – Transvalia vs Marais Viljoen; 17:40 – Garsfontein vs Secunda; 18:00 – Ellisras vs Rustenburg.

Saterdag se bepalings van die uitspeelwedstryde na eers na die eerste dag se groepwedstryd bepaal word. 

Vorige Eindstryde (2014-2017): 

2019EG Jansen24Monument19
2018Monument24EG Jansen5
2017Monument21Transvalia14
2016EG Jansen40Garsfontein17
2015 Monument36Garsfontein5
2014 HTS Middelburg31Garsfontein24
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.