SuperSport Schools Plus

Wie gaan 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-08-16 Tags: ,

NewsGKadeWolhuterGrey-kollege en Paul Roos Gimnasium sal mekaar Saterdag in ‘n wedstryd pak wat met ‘n Wêreldbeker-eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks vergelyk kan word. Albei spanne is nog onoorwonne vanjaar en die wenner van dié wedstryd in Bloemfontein sal 2018 as Suid-Afrika se voorste skolespan afsluit.

Die wedstryd tussen die twee eerstespanne is ‘n FNB Classic Clash en word regstreeks op SuperSport uitgesaai. DigiTV.co.za sal ook al die wedstryde op die GCB A-veld regstreeks uitsaai. 

Hoewel die feit dat albei spanne ‘n paar spelers kortkom wat nog Saterdag vir die SA Skole-span teen Engeland moet diens doen wel van die wedstryd se glans steel, heers daar groot opwinding in Stellenbosch en die Rosestad oor dié kragmeting. Vir die gasheer sal sy vaskopstut, Herman Aggenbag, flank De Wet Marais en die buitesenter, Wyclef Vlitoor, die wedstryd weens hul verpligtinge by die nasionale skolespan misloop. 

Paul Roos se SA Skole-spelers wat nie beskikbaar is nie, is Brendan Venter (binnesenter), JJ Kotze (kaptein en haker), Hanru Jacobs (vaskopstut) en Juan Mostert (losskakel). Op papier is Paul Roos se aanslag die grootste slag deur sy verteenwoordiging in die SA Skole-span toegedien. Hoe groot die leemte is wat elk van die spelers van die twee spanne laat sal egter eers Saterdag om 13:55 wanneer die spanne op die veld is duidelik wees.

Grey-kollege het in sy vorige wedstryd teen Glenwood in Durban wel met 25-elk gelykop gespeel. Glenwood het vanjaar ook die seisoen onoorwonne afgesluit, maar sy wedstryd teen Grey was sy enigste teen een van die voorste tien spanne vanjaar in Suid-Afrika. Paul Roos het heeltemal ‘n vlekkelose rekord met sy sege oor die Hoër Jongenskool Paarl (44-8) wat waarskynlik sy indrukwekkendste tot dusver die seisoen was. 

Boishaai was die afgelope drie jaar Suid-Afrika se voorste skolespan so die nederlaag teen Paul Roos in die Eikestad was ‘n gevoelige een. Paul Roos kon Grey laas in 2015 (19-12) klop, maar laas in die Rosestad in 2006. In die span van 2006 was Francois Hougaard en Stephan Dippenaar. 

In 2009 moes Grey sonder ses SA Skole-spelers na die Eikestad reis. Paul Roos was op die dag met 9-3 baas met die Bok-senter Francois Venter wat op daardie dag op losskakel vir Grey moes diens doen. Die 

Die skeidsregter vir die hoofmaal sal die ervare Ben Crouse wees. Crouse is een van die voorste skeidsregters in die internasionale sewesreeks. Sy een assistent skeidsregter Jaco Kotze het vanjaar se hoofwedstryd van die Cravenweek in die Paarl hanteer. Kotze het ook die fluitjie vir die hoofwedstryd van die Cravenweek van 2012 in Port Elizabeth beman. 

Kotze was in 2010 ook die skeidsregter toe Grey vir Paul Roos met 41-29 in die Rosestad verslaan het. Die Bok-losskakel Johan Goosen was daardie dag op sy stukke en het 36 van Grey se punte aangeteken. 

Die tuisspan se sleutelspelers tot sukses in Saterdag se kragmeting is die heelagter, Richard Kriel, binnesenter Franco Smith en die skrumskakel, Ross Braude agterlangs. Indien Smith daarin slaag om genoeg ruimte vir Ian Small-Smith aan sy buitekant te gee, behoort daar ‘n paar gapings in die middelveld oop te gaan. Small-Smith het die heel seisoen op vleuel uitgedraf, maar sal soos sy broer William Small-Smith op daai dag in 2009 die nr 13-trui oor die kop trek. 

Voorlangs sal Werner Gouws op sy stukke moet wees asook die flank Raynardo Gouveia by die afbreekpunte. Paul Roos beskik steeds oor ‘n gedugte pak voorspelers met Jarod Cairns (flank), Mink Charink en Robbie Rodgers (albei voorrymanne) wat spelers van gehalte is. Agterlangs sal Grey vir Kade Wolhuter (losskakel) en die heelagter, Remy Engelbrecht, moet dophou. 

Wolhuter het die heel jaar die laaste vesting beman, maar het op o.16-vlak losskakel gespeel. Engelbrecht het die seisoen op vleuel uitgedraf, maar sy vaart en krag sal Grey twee keer laat dink om hom met hoë hangskoppe te toets. 

Die spanne is: 

Grey College: 15 Richard Kriel, 14 Marcell Muller, 13 Ian Small-Smith, 12 Franco Smith, 11 Lesley Botha, 10 Zander du Plessis, 9 Ross Braude, 8 Werner Gouws, 7 WJ Steenkamp (kaptein), 6 Raynardo Gouveia, 5 Danwich Beukes, 4 George Cronjé, 3 Roux Duvenage, 2 André-Hugo Venter, 1 Jan-Hendrik Wessels. 

Paul Roos Gimnasium: 15 Remy Engelbrecht, 14 Aiden Salie, 13 Regan van der Westhuizen, 12 Ruben Labuschagne, 11 Tiaan Pretorius, 10 Kade Wolhuter, 9 Xander Botha, 8 Matthew Cordy, 7 Herman Heins, 6 Jarod Cairns, 5 Daniel Swart, 4 Johann Bouwer, 3 Mink Scharink, 2 Jan-Corrick van der Watt, 1 Robbie Rodgers. 

Skeidsregter: Ben Crouse. 
Assistent Skeidsregters: Jaco Kotze en Darren Colby.

Vorige Uitslae: 

2017Grey College30Paul Roos Gimnasium28Stellenbosch
2016Grey College34Paul Roos Gimnasium32Bloemfontein
2015Paul Roos Gimnasium19Grey College12Stellenbosch
2014Grey College25Paul Roos Gimnasium20Bloemfontein
2013Grey College40Paul Roos Gimnasium8Stellenbosch
2012Grey College33Paul Roos Gimnasium23Bloemfontein
2011Grey College36Paul Roos Gimnasium35Stellenbosch
2010Grey College41Paul Roos Gimnasium29Bloemfontein
2009Paul Roos Gimnasium9Grey College3Stellenbosch
2008Grey College47Paul Roos Gimnasium15Bloemfontein
2007Grey College40Paul Roos Gimnasium14Stellenbosch
2006Paul Roos Gimnasium16Grey College11Bloemfontein
2005Grey College16Paul Roos Gimnasium11Stellenbosch
2004Paul Roos Gimnasium21Grey College18
2004Grey College24Paul Roos Gimnasium23
2003Grey College18Paul Roos Gimnasium17Stellenbosch
2002Grey College19Paul Roos Gimnasium8Bloemfontein
2001Grey College15Paul Roos Gimnasium6Stellenbosch
2000Grey College42Paul Roos Gimnasium13Bloemfontein
1999Grey College29Paul Roos Gimnasium26Stellenbosch
1998Grey College23Paul Roos Gimnasium15Bloemfontein
1997Paul Roos Gimnasium12Grey College8Stellenbosch
1996Grey College18Paul Roos Gimnasium10Bloemfontein
1995Grey College21Paul Roos Gimnasium10Stellenbosch
1994Paul Roos Gimnasium31Grey College29Bloemfontein
1993Paul Roos Gimnasium27Grey College4Stellenbosch
1992Grey College20Paul Roos Gimnasium6Bloemfontein
1991Paul Roos Gimnasium20Grey College3Stellenbosch

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.