SuperSport Schools Plus

Wessies, Middies spook sake uit om vierde plek

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-08-14 Tags: , , , , , , , , , ,

FOTO: Hannes Nienaber.

Die feit dat nie minder nie as vier spanne tans gelyk trek, is ‘n aanduiding van hoe straf die mededinging in die Plaat-afdeling van die SDC Noordvaal Cup vanjaar is.

Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Hoërskool Klerksdorp is tans gelyk derde met HTS Middelburg, wat verlede naweek sy laaste rondomtalie-wedstryd in Centurion gespeel het. Dié twee spanne het elk 26 ligapunte op die oomblik.

Die groot gespook van die naweek, sover dit die Plaat aangaan, behels Hoërskool Middelburg en Hoërskool Wesvalia, wat onderskeidelik vierde en vyfde lê, met 21 punte elk.

Wesvalia moet ‘n begeesterde Hoërskool Kempton Park klop om sy kanse lewendig te hou. Hoewel die Kempies ietwat gesukkel het vanjaar, kan hulle ‘n perd van ‘n ander kleur wees nadat hulle vir Ligbron in die vorige ronde ore aangesit het. ‘n Bonuspuntsege is ononderhandelbaar vir Willem van der Sandt se span, wat na ‘n blaaskans weer na volsterkte terugkeer.

Die Middies kom Saterdag in Ermelo teen ‘n onvoorspelbare Ligbron Akademie te staan. Hul nederlaag teen Hoërskool Oos-Moot in die doodsnikke verlede naweek het nie dinge makliker gemaak nie, en boonop die Oosies ‘n kans gegun om by die agterdeur in te glip. Middies beskik nietemin steeds oor genoeg skietgoed in losskakel, Matthew Abbey, en haker, Roux Grobler, om die pap dik aan te maak in Ermelo.

Die Liggies, met spoedvrate soos Neo Zwane en Bandile Thanjekwayo op vleuel, sal egter brand om hul laaste wedstryd, boonop tuis, met ‘n opskudding af te sluit.

Vir Hoërskool Klerksdorp is sy kragmeting met die onoorwonne Hoërskool Zwartkop ewe belangrik. ‘n Sege, of selfs net twee bonuspunte in ‘n nederlaag, kan hom na tweede en ‘n moontlike tuishalfeind neem. Klerksdorp toon een verandering, met Xander Smit wat die beseerde Tyrand Masango op regtervleuel vervang.

Die Zwarries moes ook twee veranderinge aanbring na hul reusestryd met die Rooi Bulle verlede week. Herman Potgieter draf op agsteman uit met Brian Smith wat uitmis, terwyl Kyle Koopman hom as skrumskakel aansluit by losskakel Tilon Baron, in die plek van Luan Janse van Rensburg.

Die beseringspook het homself behoorlik tuisgemaak by Oos-Moot vanjaar. Die span van Pretoria moet vir Hoërskool Marais Viljoen sonder staatmaker-agsteman, Jaydon Botha, aandurf. Botha se afwesigheid gee aan Divan du Preez ‘n kans om te wys wat in hom steek.

Die Oosies sal uiteraard alles in die stryd werp vir ‘n bonuspuntsege wat, indien die Middies en Wessies albei vasval, vir hulle ‘n plek in die halfeindronde sal bespreek.

Die spanne: 

Wesvalia t. Hoërskool Kempton Park om 13:30 in Klerksdorp

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Stephan Pelser, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

Kempton Park: 15 Stian de Villiers, 14 Guillaume Botha, 13 Jethro Williams, 12 Rocco Louw, 11 Ettienne Stroebel, 10 Ben Steyn, 9 Ferdi Smith, 8 Almero Gerritsen, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooi, 4 Ruan Mostert, 3 Dihan Keeve, 2 Damian Slabbert, 1 Piet van den Heever.

Ligbron Akademie t. Hoërskool Middelburg om 12:20 in Ermelo

Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 13 Banele Mthambo,  12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Siyanda Dennison, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Karale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 Zanempilo Mahlangu, 5 Jeandré Potgieter, 4 André Robberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

Hoërskool Klerksdorp t. Zwartkop om 12:30 in Klerksdorp

Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Xander Smit, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Brandon Botha, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber.

Zwartkop: 15 André Marx, 14 Shayden Botha, 13 Justin Julies, 12 Luan Williams, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Kyle Koopman, 8 Herman Potgieter, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan Knott, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Oos-Moot t. Marais Viljoen om 12:20 in Pretoria

Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Drew Williams, 13 Themba Kella, 12 Jeandré Venter, 11 Jayden Pretorius, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Divan du Preez, 7 Riyaan Wilson, 6 Pema Bramely, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Mike Notnagel.

Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.