Vuurwarm Wesvalia wag op Monties
Hoërskool Wesvalia, wat verlede naweek vir die eerste keer in drie jaar met Hoërskool Fichardtpark kon afreken, sal met hernude selfvertroue uitsien na hul stryd teen Hoërskool Montana, wanneer hulle die Pretorianers Saterdag in Klerksdorp verwelkom.
Montana het hul eerste wedstryd van die seisoen met 20-25 teen Hoërskool Pietersburg in Polokwane verloor, en sal daarop uit wees om sake hierdie naweek reg te stel.
Losskakel, Ruwald Goosen, se skopskoen hou in ‘n mate die sleutel tot die Monties se sukses, terwyl die Monties se spoedvraat op linkervleuel, Sam Schoeman, groot gevaar inhou wanneer hy die geringste spasie gegun word.
Voorlangs sal agtsteman, Richard Botha, woel in die los, met Dieter Scheepers (oopkantflank) wat vir Wesvalia van vinnige balbesit sal wil weerhou. Scheepers is dodelik by die afbreekpunte en kan lug uit ‘n wiel steel as jy hom toelaat.
Vir Wesvalia maak Junior Kuhn, een van hul groot uitblinkers in 2023, op haker sy terugkeer, en hy sal met die twee vuurvreters op slot, Wessel Sevenster en Franco Dumond, asook Francois Dumond (steelkantflank) en Hanre Venter (agtsteman), die pap dik aanmaak voorlangs.
Die veelsydige Marno Dreyer draf op heelagter uit, terwyl Rickardt van Heerden beheer van die agterlyn sal neem in die nr. 10-trui. Chad Hofmeyer sluit by hom aan op skrumskakel, en sal goeie, vinnige balbesit wil verseker.
Elders in Klerksdorp wag Hoërskool Klerksdorp op Hoër Volkskool Heidelberg. Dit is Klerksdorp se eerste amptelike uitstappie van die seisoen, en hulle sal vasberade wees om op verlede jaar se strawwe veldtog te verbeter.
Die voorry, bestaande uit Botshelo Motsepe (loskopstut), Janco Coetzer (haker) en Dyllan Baird (vaskopstut), sal die grondslag voorlangs moet lê, vir spelskeppers agterlangs, soos losskakel Deacon Loots en buitesenter Marco Botha, om amok onder Volkies se verdedigers te probeer saai.
Die Volkies sal hul naelskraapse nederlaag van 29-30 teen Hoër Volkskool Potchefstroom wil vergeet en vir Klerksdorp met mening aandurf. Agtsteman, Joshua Monro, beskik oor ‘n jaar se ervaring op eerstespanvlak en behoort met sy vurige spel voorlangs goud werd te wees vir die besoekers.
Agterlangs kan die spelskepper, Kayle Venter, die skote op losskakel laat klap. Dit is ook sy tweede jaar in die Volkies se eerstespan en dié ervaring behoort handig te pas te kom vir die Volkies, vernaam op die aanval.
Hoërskool Hugenote van Springs meet op tuisbodem kragte met ‘n tweede groep senior speles van Hoërskool Noordheuwel. Die rede hiervoor is dat die ander groep Norrie-spelers teen Hoërskool Outeniqua op dieselfde dag te staan kom.
Die span van Springs sal hulle nie veel steur aan wie presies hul teenstanders is nie. Arne Marias, Hugenote se kookwater oopkantflank, sal die Norries voorlangs, veral by die afbreekpunte en op verdediging, besig hou, en hy sal effektief bygestaan word deur Willie Schutte (agtsteman) en Etienne Smit (steelkantflank).
Norries beskik self oor ‘n giftige agterhoede. Brandon Pieters sal beheer neem op losskakel, met Zander Nieuwenhuizen wat van heelagter ook gevaar inhou. Nieuwenhuizen beskik oor ‘n geoefende skopvoet, waarmee hy vir Hugenote dikwels kan laat omdraai.
Hoërskool Oosterlig kan hul hande moontlik volhê wanneer hulle teen Hoërskool Rustenburg in Johannesburg te staan kom. Die Rusties se groot aanvalskrag lê in hul spoed agterlangs, met Lorenzo Snyers wat sy terugkeer vir ‘n tweede jaar in die Rusties-trui maak.
Dit beteken egter nie dat die Rusties voorlangs tekort skiet nie. Pedrie Human en Erich Ackerman, Rustenburg se slotpaar, kan ‘n deurslagewende rol vertolk met hul kragtige dryfspel, terwyl MC Smit ook weer op agtsteman sy deel sal bydra.
Vir Oosterlig sal Jeandre Naude en Rubin van der Merwe, wat op slot sak, die Rusties se krag voorlangs probeer neutraliseer. Gert Nel doen in die nr. 6-trui diens en sy verdediging sal van kardinale belang wees.
Oosterlig se senterpaar, Dylan en Joel Jordaan, sal probeer om met hul gesamentlike verdediging vir die gevaarlike Snyers verder in te perk.
Die spanne:
Wesvalia t. Montana om 12:30 in Klerksdorp:
Hoërskool Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Fafa Calitz, 12 Philip van Rensburg, 11 Justin Adams, 10 Rickardt van Heerden, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Wessel Sevenster, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Jonothan Botha.
Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Tyron van Rooyen, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Richard Botha, 7 Reinardt van den Berg, 6 Dieter Scheepers, 5 Justin Herbst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.
Hoërskool Klerksdorp t. Volkskool Heidelberg in Klerksdorp:
Hoërskool Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Yuran Malete, 13 Winton Abrhams, 12 JC de Villiers, 11 Cenzo Holland, 10 Deacon Loots, 9 Dorian Isaacs, 8 GJ Steenberg, 7 Tiaan Koen, 6 Diwan Labuschagne, 5 Heinrich Hovener, 4 Bokamoso Mabeleng, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Gerhard Dreyer.
Hoër Volkskool Heidelberg: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Marco Botha, 12 Danie Munro, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Wilco Janse van Rensburg, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Fourie Jacobs, 4 Juan de Villiers, 3 Dyllan Baird, 2 Janco Coetzer, 1 Botshelo Motsepe.
Hugenote t Noordheuwel om 12:30 in Springs:
Hoërskool Hugenote: 15 George Loucas, 14 Musa Mhlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Vian van Dyk, 11 Damien Frith, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Franko Neuhoff, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.
Hoërskool Noordheuwel: 15 Zander Nieuwenhuizen, 14 Regardt Tiedt, 13 Ethan Smith, 12 Zander Drake, 11 Jade Rollison, 10 Brandon Pieters, 9 Dylan Ferreira, 8 Willie Schutte, 7 Etienne Smit, 6 Raheem Schiefer, 5 Johannes Hoogendyk, 4 Christiaan Delport, 3 Jhuvann Graaf, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.
Oosterlig t. Hoërskool Rustenburg om 12:50 in Johannesburg:
Hoërskool Oosterlig: 15 Jaydon Bouwer, 14 Dean Jordaan, 13 Dylan Jordaan, 12 Joel Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandre Bekker, 6 Gert Nel, 5 Jeandre Naude, 4 Rubin van der Merwe, 3 Joshua Niemann, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.
Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Jon-Re Jefthas, 13 Lorenzo Snyers, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Andriano George, 8 MC Smit, 7 Dirk Huisamen, 6 Coenraad Coetzer, 5 Erich Potgieter, 4 Pedrie Human, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.




