SuperSport Schools Plus

Vuurwarm Volkies bied Plasies se grootste uitdaging tot dusver

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-30 Tags: , , , , , , , , , ,

FOTO: Potchefstroom Volksool op Facebook.

Merensky Landbou Akademie wil tuis voortbou op die momentum wat hy met sy sege van 28-26 oor Hoërskool Dinamika behaal het, maar staar ‘n strawwe toets in die gesig met Potchefstroom Volkskool wat agter die sitrusgordyn kom besoek aflê.

Volg al die Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Die Plasies het hul Bowl-veldtog met ‘n nederlaag teen Bergsig Akademie (18-17) afgeskop, maar netjies herstel om vir Dinamika naelskraaps te verslaan en staal hulle nou vir die aanslag van Juhan Geldenhuys en sy Volkskool-span. Die Volkies, ‘n sterk aanspraakmaker om vanjaar met die louere weg te stap, het in hul vorige kragmeting, die jaarlikse Potchefstroom-derby, vir Potchefstroom Gimnasium laat sweet vir ‘n oorwinning van 21-12.

Die Plasies moet vir ongeveer twee weke klaarkom sonder hul woelige steelkantflank, PG Botes, wat sy hand gebreek het in die  kragmeting met die span van Alberton. Craig Walker, normaalweg ‘n staatmaker op slot, vervang vir Botes, met Matthew Mockford wat vir die eerste keer vanjaar op slot sak.

Hoërskool Eldoraigne gaan steeds gebuk onder beseringsprobleme en die Drake se afrigtingspan moes nogmaals ‘n rits veranderinge aanbring vir die tog na Randburg, waar hulle teen Hoërskool Randburg te staan kom. Op ‘n positiewe noot maak kaptein, Darren Bruwer, sy terugkeer, maar wel op losskakel in stede van skrumskakel. Nóg ‘n interessante skuif is dié van Justin Meintjies, bekend vir sy woelige spelpeil as steelkantflank, na buitesenter.

Die Randburgers se breinstrust, daarenteen, het dieselfde span behou ter wille van kontinuïteit met die oog op die tweede helfte van die Bowl-afdeling.

Potchefstroom Gimnasium reis na Kempton Park, óók met ‘n onveranderde span. Die Gimmies is flink op dreef om hul titel suksesvol te verdedig, maar die stryd met Hoërskool Jeugland bied nietemin nóg ‘n taamlike toets. Die span van Kempton Park beskik oor ‘n gros spelers wat verlede jaar in die Skild-afdeling betrokke was, soos die gevaarlike Kokets Maphopa, wat ‘n groot bedreiging inhou met die bal in hand.

Vir die Gimmies het Elrich Bosch, ‘n staatmaker op binnesenter, en De Wet Grobler, die woelige agsteman wat as ‘n Graad 11-leerling reeds dié kompetisie aan die brand gespeel het, tot dusver uitgestaan.

Hoërskool Ermelo keer terug na ‘n loslootjie om vir Hoërskool Dinamika die stryd in Alberton aan te sê. Hoewel die tuisspan verlede naweek vasgeval het, sou hy nietemin steeds vertroue geput het uit sy vertoning in Tzaneen, waar hy een van die Bowl se bekendste spanne die skrik op die lyf gejaag het.

Die spanne: 

Merensky Landbou Akademie t. Potchefstroom Volkskool in Tzaneen: 

Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Arno Nel, 14 Lethabo Riet, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Lourenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink.

Hoërskool Randburg t. Eldoraigne in Randburg: 

Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Philip Rykaart, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Michael Payne, 1 Diedlof Fourie.

Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Tristan Lee, 13 Justin Meintjies, 12 Hugo Theron, 11 Hanno Jacobs, 10 Darren Bruwer, 9 Aiden Labuschagne, 8 Juawan Pietere, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Killian, 5 Damian Janse van Vuuren, 4 Esdee Kotze, 3 Chase Wessels, 2 JG Engelbrecht, 1 Wian White.

Jeugland t. Potchefstroom Gimnasium in Kempton Park: 

Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Potchefstroom Gimnasium: 15 Jandré Oosthuizen, 14 Rea Moloalosi, 13 Irumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Chris van Zijl, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Gorbler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Rynel Rautenbach, 4 Dirk Stear, 3 Matthew Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

Dinamika t. Hoërskool Ermelo in Alberton: 

Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhas, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de bruin, 6 WJ Cronje, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.