SuperSport Schools Plus

Grey maak Saterdag geskiedenis teen Welkom Gimnasium in Rosestad

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2020-03-07 Tags:

NewsGSisonkeVumazonkeDaar word vandag geskiedenis in die Rosestad gemaak wanneer Grey-kollege se eersterugbyspan om 14:00 teen Welkom Gimnasium in sy eerste wedstryd van die seisoen uitdraf. Vir die eerste keer in die spogskool van Bloemfontein se 165-jarige bestaan sal ‘n speler van kleur voor uitdraf vir die eerstespan. 

Al die wedstryde op die A-veld word regstreeks op GreyTV via digitv.co.za uitgesaai. 

Die eer val die agtsteman, Sisonke Vumazonke, te beurt val wat Grey se trots sal aanvoer. Hy is ‘n gebore leier en ook een van Grey se skoolkapteins. Vumazonke het verlede jaar as ‘n slot die SA Skole A-span verteenwoordig. Hy sal vandag ook ‘n ‘n hewige tweestryd met die SA Skole-agtsteman, Keke Morabe, gewikkel wees. 

Morabe het in 2018 en 2019 die SA Skole-span verteenwoordig en sy tweestryd met Vumazonke sal een van die hoogtepunte in die kragmeting wees. Morabe voer ook Welkom Gimnasium se span aan. 

Grey sal ietwat katvoet vir Gimmies wees, omdat die span van Welkom verlede week die Virsekerbeker-kampioen, Menlopark, met 43-7 kaf gedraf het. Die wedstryd sal Gimmies se derde van die seisoen wees na hulle ook die Hoërskool Vryheid met 73-3 afgeslag het. 

Buiten die tweestryd tussen Vumazonke en Morabe kan daar verwag word dat Deon le Roux (Grey) en Calla Pienaar (Gimmies) se stryd in die los uiters fisiek sal wees. Albei die flanke is so taai soos Ratels en sal nie vir mekaar ‘n tree terug staan in die fisieke konfrontasies van die spel nie. 

Agterlangs sal Grey die binnesenter Testimony Dodo fyn moet dophou. Hy het vanjaar sy span se teenstanders se verdediging oopgeknoop. Grey beskik wel in sy agterhoede met waarskynlik die gevaarlikse agterlyn in skolerugby in Suid-Afrika wanneer hulle gaan kliek. Sonwabo Sokoyi (heelagter), Gert Steyn (senter), Joubert Schoeman en Franco Knoetze (albei vleuels) ken die pad doellyn toe al te goed. 

Grey se losskakel, Jean Smith, is die seun van die voormalige Springbok-losskakel en huidige afrigter van die Italiaanse rugbyspan, Franco Smith. Tiaan Fourie sal die oond skoonmaak, maar Grey se skrumskakel van verlede jaar, Juan-Dee Oliver, sal ook nog vanjaar vir die span uitdraf.

FOTO: Morgan Piek Fotografie 

Die spanne is: 

Grey-kollege: 15 Sonwabo Sokoyi, 14 Joubert Schoeman, 13 Gert Steyn, 12 Emile Kotze, 11 Franco Knoetze, 10 Jean Smith, 9 Tiaan Fourie, 8 Sisonke Vumazonke (kaptein), 7 Deon le Roux, 6 Duan Ludik, 5 Hendré Kramer, 4 Danie Louw, 3 Tielman Nieuwoudt, 2 Ricardo Fourie, 1 Juann Else. 

Welkom Gimnasium: 15 Donovan Don, 14 Morné Maastriet, 13 Keno Alexander, 12 Testimony Dodo, 11 Angelo Olivier, 10 Bennie Human, 9 Marco Weideman, 8 Keke Morabe (kaptein), 7 Calla Pienaar, 6 Mingo Piti, 5 Wian Muller, 4 Jarred Kruger, 3 Franco-Lee Ceaser, 2 Dylan Pretorius, 1 Vuyo Holliday.

Die volgende wedstryde sal op GreyTV via digitv.co.za: 

Grey TV14:00o.19AGrey-kollege vs Welkom Gimnasium https://digitv.co.za/#/video/19049/19049/live
12:45o.19Cherries vs Voortrekker https://digitv.co.za/#/video/19049/19049/live
11:30 o.19Peaches vs Welkom Gimnasium IIhttps://digitv.co.za/#/video/19049/19049/live
10:15o.16Grey-kollege vs Welkom Gimnasiumhttps://digitv.co.za/#/video/19049/19049/live
09:00o.15Grey-kollege vs Welkom Gimansiumhttps://digitv.co.za/#/video/19049/19049/live

[powr-comments id=”2fbe382d_1583566538334″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.