SuperSport Schools Plus

Vrystaat kies verlopig vir Cravenweek in Bloemfontein

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-05-23 Tags:

Free StateDie Vrystaatse keurders kon slegs vyf spelers in sy uitsoekgroep vir die Cravenweek van 2019 insluit wat al aan die gesogte toernooi deelgeneem het. Die 56ste Cravenweek word vanjaar deur die Vrystaat vanaf 1 tot 6 Julie op Grey-kollege se velde in Bloemfontein aangebied.

Die vyftal is Jan-Hendrik Wessels (stut), Ian Small-Smith (senter), André-Hugo Venter (haker), Nhlanhla Senoamadi (flank) en FC du Plessis (losskakel). Laasgenoemde het verlede jaar tydens die toernooi in die Paarl die Griffons as heelagter verteenwoordig. ‘n Slag vir die keurders is die feit dat die slot Danwich Beukes wat verlede jaar ook lid van die span was weens ‘n skouerbesering nie verkiesbaar is nie.

Venter is die seun van die gewese Bok-flank en ysterman, André Venter, wat in 66 toetse vir Suid-Afrika uitgedraf het. Small-Smith se broer William het as buitesenter die Vrystaatse Cravenweek-span in 2010 aangevoer. Hy het ook daardie jaar die SA Skole-span aangevoer. William speel deesdae vir die Vrystaat-Cheetahs se seniorspan.

Hul vader, Ian Small-Smith, was ‘n nasionale jeugrekord-houer in die 400m. Sy beste tyd van 45.77 is eers in 1994 deur Riaan Dempers (45.15). oortref.

Die Vrystaatse keurders onder leiding van die sameroeper, Roelf Meyer, moet nog twee spelers sny voor die finale span aangekondig sal word. As daar na die samestelling van die groep gekyk word sal daar ‘n losvoorspeler en stut moet afskuif en ‘n tuiste in die Akademie-span moet vind.

Giovanni Rayners (Jim Fouché) en Brentonio Scheepers (Louis Botha) sal na verwagting sake uitspook om die losvoorspeler-posisie op die bank.

Daar is drie voorrymanne op die plaasvervangersbank – Mamelo Letsoalo (Louis Botha), Petrus Naudé (Grey-kollege) en Wessels. Laasgenoemde is een van die Vrystaters se sleutelspelers en sal nie sommer die toernooi misloop nie. Dit sal beteken dat die keuse vir die keurders dalk tussen Tielman Nieuwoudt en Naudé vir ‘n plek in die finale groep sal lê.

Die Vrystaat kom Saterdag in die HP Pelotona-stadion in Welkom teen Griekwas se Stedelike Akademie-span te staan. Die Griffons se Cravenweek-span kom in die hoofwedstryd van die Bondedag teen sy eweknie van Griekwas te staan.

Buiten die vyf spelers met Cravenweek-ervaring is daar sewe spelers in die groep wat lede van die Vrystaat se Grant Khomo-span (o.16) was, wat verlede jaar vir die eerste keer ooit daarin kon slaag om as nie-amptelike kampioen gekroon te word. Hulle is Olivier, Nieuwoudt, Nabo Sokoyi, Sisonke Vumazonke, Katleho Chabanyane, Ricardo Fourie and Kian Fransman.

Die Vrystaters word vanjaar deur Adolf Swiegers en Bobby Joubert gebrei, met Jimmy Jimlongwe wat weer in sy pos as spanbestuurder sal wees.

Drie spelers wat nie een van die verteenwoordigende spanne gehaal het nie, waaroor ywerige skolerugby-ondersteunders sal wonder – Marcell Muller (vleuel), Joubert Schoeman (veelsydige agterspeler) en Janco Cloete (flank) het nie tydens die proewe opgedaag nie.

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Sonwabo Sokoyi (Grey-kollege), 14 Katleho Chabanyane (Grey-kollege), 13 Ian Small-Smith (Grey-kollege), 12 Lesley Botha (Grey-kollege), 11 Pascal Ekeji (Grey-kollege), 10 FC du Plessis (Grey-kollege), 9 Juan-Dee Olivier (Grey-kollege), 8 George Cronjé (Grey-kollege), 7 Sisonke Vumazonke (Grey-kollege), 6 Deon le Roux (Grey-kollege), 5 Tiaan Jonker (Grey-kollege), 4 Monwabisi Khani (Louis Botha), 3 Tielman Nieuwoudt (Grey-kollege), 2 André-Hugo Venter (Grey-kollege), 1 Mamello Mochaliba (Jim Fouché). Plaasvervangers: 16 Ricardo Fourie (Grey-kollege), 17 Mamelo Letsoalo (Louis Botha), 18 Petrus Naudé (Grey-kollege), 19 Giovanni Rayners (Jim Fouché), 20 Brentonio Scheepers (Louis Botha), 21 Elmar Lintnaar (Louis Botha), 22 Kian Fransman (Grey-kollege), 23 Oleratho Letsholo (Louis Botha), 24 Jan-Hendrik Wessels (Grey-kollege), 25 Nhlanhla Senoamadi (Louis Botha).

Akademie-week: 15 Elrich Isaacs (Louis Botha), 14 Ntsebe Lechesa (Sentraal), 13 Zane Bester (Jim Fouché), 12 Franco Knoetze (Grey-kollege), 11 L Thakoli (Louis Botha), 10 Francois van Rooyen (Sentraal), 9 Ryan George (Jim Fouché), 8 Janko Kachelhoffer (Sentraal), 7 Duan Ludick (Grey-kollege), 6 B Manyala (Grey-kollege), 5 H Kramer (Grey-kollege), 4 T Mbikayi (Grey-kollege), 3 Chris de Wet (Grey-kollege), 2 N Hector (Louis Botha), 1 Thato Lecoko (Jim Fouché ). Plaasvervangers: 16 Handré Hayes (Jim Fouché), 17 Deon Duvenhage (Sentraal), 18 O Goitsemodimo (Louis Botha), 19 T Ketsise (Louis Botha), 20 J Kemp (Grey-kollege), 21 Tiaan Fourie (Grey-kollege), 22 Ruwaldo Maurice (Jim Fouché), 23 A Bengell (Louis Botha).

Vrystaat o.17: 15 Jose Stewart (Louis Botha), 14 Ethan Liberty (Grey-kollege), 13 H du Preez (Sentraal), 12 A Bothma (Grey-kollege), 11 KB Mashale (Jim Fouché), 10 Davin Groenewald (Fichardtpark), 9 Morkel Terblanché (Fichardtpark), 8 MC Barnard (Grey-kollege), 7 Erhard Postumus (Sentraal), 6 Pieter Koekemoer (Jim Fouché), 5 CJ Steenkamp (Grey-kollege), 4 Frans Noë Erasmus (Sentraal), 3 Connie Campher (Grey-kollege), 2 Johan Bothma (Sentraal), 1 Jaco Terry (Fichardtpark). Plaasvervangers: 16 M Hechter (Sentraal), 17 D Theron (Grey-kollege), 18 D Opperman (Grey-kollege), 19 P van der Merwe (Sentraal), 20 C Grobbelaar (Sentraal), 21 SP van Heerden (Grey-kollege), 22 AJ Botha (Jim Fouché), 23 Jeff Parota (Fichardtpark), 24 Danie Louw (Grey-kollege), 26 Matthew Kitching (Fichardtpark), 27 Zandro Smit (Fichardtpark).

Vrystaat Arende: 15 Pieter Barnard (Fichardtpark), 14 Brandon-Lee Adams (Louis Botha), 13 Zacharry Bester (Jim Fouché), 12 Reno Kok (Fichardtpark), 11 Tony Augus (Sentraal), 10 B van Straaten (Grey-kollege), 9 J Nel (Grey-kollege), 8 Francois Bester (Fichardtpark), 7 Rudi Lambrechts (Jim Fouché), 6 Dian Venter (Sentraal), 5 JJ Coetzer (Fichardtpark), 4 Wessel Mulder (Jim Fouché), 3 K Mofokeng (Louis Botha), 2 Francois Boonzaaier (Louis Botha), 1 Janco van Zyl (Fichardtpark). Plaasvervangers:16 Clement Roodt (Fichardtpark), 17 Diaan Hattingh (Grey-kollege), 18 Chad Eyebers (Louis Botha), 19 Nicholas du Buisson (Fichardtpark), 20 JT van der Walt (Fichardtpark), 21 K du Plessis (Fichardtpark), 22 Elrich Jacobs (Jim Fouché), 23 Giovanne Venter (Sentraal), 24 Michael Bekker (Jim Fouché), 25 Duncan Watkins (Jim Fouché), 26 Christiaan Jonker (Fichardtpark), 27 Reagan Maartens (Fichardtpark), 28 R van Niekerk (Sentraal), 29 Kotie Harrold (Sentraal), 30 Jeff Parota (Fichardtpark).  

[powr-comments id=”c604f71b_1558590358890″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.