Vrystaat kies sy voorlopige spanne vir verteenwoordigende weke

Die Vrystaatse skolekeurders het nog ‘n paar moeilike besluit wat die naweek op hulle wag.
Die keurders het ‘n groep van 26 spelers gekies om die naweek die unie se o.18-span teen sy eweknie van Griekwaland-Wes tydens die jaarlikse Vrystaatse Bondedag te verteenwoordig.
Dit is ook dan die voorlopige Cravenweek-span, wat beteken dat die keurders moet nog drie spelers sny voordat die finale span aangekondig word.
Daar is soos verwag ‘n groot aantal spelers van Grey-kollege in die groep met 16 spelers van die land se voorste rugbyskool wat in die groep ingesluit is. Daar sal 14 van Grey se spelers in die beginspan uitdraf met Jim Fouche se haker, Stefan Venter, wat die enigste leerling van ‘n ander skool is wat aanvanklik sal uitdraf.
Louis Botha het met vyf spelers Neo Mothibeli, Tshiamo Senoamadi, Daniel Chimpmundi, Mogomotsi Mokuyane en Kwanda Tokwe die tweede grootste verteenwoordiging in die groep.
Fichardtpark se bulslot Jaco Grobbelaar is saam met nog twee Fichies Devante Claassen en Edward Mapinga in die groep ingesluit.
Slegs vier spelers wat verlede jaar vir die Blikore op die Cravenweek in Kaapstad in aksie was, sal weer vanjaar die toernooi bywoon. Hulle is Ranon Fouche, Jean Erasmus, Jean-Henri Smith en Benito Goeda.
Fouche was verlede jaar die span se een slot, maar het vanjaar na die voorry geskuif. Goeda en Smit was onderskeidelik op vleuel en agtsteman in aksie, maar sal vanjaar op buitesenter en flank ingespan word.
Die spanne is:
Cravenweek: 15 Alzeadon Felix (Grey College), 14 Junior Claassen (Grey College), 13 Benito Goeda (Grey College), 12 Pieter van der Merwe (Grey College), 11 Pretorius Ekeji (Grey College), 10 Ian van der Merwe (Grey College), 9 Christiaan van der Westhuizen (Grey College), 8 JJ Theron (Grey College), 7 Keagan Scholtz (Grey College), 6 Jean-Henri Smith (Grey College), 5 Marno Stopforth (Grey College), 4 Heinrich Theron (Grey College), 3 Jean Erasmus (Grey College), 2 Stefan Venter (Jim Fouche), 1 Ranon Fouche (Grey College). Plaasvervangers: 16 Neo Mothibeli (Louis Botha), 17 Tshiamo Senoamadi (Louis Botha), 18 Daniel Chimpmundi (Louis Botha), 19 Mogomotsi Mokuyane (Louis Botha), 20 Kwanda Tokwe (Louis Botha), 21 Devante Claassen (Fichardtpark), 22 Pharrell van Wyk (Grey College), 23 Kutlo Seoko (Louis Botha), 24 Liam van Wyk (Grey College), 25 Jaco Grobbelaar (Fichardtpark), 26 Edward Mapinga (Fichardtpark).
Akademie-week: 15 Vincent Wolhuter (Grey College), 14 Qwyd Koen (Grey College), 13 Martin Botha (Grey College), 12 Hayden Tolmay (Grey College), 11 Ayanda Qinasa (Louis Botha), 10 Dailen Geldenhuys (Fichardtpark), 9 Oratile Maphile (Louis Botha), 8 Calvin Bolt (Jim Fouche), 7 Schalk du Plesssis (Grey College), 6 Tumelo Leputla (Fichardtpark), 5 Themba Maganga (Louis Botha), 4 Guawa Mozamo (Louis Botha), 3 Danie Kruger (Grey College), 2 Emile McGeer (Sentraal), 1 Tsitseriesto Shongwe (Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Iniphile Mabilwana (Louis Botha), 17 Kutlwano Tukulu (Louis Botha), 18 Nathan Swanepoel (Fichardtpark), 19 Juan Venter (Grey College), 20 Rorisang Masoeu (Grey College), 21 Erich Visser (Grey College), 22 Piwe Majugama (), 23 Theko Montjane (Grey College).
Vrystaat Arende: 15 Hanre du Plessis (Grey College), 14 Barry Pretorius (Landboudal), 13 Duan Viviers (Fichardtpark), 12 Jan-Louis Nel (Landboudal), 11 Pumelele Banti (), 10 Vuyani Moore (Landboudal), 9 Tristan van der Walt (Jim Fouche), 8 Sarel Taljaard (Sentraal), 7 Wian Pienaar (Fichardtpark), 6 Ruhan Heymans (Jim Fouche), 5 Stefan van Rooyen (Jim Fouche), 4 Arno van der Merwe (Grey College), 3 Stian Marais (Jim Fouche), 2 Luan du Plessis (Fichardtpark), 1 Bernard Labuschagne (Jim Fouche). Plaasvervangers: 16 Bielie Davel (Landboudal), 17 Vernon Snyman (Grey College), 18 Loffie Ackerman (Landboudal), 19 Nathan Dodd (Fichardtpark), 20 Phelile Katse (Louis Botha), 21 Renier du Plesssis (Grey College), 22 Dillon Calitz (Jim Fouche), 23 Aubrey Adams (Landboudal), 24 Luke Reynders (Grey College).




