Vryburg mik na negende eindstryd, terwyl Riebeeckrand ‘n gekweste Linden pak
Die Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa kom Saterdag seker voor sy grootste toets op die rugbyveld in ‘n hele paar jaar te staan.
Die span vanuit Limpopo moes bykans 900km (871km) vir sy ontmoeting met die Hoërskool Vryburg in die halfeindronde van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup reis.
En dan natuurlik is Vryburg een van die mees suksesvolste skole in die reeks wat met verskeie titels oor die jare kan spog.
Om dit in perspektief te stel Vryburg het al agt keer ‘n verskyning in die eindstryd van die Noordvaal-reeks gemaak en ‘n trofee het al agt keer staanplek in hul trofeekas gekry.
Die span vanuit die Luiperd-streek was kampioen van die Beeldtrofee vir kleinskole in 2002, 2003, 2004 en 2005, Beeldtrofee vir mediumskole in 2014 en 2016 asook kampioen van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup in 2022 en 2023.
So selfs die twee spanne in die ander halfeindstryd, Linden en Riebeeckrand, sal hoop dat Frans du Toit hul ‘n guns kan doen.
Frans du Toit het vanjaar ‘n gedugte span en het met ‘n oorwinning van 23-21 oor Gerrit Maritz van Pretoria sy plek in die halfeindronde bespreek. Die span van Phalaborwa het ook vir Allen Glen van Johannesburg met 17-7 in hul eerste uitspeelwedstryd geklop.
Vryburg het ‘n loslooitjie in die uitspeelronde gehad omdat Louis Trichardt onttrek het. Die span het verlede week vir Standerton met 24-17 uitgeskakel.
Die kragmeting tussen Linden en Riebeeckrand behoort ook vir hope vuurwerk te sorg. Die twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd van die reeks ook die stryd aangesê met Riebeeckrand wat met 31-18 as kampioen gekroon is.
Die twee spanne is vanjaar ook nie vreemd vir mekaar nie. In die ligawedstryd tussen die twee spanne het Linden met 14-12 as oorwinnaars van die veld gestap, terwyl Riebeeckrand in die halfeindstryd van die Leeu-liga die bordjies met 21-18 verhang het.
Linden het wel die week ‘n moeilike perd opgesaal omdat hy Woensdag in sy jaarlikse interskole teen Hoërskool Randburg moes kragte meet. Die span het met 5-26 die knie gebuig asook drie besering opgedoen.
Die span se losskakel, Joshua Liebenberg, binnesenter Aidan Mans asook veelsydige agterspeler Ruben Little sal almal die halfeindstryd misloop.
Die spanne is:
Vryburg vs Frans du Toit om 10:15 in die Gert Lubbe-stadion in Vryburg:
Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 Bogolo Mankuroane, 13 Michael Mazonzo, 12 Jordan Rarhebe, 11 Cat Dikhudu, 10 Marco Halgryn, 9 Janko Venter (kaptein), 8 Aiden Jonker, 7 WD Ferreira, 6 Tsiamelo Mereekane, 5 Rigardt Muller, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortjé, 2 Dirk Visser, 1 Petri Weideman.
Frans du Toit: 15 Olavi Muhela, 14 Melane Mphahlele, 13 Lawrence Maswanganyi, 12 Kenny Moreku, 11 Tumelo Mametja, 10 Dehan Peach, 9 Darren Ceko, 8 Shaun Ngwena, 7 Edrich Steyn, 6 Shoun Mmola, 5 Shan Mmola, 4 Steyn Cronjé, 3 Jayden Taljaard, 2 Chalru Grobler, 1 Xavier Buitendag.
Skeidsregter: Michael Viljoen (Blou Bulle)
Linden vs Riebeeckrand om 12:00 in Johannesburg:
Linden: 15 Morné Steyn, 14 Roelof Smit, 13 Etienne Fouché, 12 Hanru van Aswegen, 11 Schuyler van den Berg, 10 Ruan Erasmus, 9 Jaydan Griessel, 8 Zacky Crow, 7 Eric Beyl, 6 Nathan van Aswegen, 5 Wouter Toerien, 4 Jordan Welle, 3 Keanu Thomas, 2 Kyle Kotze, 1 Xander Oelofse.
Riebeeckrand: 15 Hassan Amed, 14 Relebogile Ntwe, 13 Nthando Lamola, 12 Tyler Vereynne, 11 Obakeng Nye-Nye, 10 Thabo Moleme, 9 Aiden Botes, 8 Luyanda Khubeka, 7 Marco Grobler, 6 Kobus Malan, 5 Ndosi Mahlanga, 4 Angel Mongwe, 3 Marko Labuschagne, 2 Zander Viljoen, 1 Jean Liebenberg.
Skeidsregter: Christo Erasmus (Goue Leeus)
- Grey College favourites once again to be crowned Champion of Champions - 2025-09-19
- RUGBY | Grey College – 2025 - 2025-09-18
- Witwarm Wilgies sal Prieska se Gadeija moet hokslaan - 2025-08-30