SuperSport Schools Plus

Vrede en Hoopstad die gunstelinge om Vrystaat Plattelandse kroon te dra

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-04

FOTO: Marnus Prinsloo

Die Oos-Vrystaatse kampioen, Vrede, pak vir Hennenman in die halfeindronde van die Vrystaatse Platteland-liga.

In die ander halfeindstryd kom die Sandveld-liga se kampioen, Hoopstad, teen Paul Erasmus van Senekal te staan.

Die wenners sal mekaar nie net om die titel as Vrystaat Platteland-kampioen vir kleinskole die stryd aansê nie, maar ook om ‘n plek in die Kovsiestreek-kompetisie se Colt-liga.

Vrede kon hul Oos-Vrystaat titel verlede naweek verdedig teen Ficksburg met ‘n 28-12 sege op hul tuisveld en by die Griffons-stadion in Welkom het Hoopstad met 24-17 teen Wilgerivier gewen in die Sandveld-liga eindstryd.

Hoopstad se losskakel, Arrie Ferreira, se geleerde skopskoen het die verskil gemaak in hul sege oor Wilgerivier.

Fereirra kon al sy span se drieë verdoel en met ‘n strafdoel slaag om nege punte by te dra in die eindstryd.

Vrede se losskakel, Ewan Luus, het ook al hul drieë verdoel en self agter die wit lyn gaan kuier in die Oos-Vrystaat eindstryd teen Ficksburg.

Hulle het verlede jaar ook die Vrystaat Plattelandse-liga gewen en lyk op die oomblik weer soos die voorste aanspraakmakers op daardie titel.

PJ Botha, Vrede se staatmaker haker het nog ‘n drie agter sy naam gekry. Botha speel ‘n sentrale rol in sy span se aanval en kon in die halfeindstryd ook twee drieë aanteken.

Ficksburg en Bothaville pak mekaar aan vir ‘n plek in die Plattelandse-eindstryd vir mediumskole waar hulle teen die wenner van die stryd tussen Wilgerivier en Ladybrand te staan sal kom.

Ficksburg se staatmaker haker en kaptein, Juandré Steenkamp, vuur sy span aan en is definitief ‘n speler om dop te hou die naweek.

Hul teenstanders, Bothaville, se losskakel, Alex du Pisani, se ingeoefende skopskoen mag ‘n bepalende faktor vir sy span wees, hy is ook ‘n opwindende speler om voor uit te kyk in Saterdag se wedstryd.

Die spanne is: 

Vrede t. Hennenman om 11:00:

Vrede: 15 Awie Viljoen, 14 Henco Crouse, 13 Skosana Lesolang, 12 Wynand Engelbrecht, 11 Nichaelin Patrick, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 Nathan Venter, 6 Thabang Motaung, 5 Theo van Zyl, 4 Du Toit Neethling, 3 Paul du Plessis, 2 PJ Botha, 1 Adriaan Mostert.

Hennenman: Nie beskikbaar.

Hoopstad t. Paul Erasmus om 10:10:

Hoopstad: 15 Busi Mfebe, 14 Corne Wilsnach, 13 Hennie Barnard, 12 Abrie van Zyl, 11 Michael Steyn, 10 Arrie Ferreira, 9 Edward Graham, 8 Adam Barnad, 7 AB Muller, 6 Jurgens Human, 5 Christiaan Liebenberg, 4 AP Meyer, 3 Hano Botha, 2 Ruben Enslin, 1 Pieter Vosloo.

Paul Erasmus: 15 Koketso Mnumzana, 14 Thabo Mokoena, 13 Bonga Bonas, 12 NJ Meyer, 11 Relebohile Monkoe, 10 Johan Vorster, 9 Janco Swart, 8 Jandre Oberholzer, 7 Dewald Potgieter, 6 Mokete Mekhoe, 5 Stefan Meyer, 4 Thokozani Nhlapo, 3 Mpho Motuang, 2 Jean-Louis Rossouw, 1 Ryno de Jager.

Ficksburg t. Bothaville om 12:10:

Ficksburg: 15 Robert Ntholi, 14 Lefa Lehalehale, 13 Khotso Potloane, 12 Ernest Makhele, 11 Bokamoso Kgang, 10 Evert Strydom, 9 Thlonolofatso Matlotlo, 8 Lebo Lehohla, 7 Karabo Morobe, 6 Thato Chaka, 5 Damian Holliday, 4 JJ Nell, 3 Molibeli Theoha, 2 Juandré Steenkamp, 1 Thabo Mafane.

Bothaville: 15 Hanru Coetzee, 14 Josh Petersen-de Andrade, 13 Joshua Scholtz, 12 Tohan Taljaard, 11 Tshepo Nteo, 10 Alex du Pisani, 9 Hanco van der Merwe, 8 Andre Eloff, 7 Edrian Erasmus, 6 Hanco van der Walt, 5 Neo Mosolodi, 4 Johan Swanepoel, 3 Ruan Meyer, 2 GJ Papenfus, 1 Schalk Engelbrecht.

Wilgerivier t. Ladybrand om 10:00:

Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Thlompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Tiaan Hattingh, 11 Ersnt Richter, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Jean-Pierre Prinsloo, 7 Ruan Mayer, 6 JD van den Berg, 5 Tom van der Watt, 4 Juan de Klerk, 3 Zernich van Zyl, 2 Louis de Villiers, 1 Gerhart Venter.

Ladybrand: 15 Itumeleng Monyatsi, 14 Ituteng Diphoko, 13 Bahlokoana Mohafa, 12 Tebello Kabi, 11 Pofa Leepo, 10 Ryan Lenthoka, 9 Justin Haakonsen, 8 Franco van Heerden, 7 Anjo Michals, 6 Isaac Maqelepo, 5 Daniel Knot, 4 Lebo Marunye, 3 Callum Roy, 2 Mpho Moeletsi, 1 Renauldo Martins.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.