SuperSport Schools Plus

Vorster beklink sege vir Vossies oor die Rhinos met strafdoel

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-07-21 Tags: , ,

NewsGBenVorster6Die Bloktruie van Ben Vorster het Saterdag met ‘n naelskraapse sege van 35-33 oor die Hoërskool Nelspruit se Rhinos sy posisie bo-aan die puntelys van die Virsekerbeker se Plaat-kompetisie behou. 

Albei spanne het gesukkel om aan die gang te kom en ongedwonge foute het tot frustrasdie aan beide kante gelei. Die Rhinos was eerste om die ys te breek met n pragdrie deur die buitesenter, Solly Mazibuko.

Dit het egter nie lank gevat vir die Bloktruie om  terug te slaan nie en die vleuel Sean Roulsten was die man van die oomblik na Nathan van den Heever die lyn gebreek het. Die res van die eerste helfte was n wipplankstryd en albei spanne het gesukkel om punte aan te teken.

Die halftyd-telling was 21-17 in die guns van die Rhino’s na ‘n 50/50 beslising deur die skeidsregter skrams voor rustyd.

Ben Vorster het kort na halftyd die gaping verklein met n strafskop deur die heelagter, Meyer Vorster. Nelspruit het nie lank op hulle laat wag nie en geantwoord met n pragtige drie deur Anton van Eijk.

Nelspruit het gepronk met n voorsprong van 33-20 maar n terug veg poging soos min het die bloktruie weereens die gaping verklein. Kort voor die eindfluitjie het Vorster ‘n strafskop deur die pale gejaag om ‘n voorsprong van 35-33 vir sy span te verseker..

Albei spanne het verdedig en aangeval vir al wat hulle werd is in die laaste vyf minute maar die bal het uiteindelik in die guns van Ben Vorster gewip en die Bloktruie het as wenners uit die stryd getree. Die toekenning as speler van die wedstryd het aan die Vossies se nuutste nasionale skolespeler, Renzo du Plessis (SA Skole A), behoort. 

Daar is steeds nie veel tussen die spanne in die Plaat-kompetisie van die Virsekerbeker te kies nie. Ben Vorster beklee na ses wedstryde en met 22 ligapunte die boonste posisie op die puntelys. Die Hoërskool Rustenburg (20) en Montana (20) beklee onderskeidelik die tweede en derde posisies na ses wedstryde. 

Rustenburg se sege van 31-29 oor Eldoraigne Saterdag het waarskynlik die Eldo Drake se kanse om die uitspeelwedstryde te haal in die wiele gery. Eldos moet nog teen Montana en Marais Viljoen te staan in die ligafase te staan kom. Marais Viljoen beklee ondanks sy nederlaag van 22-30 teen Kempton Park op die oomblik die vierde posisie op die puntelys met 19 punte. 

Buiten die wedstryd teen Eldoraigne moet die span van Alberton ook nog vir Rustenburg pak. Dit is die Rusties se enigste oorblywende kragmeting voor die uitspele. Ben Vorster se enigste oorblywende kragmeting voor die halfeindronde is teen Zwartkop. 

FOTO: Pieter Vorster

Puntemakers

Ben Vorster 35 (17) – Drieë: Nathan van den Heever (2), Sean Roulston, Christiaan Smit, Louis Koen. Doelskoppe: Meyer Vorster (2). Strafdoele: Vorster (2). Hoërskool Nelspruit 33 (20) – Drieë: Solly Mazibuko (2), Chyle van Zyl, Douw Kruger, Anton van Eijk. Doelskoppe: Matthee Joubert (4).

Hoërskool Rustenburg 31 – Drieë: Tristan du Preez (2), Estiaan Schonfeldt (2), André Rossouw. Doelskoppe: Wiehan Kruger (3). Eldoraigne 29

Montana 51 – Drieë: Niekie Pretorius (2), Nathan Mattheus (2), Ronan Gamble, Gerhard van Niekerk, Stefan Tolmay, Etienne Clausen, Franco Stassen. Doelskoppe: Stassen (5). Strafdoel: Stassen. Zwartkop 18 – Drieë: Keanu Coetzee, Raymond Dodd, Damian Rabie. Strafdoel: Dieter Groenewald. 

Kempton Park 30 – Drieë: Ruan van der Merwe (2), Divan van Niekerk, Shane Grobler, Francois Steyn. Doelskop: Grobler. Strafdoel: Marius Loubser. Marais Viljoen 22 – Drieë: Ronan Bernard, Rehan le Maitre, Anru Pienaar. Doelskoppe: Le Maitre (2). Strafdoel: Le Maitre. 

Ander spanne: 

o.16: Zwartkop 22, Montana 14; Marais Viljoen 36, Kempton Park 17; Rustenburg 73, Eldoraigne 0; Nelspruit 58, Ben Vorster 0.

o.15: Zwartkop 24, Montana 17; Marais Viljoen 39, Kempton Park 0; Rustenburg 20, Eldoraigne 7; Ben Vorster 33, Nelspruit 27. 

o.14: Montana 27, Zwartkop 10; Kempton Park 12, Marais Viljoen 12; Rustenburg 14, Eldoraigne 11; Nelspruit 22, Ben Vorster 0. 

[powr-comments id=”618f7188_1563710431724″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.