Voortrekker trek weer voor in die Griffon-liga Lehe
Die trofee van die Griffon-liga het Saterdag vir die eerste keer sedert 2014 weer staanplek in Bethlehem gekry.
Dit is ook dan die vierde keer in dié liga se geskiedenis dat Voortrekker van Bethlehem die kroon dra. Dié skool het ook in 2008, 2011 en 2014 die titel verower. Die skool het wel voorheen in die Oos-Vrystaatse liga gespeel voordat hy te sterk vir dié liga geword het.
Die Trekkers het Saterdag in die Downtouch Investments-stadion die bordjies met 36-28 teen Welkom Gimnasium verhang. Die Gimmies het dié ligawedstryd tussen die twee spanne naelskraaps met 25-23 gewen.
Puntemakers:
Voortrekker (Bethlehem) 36 (12) – Drieë: Dawie Fourie (2), Arnold Ras (2), Cecil Parsons, Jayden de Jesus. Doelskoppe: Adriaan Bonthuys (3). Welkom Gimnasium 28 (21) – Drieë: Ethan Jones, Renaldo Kiewiet, Rewaldo Farmer, Jayden Weideman. Doelskoppe: Kiewiet (3), Weideman.
Ander eindstryde:
o.19B: Welkom Gimnasium 42, Voortrekker 12.
o.16: Welkom Gimnasium 37, Voortrekker 27.
o.15: Hoërskool Trio 21, Voortrekker 8.
o.14: Hoërskool Trio 25, Welkom Gimnasium 14.